Eskom sê oor beurtkrag vir Sondag

Argieffoto

Daar is Sondag ʼn lae risiko van beurtkrag vir Sondag, maar die waarskynlikheid verhoog tydens spitstyd tussen 17:00 en 21:00, as gevolg van ʼn gewone verwagte toename in gebruik, het Eskom gesê.

“Eskom sal bekend maak of beurtkrag in fase 1, fase 2, fase 3 of fase 4 toegepas sal word, afhangende van die gebrek aan kapasiteit.”

Fase 1 vereis dat 1 000 MW landswyd gespaar moet word, fase 2 vereis 2 000 MW, fase 3 vereis 3 000 MW en fase 4 vereis 4 000 MW. Beurtkrag word slegs as ʼn laaste opsie oorweeg om die kragstelsel te beskerm teen algehele ineenstorting, het Eskom verduidelik.

“Ons moedig inwoners en ondernemings aan om elektrisiteit te bespaar om die aanvraag na elektrisiteit te verlaag. Skakel asseblief enige geysers af en nienoodsaaklike beligting en elektrisiteitstoestelle.”

Eskom raai gebruikers aan om beurtkragskedules op die Eskom-webwerf of hul munisipale webwerf dop te hou en voorbereidings te tref op aanname dat beurtkrag wel sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

julius ·

Ek dink hierdie versoek val op dowe ore, ek sien hoe buiteligte nog heeldag brand. Stel maar beurtkrag in dat die mense kan voel as hulle nie wil luister nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.