Eskom sê oor moontlikheid vir beurtkrag

Argieffoto

Eskom het Maandag gesê hoewel die nasionale kragnetwerk steeds onder druk en tans baie kwesbaar is, is daar ʼn laag-tot-medium-kans dat beurtkrag dié week toegepas sal moet word.

Dit volg nadat werknemers van Optimum Coal Mine Maandag teen hul werkgewer betoog het weens ontevredenheid oor salarisse. Die werknemers het glo nie hul salarisse vir November ontvang nie.

“Die werkers het die pad wat lei na die Hendrina-kragstasie [in Mpumalanga] afgesper, asook die ingang na Optimum Coal Mine. Hendrina is een van tien kragstasies wat minder as 20 dae se steenkoolvoorraad in die voorraadkamp het. Enige uitgerekte ontwrigting kan ʼn nadelige uitwerking op die kragstasie hê,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Die kragvoorsiener sê hy gaan voort om oopsiklus-gasturbines en noodreserwes te gebruik om die moontlikheid van beurtkrag te verminder. “Sommige kragopwekkingseenhede sal na verwagting later vandeesweek weer in gebruik geneem kan word. Eskom se multidissiplinêre spanne werk onverpoos aan die negepunt-herstelplan om opwekking en bedryfsuitsette te verbeter, terwyl die stelsel gestabiliseer word.”

Eskom het verbruikers versoek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om die druk op die kragnetwerk te verlig. “Skakel asseblief geisers en nienoodsaaklike ligte en elektriese toestelle af.”

Die kragreus sal verbruikers deurlopend op die hoogte hou van die situasie, asook indien beurtkrag toegepas moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Diefie ·

Het Eskom ‘n aandeel in geisers? Van al die aan en afskakel van die geiser het die ook opgehou werk. Nou sal Eskom weer krag tariewe wil verhoog. Ek stel voor hulle sit deur die nag die krag af in die townships en weer aan tussen 6 en 8 in die oggende en saans 17:00 tot 20:00. Agter alles betaal hulle nie vir krag nie.

johannes ·

Jaaa diefie.
Jou geyser beheer die water temperatuur in elk geval deur aan en af te skakel. So dit maak GEEN verskil of hy homself afskakel of wanneer die krag afgaan nie. So as die krag lank genoeg afbly dan spaar jy serlfs n paar skakelings, so jou geyser se lewe verleng eintlik………

Gert van Wierdapark ·

Asseblief moet nie die naam “Kragreus” gebruik nie!!! Dis n belediging vir getroue betalers. Dwergie sal meer gepas wees!

t ·

Ek stem. “Kragreus” klink darem altevol of hulle nog in beheer is. Meer ‘n “Kragkabouter” as enigiets anders.

honourable member ·

Ook net sekeres wat vir alles moet betaal. Die res betaal vir niks.

ZAR ·

Is dit moontlik dat eskom die nasie op hul knieë wil dryf om die verhoging van krag tariewe as noodsaaklik te sien of sodat ons naderhand sal smeek vir die Russiese kernaanleg? Dinge klop duidelik nie, aangesien ons die 6de land is met die meeste steenkool.

Katerina ·

In eerste wereld lande kan n kern aanleg werk maar onthou dis Suid Afrika die..as dit moet gebeur sien ek n Chernobyl 2.0 in ons toekoms. Wat natuurlik ook op witmense en apartheid geblameer sou word.

EKSDOM ·

Ons gaan sonpanele kry dat julle ons NOOIT weer kan boelie nie . sit maar die verdomde krag af en kry klaar . kom ons kyk hoe kom julle SONDER ons geld oor die weg.

Moeg vir stakendes ·

Hoog tyd dat stakendes die land gyselaar hou! Tyd dat hulle in die bek geruk word. Dank stakendes af, want hulle hou die land gyselaar!

koos ·

Ek weet nie wanneer die werkers salaris moet ontvang nie, maar as hulle nie op die regte tyd betaal word nie, beteken dit hulle het verniet gewerk, iets wat geen mens sal doen nie.
Die probleem is nie die werkers nie, dit is die bestuur en die Zuptas wat hierdie myn leeg getap het en in die grond in “bestuur” het.
Die regering moet nou inspring om te red wat daar te redde is, maar ek plaas nie my hoop daarop nie.

SjN ·

Eskom het n verklaring uitgereik, shame, ek het nog nooit n instansie gehoor wat kan praat nie, dit moet seker lees die onbevoegde bestuur van Eskom het n verklaring uitgereik, tree op teen die skuldiges,

D B ·

Wel, as ek nie betaal word vir die werk wat ek gedoen het nie, sal ek ook staak.

Wat ek glad nie kan verstaan nie is hoe die ding elke jaar tydens Somer gebeur nie. In Somer gebruik ons mos tog minder krag? Games, games, games.

Staak saam ·

Dit is juis die tyd wat noodsaaklike onderhoud gedoen word en kragstasies word daarvoor val lyn af gehaal.
Maar, eskom het nie meer geld om onderhoud te doen nie en het reeds 11 eenhede af geskakel tot daar geld is om hulle te herstel, hierdie winter wat kom gaan koud en donker wees.

Staak saam ·

Die eskom dwerg moet net sy rekeninge betaal soos die verbruiker dan sal die mynwerkers nie staak nie.

RG ·

Als reg Eskom. Het reeds kwotasies ingewin om heeltemal onafhanklik van jul krag te word. Dit sal die oorlewing in die land bepaal, want ons betaal mos vir almal, oops, wie gaan dan pa staan? seker maar die swart elite, ja, klink vir my reg dat hulle vir ‘n slag hul eie mense lig, of is dit verlig.

Hendrik ·

Vir my is dit uiters belangrik dat daar krag is vir die industrie, hospitale, skole, outehuise ens. Dit is belangrik vir die ekonomie en vir die land se oorlewing. Krag na woonbuurte is ‘n sekondere belang en mense moet maar self sorg dat hulle genoeg energie (gas, solar, ens) het. Jammer as mense dan nog nie wakker geskrik het nie en in die donker sit. Vir my moet die stakers eenvoudig verwyder/vervang word want die kragsentrale is daar vir landsbelang en die land kan nie gyselaar gehou word deur ‘n paar stakers nie.

Joe Hall ·

Waar is hierdie droewe land se President en al sy kollega’s wat as ‘regering’ bekend staan, en hierdie vergrype moet verhoed/regstel wat deur onbevoegdes en korruptes gepleeg word???

Hendrik ·

Kom ons los maar hierdie ouens uit en sorg dat jy onafhanklik raak met jou energiebehoeftes. Niks gaan gebeur as ons net praat nie.

Joe Hall ·

Jis ou Hendrik.
Dit is juis van al die ge-lossery wat jy so bepleit, dat ons op die hoek van gupta en eskomstraat sit.

Jack Sadie ·

Om jou eie krag te verwek is net ‘n korttermyn oplossing. Al wat sal gebeur is jou voorsieningskoste, gaan,
soos reeds gebeur het, astronomies verhoog word. Catch 22. Ons, die betalers,moet begin staak…….

Hendrik ·

Nee wat dit is maklik. Ons lewe al 3 jaar van die netwerk af ( Eskom is nie naby ons nie) en dit het so R55 000 gekos. Moet dinge self kan doen anders kos dit jou baie. Yskas, vrieskas, microgolf oond, strykyster, rekenaars, elektriese komberse en natuurlik gas stoof, gasgeyser en solar geyser. Moet net die krag bestuur dis al.

Nikita ·

Nou wat het dan vd planne geword dat die departement van energie Eskom wil privatiseer en gebruik te wil maak vd IPP onafhanklike kragprodusente..of was dit net praatjies

Adam ·

Oor die naweek was die straatligte langs die N2 in Kaapstad helder oordag aangeskakel. Dit was in die gebied langs Langa en Khayalitsha. Nou ja die kragmuis is onder druk en die elektrisiteit word gemors. Dit is hoog tyd dat die Kaapse Munisipaliteit die mors van krag aanspreek.

Andre ·

En hulle is so bly vir die betooging nou kan hulle nie die skuld kry nie

Yankee ·

Wonder net. Alaska USA, een en n half maal groter as Suid-Afrika. En dit is net een uit 52 State! Hoe sou die regering die groote van die USA kon behartig!! Vra net.

Wilma ·

Anc het als totniet. Sal net slegter gaan. Ons bly in Afrika onthou waar als totniet gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.