Eskom sê oor beurtkrag dié week

Argieffoto

Eskom het Sondagaand bevestig hy verwag nie dat dit in hierdie week nodig sal wees om beurtkrag toe te pas nie aangesien die kragstelsel genoegsaam herstel het ná verlede week se volgehoue beurtkrag.

Die kragvoorsiener sê in ʼn verklaring kragstasieopwekking het oor die afgelope paar dae verbeter en diesel- en waterreserwes is aangevul. Daar was ook vermeerderde opwekking tot 850 MW van die Cahora Bassa-hidroëlektriese-skema in Mosambiek wat die kragnetwerk ʼn verdere hupstoot gegee het.

“Die risiko van beurtkrag is steeds teenwoordig aangesien die kragstelsel steeds swak is. Beurtkrag sal net toegepas word wanneer dit absoluut nodig is,” lui die verklaring. Daar sal gereeld nuwe inligting oor die toestand van die kragnetwerk aan die publiek gekommunikeer word.

Eskom het weer eens ʼn beroep op verbruikers gedoen om sover moontlik hul kragverbruik te verminder deur geisers en nie-noodsaaklike elektriese toestelle af te skakel en slegs ligte aan te skakel wat nodig is.

“Ons bedank Suid-Afrikaners vir hul geduld en samewerking deur hierdie moeilike tydperk.”

Eskom het verlede week heelweek beurtkrag toegepas – meeste daarvan fase 4 – voordat die beurtkrag Saterdagaand laat tot ʼn einde gekom het. Die wankelende kragnetwerk is grootliks toegeskryf aan ʼn gebrek aan kragopwekkingskapasiteit weens Eskom se verouderende infrastruktuur, maar ook probleme met dieselvoorsiening, swak gehalte steenkool by steenkoolkragstasies en ʼn gebrek aan voorsiening van die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema weens skade wat deur sikloon Idai aangerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Dries ·

As twakpraat n “WATT”- krag was dan het ons nooit weer probleme met krag nie.

Janneman ·

Bedank Eskom ook al die besighede wat enorme verliese gely het?

John ·

Dis verregaande om ons te bedank. Byna soos: Baie dankie dat julle weer jul tuin- en ander vullis in die strate gaan optel het en die krappers verduur wat die sakke skeur en die riool wat dae lank die strate afstroom maar soos soet kinders meer vir dienste, ongelewer, betaal het oor die jare… baie dankie maar ons kan nie beloof dat daar nie weer groot bonusse betaal sal word of doelbewuste misdrywe sal plaasvind nie of dat die probleme opgeklaar is… Hierdie is ‘n kollektiewe probleem… ons almal se se skuld… wees bly dat ons dankie sè, want eintlik is dit tog nie ons probleem nie… maar julle s’n.

Jakes Jacobs ·

Stem 100% saam, verouderde krag stasies. Dit kom nog uit die apartheids jare. Geen instandhouding en of uitbreidings, verbasend dat die krag network so lank gehou het. Wys weereens hoe die ou regering beplan het, ANC het geen plan nie.

Ronel ·

Jy vat die woorde uit my mond, John. Bedank ons al het ons nie n keuse nie.

Minora ·

Hoe kan hulle nou 850MW van Cahora Bassa af kry nadat hulle self laas week gese het dit sal hulle langer as n jaar vat om die skade te herstel. Hulle eie helikopter het die totale verwoesting afgeneem.Hulle lieg!Dit is net n storie wat hulle almal vertel alles is reg. Tyd sal wel vertel.

alida ·

Hulle hou net aan om mens te belieg. Elarduspark in Pretoria is sedert Saterdagaand sonder krag tot vandag. My gesonde verstand weet dat hulle so gekonsentreer het op beurkrag dat hulle vergeet het om die substasie in stand te hou. En dit is wat hier gebeur het ‘n substasie het gegaan. Onbeholpe klomp leuenaars. Ek bedank NIEMAND vir die ongerief nie. Mens betaal vir diens dan wil jy diens he.

AV ·

Die substasies is die musipaliteite se verantwoordelikheid nie Eskom sin nie.

chantelle ·

met al hierdie krag onderbrekings bly my krag rekening nog dieselfde
kan soms net nooit verstaan nie

alida ·

Chantelle vergeet om een sent afslag te kry. In teendeel gaan jou rekening meer wees !!!!

Koos B ·

Hulle lieg so hul glo hulself.Ek knyp nou maar my ogies toe en gaan skuld maak om sonkrag te kry.Die plus minus R4500-00 per maand wat ek nou betaal vir krag en water gaan nou my skuld betaal en ek gebruik dan my eie krag en water en betaal dus myself oor ‘n tydperk.

Piet parys ·

Gelukkig het die ou goeie regering onder blanke bestuur goeie onderhoud gedoen. Dit het die swart regering anc 24 jaar gevat om dit te vernietig

bolla ·

Die ou regering het net ‘n gedeelte van die bevolking krag voorsien. In 1994 het net 50% van die bevolking krag gehad, teen 2016 was dit 92%. Ons praat hier van geweldige uitbreidings wat in ‘n relatiewe kort tyd gedoen is om alle mense van krag te voorsien. Iets waarvoor Eskom krediet moet kry.

Elvira ·

Bla bla bla. Dis agv julle jare lange onvermoeè om Eskom te bestuur dat ons nou met hierdie … sit. Ploeter aan. Gee S A nog 5 jaar dan het ons n permanente DONKER AFRIKA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.