Eskom se Maritz permanent geskors

Sean Maritz. Foto: Eskom

Sean Maritz, Eskom se voormalige waarnemende uitvoerende hoof, is permanent geskors terwyl daar ondersoek gedoen word na ongerymdhede waarby hy na bewering betrokke was.

Eskom het Woensdag in ʼn verklaring bevestig Maritz se tydelike skorsing is omgekeer na ʼn permanente skorsing hangende die uitkoms van die ondersoek. Maritz is Vrydag aanvanklik net tydelik geskors.

Martiz, wat sedert Oktober die waarnemende hoof van Eskom was en voorheen die kragvoorsiener se inligtingshoof was, is Dinsdag die geleentheid gegee om redes te verskaf hoekom hy nie deur die nuutaangestelde interim- uitvoerende hoof, Phakamani Hadebe, geskors moet word nie.

Volgens mediaberigte was Maritz glo betrokke by ʼn betaling van R400 miljoen in ʼn bankrekening in Hongkong. Hy het glo hierdie betaling in teenstelling met regsadvies goedgekeur. Die betaling word glo as omkoopgeld beskou om ʼn lening van $2 miljard van Huarong Energy Africa te bekom.

Daar word ook beweer dat Maritz ʼn brief aan die raadgewende maatskappy, McKinsey, onderteken het waarin bevestig word dat ʼn kontrak tussen die kragvoorsiener en die firma wettig is, ten spyte daarvan dat Eskom verlede jaar met regstappe gedreig het om die geld by die maatskappy te verhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Irma ·

Die smagting na mag en geld ken darem geen perke nie. Het moraliteit heeltemal verdwyn. Hoe kyk so ‘n persoon sy eie mense in die gesig of bestaan gewete gladnie meer nie.

Karolis ·

Hy kyk net soos in die foto met ‘n gewetenlose R400 miljoen grynslag.

Johann ·

Hier n miljoen, daar n biljoen, daar n skors (met betaling en voordele), oor en weer hy se sy se… en SA se ekonimie vat houe wat vir JARE nog gaan letsels los terwyl die wat die gewetenlose selfsug vergrype gepleeg het as deel van ZUPTIPIA se onaantasbaarheids status los loop? ANC LEGACY

Cherokee ·

Dit is altyd sò teleurstellend wanneer wit name en wit gesigte gesien word tussen diegene wat van bedrog beskuldig word. Dan besef jy ons het gesê ‘ons is niè so nie..’ maar…
Ó shucks, dan duik die woord’ maar’ op!

BB ·

Vir hoeveel jaar gaan hy met volle salaris geskors bly? Nie sleg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.