Eskom sê oor Gauteng-kragonderbrekings

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Eskom het gesê die kragonderbrekings wat die afgelope ruk oor groot dele van Gauteng voorgekom het, is nie beurtkrag nie.

Eskom het die afgelope tien maande nie beurtkrag toegepas nie. Volgens die kragvoorsiener kom daar dikwels op winteraande teen dieselfde tyd kragonderbrekings voor en dan dink die publiek dit is beurtkrag.

Verskeie woonbuurte in Pretoria en Johannesburg het die afgelope paar dae onder kragonderbrekings gebuk gegaan.

“Daar is talle redes vir kragonderbrekings, maar in die winter is dit hoofsaaklik weens die kragnetwerk wat oorlaai is. Die netwerk word oorlaai aangesien te veel mense ʼn netwerk probeer gebruik wat bedoel is vir een huishouding per erf. Eskom installeer stoombrekers wat afskakel wanneer die lading gevaarlike vlakke bereik wat verhoed dat ʼn transformator ontplof,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Volgens die kragvoorsiener doen hy sy bes om kragonderbrekings te vermy en om herstelwerk te bespoedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pietertjie ·

Eskom erken dus dat sy infrastruktuur besig is om in duie te stort; dat hy nie betyds voorsiening gemaak het vir die groeiende getal gebruikers nie…

Jordaan ·

Die probleem is nie die groeiende getal gebruikers nie, dit is die groeiende getal nie -betalende gebruikers.

John ·

‘n Voormalige voorsitter van Eskom het ‘n toekenning gekry vir sy daadwerlike optrede dat plastieksakkies nie meer gratis aan die publiek te verskaf word nie. Nie omdat hy aandag gee aan dringende herstelwerk aan verouderde kragnetwerkstrukture nie. Eskom dwing ons om die nuwe generasie gloeilampies te gebruik, maar waarsku nie die publiek hoe gevaarlik dit is as so ‘n lampie breek en die inhoud vrygestel word nie. Dis uiters giftig, Die meeste houers by winkelsentrums vir die wegdoen van ou lampies, word later maar weer by rommelhope geledig. Dus net ‘n ‘show’. Eksom is skynbaar soos e-TOLL ‘n bron van groot inkomste vir ‘n paar uitverkore individue. Ons het krag nodig en hulle swaai die septer. Gas kos net soveel soos elektrisiteit en dieselfde reguleerder bepaal die prys. Die gasverbruikers werk dus vir Eskom om druk op die elektrisiteitsnetwerk te verminder sodat daar gespog kan word dat kragverskaffer briljant vorder en groot bonusse verdien.

Hasie ·

Wonder waar gebeur dit dat te veel mense ‘n netwerk oorlaai. By my huis kan so-iets nie gebeur nie. En daar waar die oorlading wel gebeur, wie betaal vir daai krag? Betaal ek dalk deels vir dit? Ai Ai Ai. Eskom, Munisipaliteite, kan julle dalk seker maak dat daai nes waar die oorladings plaasvind ook hulle kragrekenings betaal. Of gaan julle my rekening weer met 16% opstoot? O ja amper vergeet ek, as gevolg van die oorlaaide neste gaan die groot koppe by Eskom en die munisipaliteite moet bonusse kry vir goeie prestasie. Ai Ai Ai

anton. ·

Hasie ek het ook altyd gewonder maar ek het ook wel agter gekom dat Nigerians deesdae baie huise met groot erwe opkoop in sekere gebiede en dan bou hulle nog n huis op die erf en voor jy jou oë uitvee gebruik daai gebied meer krag as vantevore. En die stadsraad keer dit goed. Want as jy dit onder hulle aandag bring, doen hulle niks daaraan nie. Ek glo die aanbouings is ook nie eers wettig nie.

cobusp ·

Kan mens enige iets glo wat uit die monde van eskom, zuma en die regering kom?????????

Lizelle ·

Hulle het ñ volle jaar gehad om die infrastruktuur te verbeter, maar daar is mos nou maar eers na hulle eie sakke omgesien. Nou is dit ons skuld oor ons te veel krag gebruik.

Anoniem ·

BOLLIE!!!!!!!!!!!!!!!!…KAn nie glo jul mense glo hulle nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.