Eskom sê oor vals nuus; fase 4-beurtkrag duur voort

Argieffoto

Eskom sal na verwagting Donderdag fase 4-beurtkrag toepas van 09:00 – 23:00 weens ʼn gebrek aan opwekkingskrag.

Eskom het Woensdag tussen 09:00 en 23:00 fase 4-beurtkrag toegepas voor hy na fase 2-beurtkrag oorgeskakel het tussen 23:00 en 09:00 Donderdagoggend.

“Beurtkrag word ingestel om die stelsel te beskerm en ʼn algehele ineenstorting van die stelsel of landswye kragonderbreking te voorkom. Tydens fase 4-beurtkrag voldoen ons steeds aan ongeveer 80% van die land se aanvraag na elektrisiteit,” het die kragvoorsiener gesê.

Eskom het ook gesê hy neem kennis van boodskappe wat op sosiale media die ronde doen dat daar Donderdag geen elektrisiteit landswyd sal wees nie. “Dit is vals en misleidend. Beurtkrag is ʼn beheersde proses wat op ʼn rotasiebasis bestuur word vir ʼn periode van tussen twee tot vier ure, afhangend van die skedule van die verbruiker op ʼn spesifieke dag.”

Eskom het gesê hy is bewus van parodierekeninge wat gebruik word om vals nuus te versprei. “Ons sal die publiek op hoogte hou oor die stand van die kragnetwerk deur die media en ons amptelike Eskom-profiele op sosiale media.”

Eskom se amptelike profiele:
Twitter: @Eskom_SA
Facebook: Eskom Hld SOC Ltd
LinkedIn: Eskom Holdings SOC Ltd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Abe ·

Is daar niks wat van overheidswee se kant gedoen kan word teen die verspreiding van vals nuus nie? Dis mos n uiters gevaarlike ding.

Buite Stander ·

Smaak my probleme by transmissielyne en substasies is net so ernstig. Die ontploffings by substasies lyk soos ‘n nuwe Rambo movie.

Skroef ·

Nie eskom nie, maar die direksie en topbestuur wat eskom in sy peetjie bestuur het.

John ·

Dis sad, maar Eskom begin meerwaardig en sadistiese optree… soos ‘n tandarts wat vir die ou met erge tandpyn sè, drink net baie water en kom sien my weer as dit nie beter word nie. Is die haarkapster en liefie van een of ander Eskom-baas steeds in beheer van die dieselaankope? Dit is was destyds gebeur het. Om Nazi-agtig groot genot te put uit sy magtige hand wat skynbaar nog meer geld vra vir sy roemryke droogmakery, is verregaande. Wanneer gaan Gordhan sy humeur begin verloor of is hy bang vir die boelies by Eskom?

KrokodilBotha ·

Jong ja, vanoggend toe kom die son in die weste op. Sien is glo

George in Bloem ·

Kan enige mens nog die spul snert glo wat die klomp deesdae kwytraak? Dit sal geen mens met selfs net ‘n gemiddelde intelligensie oortuig nie. O jinne ja,wag,jammer,ek het vir ‘n oomblik van die miljoene ANC kiesers vergeet.Oops!!!

HPV ·

Red Suid Afrika!!
Bied Eskom per tender te koop of langtermyn te huur internasionaal aan terwyl n paar ligte nog brand. Sonder reserwe, die anc of BEE sal baie bevoegde privaat instansies belang stel om dit oor te neem en weer inbedryf te stel en teen ‘n wins te bedryf. Sien die onbeholpe anc regime nie wat besig is om te gebeur nie? Die land is besig om sy g@t te sien. Kom ons tik dit stadig, die land is kaal geplunder!

Reine Waarheid ·

Eskom is een groot Professionele Misdaad Organisasie

Marietjie ·

Die ingeligtes by Eskom lieg net so. Mens kan hulle ook nie meer glo nie.

fred ·

wat het geword van die vorige minister van energy Tsoemat-Pietersen wat al die strategiese brandstof voorraad weggegee het?
Ek hoor gister op Kyknet dat die Mabusa groot aandeel houer is in maatskappye wat groot sake met Eskom doen….waar is sy neutraliteit? Keer of draai,jy kom altyd by dieselfde kliek mense uit…hulle word net rondgeskuif…

Essie ·

Ek sal net gfaag wil weet is daar beurtkrag by die president se huis ook.

Lin ·

Ons het gister n boodskap op sosiale media gekry dat die krag landswyd van 6 tot 12 af sou wees. Raai wat. Dit was waar vir ons. Ons was van half ses tot na elf sonder krag. So die vraag is wie lieg vir wie? Fase 4 by ons is drie keer n dag vir twee en half ure so waar kom die amper ses ure vandaan? Ter inligting, ek is van die Noord Kaap, Hotazel en die mees yl bevolkte in die land.

Helen ·

LIEG op grootskaal, ons krag aan die Wesrand word klokslag 2 keer ‘n dag vir 4 tot 5 ure afgesit was heelnag af en wag nou vir 4nm se afgaan, maar groot areas wat onder JHB val gaan al van gister nie af soos dit volgens skedule moet nie. Gevolgtrekking wat ek maak die krag word daar aangehou vir die lekker partytjies vandag oral by die stadions daar gehou word ook met ons belastinggeld, dit is om van naar te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.