Eskom sal na verwagting Donderdag fase 4-beurtkrag toepas van 09:00 – 23:00 weens ʼn gebrek aan opwekkingskrag.
Eskom het Woensdag tussen 09:00 en 23:00 fase 4-beurtkrag toegepas voor hy na fase 2-beurtkrag oorgeskakel het tussen 23:00 en 09:00 Donderdagoggend.
“Beurtkrag word ingestel om die stelsel te beskerm en ʼn algehele ineenstorting van die stelsel of landswye kragonderbreking te voorkom. Tydens fase 4-beurtkrag voldoen ons steeds aan ongeveer 80% van die land se aanvraag na elektrisiteit,” het die kragvoorsiener gesê.
Eskom het ook gesê hy neem kennis van boodskappe wat op sosiale media die ronde doen dat daar Donderdag geen elektrisiteit landswyd sal wees nie. “Dit is vals en misleidend. Beurtkrag is ʼn beheersde proses wat op ʼn rotasiebasis bestuur word vir ʼn periode van tussen twee tot vier ure, afhangend van die skedule van die verbruiker op ʼn spesifieke dag.”
Eskom het gesê hy is bewus van parodierekeninge wat gebruik word om vals nuus te versprei. “Ons sal die publiek op hoogte hou oor die stand van die kragnetwerk deur die media en ons amptelike Eskom-profiele op sosiale media.”
Eskom se amptelike profiele:
Twitter: @Eskom_SA
Facebook: Eskom Hld SOC Ltd
LinkedIn: Eskom Holdings SOC Ltd
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Is daar niks wat van overheidswee se kant gedoen kan word teen die verspreiding van vals nuus nie? Dis mos n uiters gevaarlike ding.
Eskom stuur self vals nuus uit. Hulle hou vol daar is geen rede tot paniek “Eskom chairperson, Jabu Mabuza says the country is far from a total electricity blackout. “, maar aan die ander kant http://www.capetalk.co.za/articles/341928/eskom-and-authorities-have-to-plan-for-worst-case-scenario-says-energy-expert http://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2019-03-20-eskom-is-lying-to-us-power-cuts-already-near-stage-5-warns-energy-expert/
Smaak my probleme by transmissielyne en substasies is net so ernstig. Die ontploffings by substasies lyk soos ‘n nuwe Rambo movie.
Eskom is die land se ondergang
Nee Theresa, nie ESKOM nie. Die ANC.