Eskom sê oor beurtkrag dié winter

Argieffoto

Argieffoto

Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het verslaggewers Donderdag buite die parlement toegespreek oor Eskom se verwagting rondom die instelling van beurtkrag in die komende wintermaande.

Molefe het tydens die kragvoorsiener se kwartaallikse inligtingsessie oor die stand van die kragstelsel gesê dat Eskom na verwagting geen beurtkrag in die winter of die daaropvolgende somer sal instel nie. “Die kragbeskikbaarheid het van 70% in Oktober 2015 gestyg tot 76% in April 2016,” het Molefe gesê.

Hy het gesê die verhoging in beskikbare krag voeg ʼn addisionele 2 500 megawatt by tot die elektrisiteitnetwerk, wat die moontlikheid vir beurtkrag aansienlik verminder. Die kragvoorsiener het vir homself ʼn teiken gestel om 80% kragbeskikbaarheid te bereik en volgens Molefe het Eskom vandeesweek hierdie teiken gehaal.

Die vermeerdering van kragbeskikbaarheid bring ook aansienlike besparing vir Eskom mee omdat die maatskappy minder hoef te bestee aan diesel om die oopsiklus-gasturbines aan die gang te hou. Eskom het sy besteding aan diesel teen April vanjaar van R854 miljoen na R20 miljoen verminder.

Volgens Molefe sal Eskom steeds van die gasturbines gebruik maak indien die vraag na elektrisiteit vermeerder.

Hy het bygevoeg dat instandhouding van die kragstelsel regdeur die winter gedoen sal word, maar dat dit wel in hierdie tyd afgeskaal sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

johann cb ·

Iewers doen iemand iets reg met ons elektrisiteit… JZ het ook onlangs belowe daar is nie beurtkrag nie… Hoop ons!

GPC ·

Besighede vou onder die ekonomiese klimaat. Ander het weer alternatiewe groen energie, vraag na krag word dus minder. Eintlik is dit slegte nuus, want hoeveel mense sit sonder werk agv toegemaakte besighede. In die geval sou beurtkrag sou eintlik “beter” nuus gewees het.

Jakes ·

Ja , sien is glo , dis moeilik om enige staats instansie of woordvoerder te glo in vandag se tye

liana ·

Stem saam JZ het oor die nasionale nuus gesè *SA will never never ever have loadshedding again* ???

Francois ·

Ja, nie in eleventy seven and four and one thousand jare nie!

Vicus ·

Ja presies! Maar hy sal net sê “I never ever said so!” Ai ons ou landjie is in sy koffie in. Sal maar nie die ander woord gebruik nie anders blok uAmaroela my weer.

Varkie ·

Mmm seker maar net omdat daar n verkiesing om die draai is

Joann ·

En daar lieg hy weer. Hy het gese nooit ooit sal daar weer beurtkrag wees nie.

John ·

Gelukkig gaan ons siener-president darem ‘n vliegtuigie he om landuit te vlug sodra Eskom ‘n klein mishap het… voor hy weer vrae in die parlement moet antwoord soos, ‘where is the power?’

Jaco Grobler ·

Stem saam GPC, paar jaar terug het ons maarskappy bykans 300 mense gehad, hoekslypers en sweismasjiene wat 9 ure of langer ‘n dag werk, intussen besigheid gestaak, 300 mense, 150 sweismasjiene wat 6500 w gebruik, 150 hoekslypers wat 1500-2500w gebruik, 300 mense waarvoor jy nie meer hoef te belig, koffie en kos hoef te maak nie, 300 families sonder inkomste…’n Krimpende ekonomie het minder krag nodig, so eenvoudig soos dit, niks uit te waai met verbeterde dienslewering nie.

Sarie ·

Is hierdie skielike gereelde geskeduleerde instandhouding wat krag onderbrekings gaan meebring, soos gebiede in Boksburg en Germiston wat in die afgelope week of wat vir tot 8 ure sonder krag was, nie maar net ‘n ander vorm van beurtkrag nie. Nou is dit geskeduleerde instandhouding is dit nie maar net om ons heuning om die mond te smeer nie?

Wilhelm ·

Wat JZ of iemand van die ANC of sy verwantskappe se moet maar nie as waarheid gesien word nie; dis ”n saak van “”seeing is believing””!!! Ek wonder soms of hulle hulself glo.

Aitoggie ·

Die gereelde kragonderbrekings in Rustenburg is erger as “loadshedding”. Ek dink hulle implimenteer net n ander vorm van “loadshedding” nou. Dink hulle ons is regtig so onnosel???

Jaycee ·

Die hartseer in hierdie beloftes van Zuma en Molefe is dat ons uit ondervinding weet dat Zuma se beloftes holklinkend is en dat Molefe nie heeltemal eerlik met die verbruikers is nie: daar is ‘n afname in die vraag na krag weens die land se ekonomiese insinking en dit is die groot rede hoekom Eskom beter vaar. En die verwagte teleurstelling sal wees dat indien daar wel kragonderbrekings plaasvind, hierdie twee menere een of ander storie ter selfverontskuldiging gaan opdis.

jaco ·

kan iemand vir my verduidelik wat die term load shedding beteken? vir my beteken dit daar is iewers ‘n “load” (vrag) elektrisiteit en dit moet ge-“shed” (gestort) word. Nou dit maak nie vir my sin nie. gebruik die load totdat dit op is. moenie dit mors nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.