Eskom sê oor verdere fases beurtkrag

Pravin Gordhan. Foto: Thobile Mathonsi/ANA

Eskom moes Dinsdagaand inderhaas bekommerde Suid-Afrikaners paai nadat die kragvoorsiener vroeër die dag gesê het fase 5 tot 8-beurtkrag kan toegepas word om die las op die kragnetwerk te verlig.

Dit beteken dat verbruikers wat reeds dae lank onder fase 4-beurtkrag gebuk gaan, in dié fases selfs nóg langer sonder elektrisiteit sal sit.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Jabu Mabuza, voorsitter van die Eskom-raad, het gister die media in Rosebank, Johannesburg, toegespreek oor die situasie tans by die kragvoorsiener en die redes hoekom Eskom nie aan die vraag na elektrisiteit kan voldoen nie. Gordhan het tydens die mediakonferensie erken dit gaan ʼn enorme stryd wees om Eskom se kragkrisis te oorkom.

Tydens die konferensie is daar gevra wat sal gebeur as fase 4-beurtkrag nie meer voldoende is om die las op die kragnetwerk te verlig nie. Hierop het die owerhede aangedui daar is bykomende fases gereed wat toegepas kan word as gebeurlikheidsmaatreëls om die kragnetwerk van algehele ineenstorting te beskerm.

Eskom moes daarna vinnig vure doodslaan en het gesê hy het nié bedoel dat Eskom van plan is om fase 5 of hoër toe te pas nie. “Die antwoord was bloot bedoel om aan te dui dat Eskom steeds in beheer van die stelsel sal bly deur hierdie bykomende gebeurlikheidskedules. Die reaksie was beslis nie om aan te dui dat Eskom formeel beplan om fases 5 en hoër toe te pas nie – bloot dat die nodige gebeurlikheidsbeplanning gereed is,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Eskom het weereens verbruikers herinner dat beurtkrag toegepas word om te verhoed dat die hele land in donkerte gedompel word. “Eskom kan bevestig dit is klaar kommerwekkend dat fase 4-beurtkrag bereik is, gegewe die uitwerking daarvan op die land. Eskom doen alles in sy vermoë om die netwerk se uitsette te verbeter,” lui die verklaring.

Hoewel daar verskeie aspekte is wat tot Eskom se probleme bydra, het Gordhan gister bevestig die krisis kan grootliks toegeskryf word aan ʼn gebrek aan instandhouding by die kragvoorsiener se verouderende infrastruktuur.

Intussen kan Suid-Afrikaners die kerse en kragopwekkers byderhand hou vir nog ʼn dag van beurtkrag. Fase 2-beurtkrag sal tot 09:00 vandag toegepas word, waarna daar oorgeskakel sal word na fase 4-beurtkrag tot 23:00 vanaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Ans ·

Sedert 20.00 gisteraand sonder krag en nog steeds geen krag nou ook geen water!!! Om van siek te word!!!!!

Sussie ·

Ons kry 3 keer per dag beurtkrag. Ander dele kry gladnie??

Stuiwer ·

Ek verstaan nie hoe dit werk nie. Ons bly naby aan ORT lughawe. Ons het bitter selde, indien ooit beurtkrag.
Voel wel jammer vir julle ander wat so moet suffer sonder krag.

Blaarman ·

@Stuiwer @Sussie

Julle antwoord dit self. Gemengde-gebruiksareas word nie so dikwels geaffekteer nie – as besighede, fabrieke en myne, nood-dienste en lughawens nie werk nie, werk die ekonomie nie. Dit is beter dat suiwer residensiële areas dan meer geteiken word eerder as wat besighede en hosp

willem Botha ·

So n totale blackout soos in Venezuela is nie so vergesog nie.Ek kan nie verstaan hoe so iets kan gebeur nie sa voer tonne kool uit vanaf die Richardsbaai en voorsien Lesotho,zimbabwe,mosambiek en botswana van elektrisiteit.

Francois Muller ·

Botswana het sy eie 2 groot kragstasies by Lephelale reg langs n’ groot steenkoolmyn. Hulle steenkoolbelt loop tot in Namibië. Al wat hulle kry van SA is brandstof.

John ·

Die skedules en blaaie van Eskom is so chaoties en onontleedbaar dat mens nie verbaas is oor die kragonderbrekings nie. Sekerlik was al 47 000 plus konsultante tot dusver net besig om nog skedules na 4 saam te te stel… by kersig. Die outjies wat olielampe en kerse uitgedink het behoort geèer te word… En dan dan wil die mense kamma op Mars gaan woon…

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahahahaahaaa…Louise….Beskawing? As ek kon sou ek jou soooo graag na ‘n beskaafde land toe wou vat….jy sal nooit weer daai woord hier gebruik nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

“Eskom het verbuikers weereens herinner dat beurtkrag toegepas word om te verhoed dat die hele land in donkerte gedompel word.” REGTIG? Hierdie hele land is sedert 1990 in “donkerte gedompel”….en word nie verniet “Donker Afrika” genoem nie. Ons moet begin om Eksdom daaraan te herinner wie hulle salarisse betaal………..en dat, sou jy meer aan salarisse en bonusse bestee as wat jy genereer, dan bly onderhoud en uitbreiding in die slag…….en is “donker Afrika” ‘n seker realiteit!! Die parasiete kan gestop word op die 8ste Mei………..maar ek is bevrees.

Michael ·

Een dag lank lank gelede toe SA nog n beskaafde land was. Kan iemand vir my se wat SA nou is . Ek dink nie enige iemand sal my antwoord nie

Boet Fasie ·

En wie moet ons bedank, die ANC vir korrupsie en staatskaping, hoop die menigte wat vir die ANC gestem het, stem weer vir hulle, donker afrika sonder krag, water en dienste wag. As die kragnetwerk totaal in duie stort kan riool ook nie lewer gepomp raak nie so ons sit met toilette wat nie gebruik kan word , krane sonder water want water kan nie gepomp word nie – nice vooruitdigte vir die reenboog nasie.

AndreD ·

Ek wil weet hoekom word die “townships” nie onder dieselfde kamp geskeer nie? Ons was die naweek altesaam 18 ure sonder krag en die township buite die dorp slegs 2 ure af vir die hele naweek.

Anoniem ·

Volgens ons huiswerker wat in Hammanskraal bly, loop hulle ook erg deur onder beurtkrag. Wonder of dit is omdat dit ‘n DA area is? Sy het ook te vertelle dat Juliass en kie hulle ‘n tydjie gelede kom toespreek het. Hy het hulle 4 slaapkamershuise ens ens ens belowe. Die mense het net ‘n rukkie geluister en toe omgedraai en geloop. Juliass en kie het bekaf bly staan.

Boerboel ·

Dit lyk nie goed nie, en dit sal ook nie binne n’ paar dae herstel kan word nie, hou maar julle gas silinders vol en hou spaar water, Met die winter om die draai gaan dit nog n’ groot problem word, In die winter is die verbruik baie groot wat beteken die druk op die netwerk gaan verhoog met moontlike onderbrekings .
Hierdie is net die begin, n’ kenner reken dat as nog eenhede af is kan ons tot 16 uur per dag geen krag he of niks !

Antoinette ·

Dit help nie om Gordhan te blameer nie. Hy is nie verantwoordelik vir die gemors nie, Hy probeer red wat daar te redde is.

Ampie ·

Ja Antoinette. Pravin en CR was mos nooit in die ANC nie. Die hele spul is ewe skuldig en verantwoordelik. Maar leef maar voort in La-la land. Pravin en CR gaan beslis alles omkeer. Moet net nie verbaas wees as dit nog meer agteruitgaan nie.

Neels ·

Nou hoe het ons dit nou oo gister se media konferensie belowe die minister die regering en eksdom sal beter met die publiek komunikeer. Hier weerspreek hulle alweer mekaar. Sit die krag af en kry klaar julle rig net skade aan die ekonomie en inwoners van die land. Soos ek verstaan is beurtkrag om krag te bespaar, maar as dit aankom hardloop al die besighede se lugreelaata, winkel yskaste, inwoners se yskaste en geiser om net weer n gemiddelde temperatuur te kry . So waar word die krag gespaar. Net soos die koruptenare van vervolging gespaar wod en nuwe poste gegee word om verder te plunder

fred ·

Hoe verniel ons n land se ekonomie
in 20 jaar…dit was die draaiboek van die ANC..n riller.Eind 80-tiger jare praat ek by die fabriek met n NUMSA shopsteward ..hy wys na die ganse fabriek en sê baie fanties “oor n paar jare gaan ons (ANC) hier mielies plant…..” ja hulle is goed op pad om dit te verwesenlik…

Willem Swanepoel ·

Eskom is nie in staat om ‘n drink-partytjie in ‘n brouery te reël nie!

Nick ·

Wag tot anc verkiesing wen dan gaan jy nog meer loadshedding hê! Lekker man !!!Viva anc!!!!

JCL ·

Waarom word die betalende publiek gestraf met beurtkrag, maar die wat dit gratis vir hulself toe eien kry geen beurtkrag nie?
Sny die wan betalers af!!!

Skroef ·

Of gaan blaas hulle kragstasies op, dan sit betalers en diewe daarsonder. Sal hulle leer om op te tree as onwettige konneksies gemaak word.

Miekie ·

Nou water fases is van half nege die aand tot 8 uur die volvende aan?

George in Bloem ·

Save to say “transformation is now complete.” Thank you ANC. Viva comrades.Well done. From first world to third world and it only took 25 years.

Ken ·

It has taken the ANC government just 25 years to destroy a previously well functioning, structured nation. Not only Eskom, but a broken military force, once rated as one of the top in the world, all other parastatals, broken by corruption and incompetence – SABC, Prasa, SAA, Transnet, list continues. Viva to the most corrupt and incompetent group of people world wide…. Destroyers of a nation.

emily ·

Met al die korupte goed in poste waar hulle nie hoort nie, Wel, wat kan ek se.
Hou op alles en almal blameer, daar is een word om julle te beskryf.

Mismanagement.

Henk ·

Nou verstaan ek ook waarom diesel so duur is!!! Ons betaal Eskom se dieselrekening ook!!

Werner ·

As daar n verkiessing is sal die ANC weer wen Nick so maak jouself maar reg vir elende

Justice ·

So stoom die ANC voort na finale rommelstatus volgende week – BEE was `n totale mislukking.

Jacques ·

Baie Maklik, Verbreek julle belofte dat elektriesiteit ‘n “Basic need” is en sny alle onwettige konneksies af. BV. Soweto wat al reeds R17bn aan Eskom verskuldig is. Hou op om blaam te skuif soos die Sikloon, hoe onnosel dink hulle is ons… Pfft…

Boerboel ·

Goeie verkiesing veldtog, hulle kry krag so hulle stem weer vir die ANC, Maar brand alles af na verkiesing as die krag en water af is. Dis lekker in die land. Braai maar n’ vleisie elke aand as die krag af is. Dis al wat ons kan doen, kla sal niks help nie, niemand luister na ons nie, maar ons geld is goed genoeg om vir die ander te betaal. miskien moet ons begin om ons beursies toe te hou, dan sal hulle dalk luister.

Alida ·

Dit wil vir my voorkom asof die uitstaande skuld aan Eskom nie die groot kopseer is nie maar eerder die instandhoudingswerk wat nie betyds gedoen is nie. Dit fondse wat daarvoor begroot was is vooraf verduister. Waar is die geld wat begroot is daarvoor. Die hoof van Eskom vra dit self. Die antwoord is maklik en hy weet dit. Vervolg die skelms en maak die verdomde aanlegte reg. Dit kan nie so aangaan nie.

Jan ·

Vergelyking: As ‘n man op straat die lotto wen, wat dink jy gebeur as hy oornag met bv ‘n miljoen in sy rekening sit? Hy gaan dit blaas. Hy gaan nie voorsiening maak vir die toekoms nie, want hy is dit nie gewoond nie. Twee jaar later sit hy weer op straat!

Frederik ·

Daar is mense wat hulle dienste aangebied het om te help, maar dit is van die tafel
gevee. Hoekom wil hulle nie die vorige mense wat die kragstasie al die jare instand
gehou het gebruik nie. Daar was nooit kragaf soos nou.
Hoekom, Waarom. Want ????????????????????????????????????????????????????????.

Hannah ·

Waar n rokie trek….
Moenie met jou broek op die kniee gevang word nie

Gert J ·

ESKOM doen beurtkrag om regering te dwing vir meer geld want hulle soek hulle bonusse

Pietie ·

Stel weer wit ingenieurs aan , hulle kan immers die werk doen…..soos tevore .

Opgesukkel ·

Waaroor kla almal so? Fikile Mbalula het dan gesê dat beurtkrag oor twee weke iets van die verlede gaan wees!
Ya, right en Gupta is onskuldig!

Driesie ·

Hy praat twak vir die volgende 5 jaar gaan ons nog steeds kragonderbrekings hê,vir seker,

Hentie Smit ·

Na al die gemors wat die ANC aan gevang het, neem hulle steun steeds toe. Al slotsom waartoe mens kan kom is dat drek vir drek sal bly stem.
Die toekoms lyk vir my duister.

Verstaan nie ·

Ons woongebied is tussen twee informele nedersettings. Ons het omtrent geen beurtkrag nie aangesien ons op dieselfde “lyn” is as die woongebiede. Dan is daar plaasgedeeltes buite die dorp wat maklik tot 8 ure sonder krag is. Voel wat vir die een geld geen vir die ander

fred ·

Eskom is nou n bewys van die 2de wet van Thermodynamics:elk sisteem wat nie onderhou word nie,degenereer na n staat van verval,m.a.w die enthropy (level of disorder/verval) vermeerder…..ons krag sentrales is nou die beste voorbeeld hiervan……

Bronwyn ·

Alles gaan gepaard met Eskom wat nie geld het nie. Ons moes Januarie maintenance op Matla kragstasie doen maar hulle het dit opgeskuif na Junie/Julie maand toe want daar is nie geld nie. So die instandhouding van alles gaan net agteruit. Boonop het sekere kragstasies “goedkoper steenkool” gebruik en dit het verskriklik baie meer as gemaak as gewoonlik nou spandeer hulle die meederheid tyd om die as weg te kry wat al hulle units bedek het. (Hulle steek dit weg van die publiek) En dan is daar nog 8 Units af gebring net omdat die maintenance nie gedoen is nie. Hoe swak is dit

Mossie ·

Bronwyn
Ek dink as meer ingeligtes in Eskom se binnekringe die inligting bekend maak wat in die gange gefluister word, sal ons as publiek seker diè donkerste prentjie van Eskom sien en beslis dan weet wat presies op ons wag. Ons weet egter ook dat sekere dinge nie genoem mag word nie en daarom sal ons as publiek NOOIT die volle waarheid hoor nie. Ons as publiek is ontsettend gefrustreerd, maar ek kan my net indink hoe julle as werknemers van Eskom voel. Het self familielede wat vir Eskom werk wat sien hoe daar rond gespring en na grashalms gegryp word. Eskom is n orkaan binne n orkaan. Sterkte vir julle en dankie vir inligting wat wel deurgegee word, dis meer betroubaar as die topbestuur of regering se inligting!

Antonietta ·

Mnr die president bly jou krag aan of nie.? ek glo nie. Hoekom is daar dele wat tot 4 keer n dag vir 3 ure af is en in dieselfde dorp is daar dele wat nooit af is nie? Hoekom moet die mense wat hul rekenings getrou betaal aanhou en meer betaal en die wat nie betaal nie gaan maar net aan en is nooit “kragloos” nie.

Logika ·

Kan Afriforum en vennote nie ‘n katastrofiese gebeurtenis gebeurlikheidsplan en handleiding saamstel vir buurtwagverenigings en plaaslike boerderyverenigings nie? Spesifiek omrede daar reeds bestaande organisasiestrukture, kommunikasiestruksture, en infrastruktuur is (soms, soos veiligheidskamera’s).

Dit kan gemeenskappe dan help om gereed te wees indien ‘n katastrofe, soos ‘n nasionale kragonderbreking, plaasvind.

Aspekte wat dit kan aanspreek sluit in:
– veiligheid, patrollering
– noodsanitasie
– wateropgaring en suiwering
– kragopwekking
– nood en mediese hulp, veeartsenykunde
– kommunikasie en netwerke
– infrastruktuur instandhouding
– interne samewerking, ruilhandel en ander vorme van gemeenskaps-samewerking
– geskilbeslegting

Ek glo Afriforum is goed geposisioneer om dit te doen – hulle het alreeds verhoudings met baie buurtwagorganisasies. Daar is ook tans paniekerigheid en mense is kwesbaar om dom dinge aan te vang en gehoor te gee aan allerlei kwaksalwers se stories. Hierdie tipe plan sal help om gereedheid en gemoedsrus te skep ten opsigte van ‘n katastrofe wat op die stadium blyk ‘n waarskynlikheid te wees.

JB ·

Net n vragie aan almal wat so vreeslik kommentaar lewer en kla, gaan dit enige iets verander of enige bydrae maak om alles en almal sleg te se op die platform? Die antwoord is nee, so hoekom mors jy jou kosbare tyd en krag(skakel eerder jou rekenaar of foon af en spaar krag). Gebruik eerder jou energie om n positiewe bydrae te maak in jou klein sirkel. En nee ek is nie skatryk en sonder enige probleme.

PR ·

JB jy is seker reg. Soos jy jou nou besig hou hiermee doen almal dit uit pure frustrasie. Sit ure by die werk en wag om iets positief tedoen.

Driesie ·

Hy praat twak vir die volgende 5 jaar gaan ons nog steeds kragonderbrekings hê,vir seker,

Geskok ·

Verstaan beurkrag glad nie, die huise lei daaronder maar STRAATLIGTE BRAND DIE HELE DAG!!!! Wakkerskrik munisipaliteite daardie krag wat vermors word deur straatligte wat brand kan betaalde gebruikers gebruik. BOKSBURG en omliggende areas. Help asseblief!!!!!!!!!!!!

Boerboel ·

Mense al wat ons kan doen is hou vir jou genoeg gas, of gel stofies aan, batterye vir die flitse en lampies, hout, en installeer n water tenk direk op jou water lyn en trek direk water uit dit sodat jy genoeg water het vir n’ paar dae. Wees voorbereid as die netwerk nog onder groter druk kom. Ek werk in n’ dorp waar krag daagliks af is en ook water so ons is nou al gewoont aan dit, jy pas maar aan, wat kan jy anders doen,

Magaretha van heerden ·

En wie moet ons bedank. DE KLERK wat lekker gemaklik saam met sy Griekse vrou bly.

bolla ·

DA beraam planne om die Wes-Kaap onafhanklik van Eksdom te kry. Kan nie wag nie.

Siener ·

Dis maklik vir die DA om dit te sê maar dis baie moeilik om te doen. Wat gaan hulle doen as die mense in die Kaap nie betaal nie? Gaan hulle dan die krag ook afsny??? Dis die Probleem waarmee die ANC sit, sny hulle niebetaler dan verloor hulle stemme. Die DA se mond is net baie groot voor die verkiesing om stemme te probeer kry. Jy gaan lank wag Bolla maar sterkte met die gewaggery.

Misousa ·

Alle wit Suid-Afrikaners moet nou saamstaan!!
As jy kan… trek Kaap toe.
Verf die Kaap Wit en Blou.
Dis soos die ou SA!
Hospitale is puik, strate netjies….
Kom ons vat hande in die Kaap!!
Ons het immers saam van daar begin trek….
Kom ons trek net terug… in vrede… vir ‘n eerste keer!! As ons saamstaan is ons soveel sterker!!!!
(…en… jy kan nog altyd ‘n BlouBul bly!!)

PR ·

Ai as dit maar kon gedoen word. Ek is gelukkig reeds hier. Eerste probleem is dat ons eers so paar miljoen moet trug skuif Oos Kaap toe en dan skoonmaak langs die N2. Ag nou ja blou bulle moet maar blou bly, wit en blou strepe sal beste bly.

Parlement ·

Al sit Eskom die krag vir TWEE WEKE af, gaan hulle nogsteeds beurtkrag toepas hulle gaan nogsteeds n tekort aan fondse he dis presies dieselfde met petrolpryse – al maak hulle dit R25-00 per liter sal dit vir 4 maande nie op gaan nie, maar daarna OMW dan gaan dit sommer dubbel op met prys

Danielle ·

En tog is ek seker ons ministers het elke dag krag.
Ons kry 5x per dag wat ons krag af is vir 3 ure op n slag in die Wes kaap.

Boerboel ·

Hi Misousa, moet nie seker wees dat alles gaan nog wel gaan in Wes Kaap na verkiesing, onthou daar is Patricia De Lille wat die DA moet mooi dop hou, onthou, sy is uitgesmyt, Gaan haar wraak soet wees ? Die bruin mense steun haar,
Ons sal moet sien ne.

bolla ·

Sy gaan minder stemme trek as toe sy die ID gestig het. Onbenullig. Sy mag dalk steeds meer stemme trek as die VF+. LOL

Oupa D ·

Jy’s so reg! Maar nee, die stemvee moet eers weer vir die hopelose lot stem!!! Hoe stiksienig kan ‘n mens wees?

Piet parys ·

Onthou julle daai karakter wat gese het daar sal nooit weer beurtkrag wees nie . Wou hom werk gee in die tuin maar omdat hy gelieg het het ek daarteen besluit. Anc het die land in 24 jaar afgebreek waar dit gewoonlik 30 jaar vat .GELUK soos gielie sou sè.

Casper Labuschagne ·

Omverpoos gaan Suid-Afrika voort met reuse sosialistiese oorwinnings!

Ons triomfantlike ingenieurs by Eskom het baanbrekerswerk gedoen wat nêrens anders ter wêreld bestaan nie, deur die deurbraak Fase 5, Fase 6, Fase 7 en Fase 8 skedules vir beurtkrag uit te vind!

Onverskrokke sosialistiese oorwinnings soos hierdie stel Suid-Afrika in staat om die huidige krag krisis te oorkom deur beurtkrag op ‘n glyskaal selektief toe te pas!

Viva!
Viva ANC!
Viva Eskom!
Viva!
Weg met privatisering!
Viva!

(Ek wens ek kon sê hierdie is satiries, maar dit is klaarblyklik na aan hoe die NUM en NUMSA lede by Eskom die krisis sien.)

Wiehan ·

Wonder waaroor kla blankes nou. Het hulle dan nie in die referendum JA gestem nie. Mos weer die linkses sê mooi BELOFTES geglo. Moenie nou moan nie. Julle het gevra, nou kry julle. Gelukkig heeltemal onafhanklik vanaf stay sê water ek krag

Sorine ·

Wat is fase 8 beurtkrag? Kom Eskom werkers na jou huis toe en blaas jou kerse dood?!

Gert van Wierdapark ·

Hier sien ons as SA-ners nou die “donker kant” van Eishkom! Hulle is glo so jaloers op die feit dat kerskrag help om lig te gee, dat hul spesiale inspekteurs wil aanstel om die kerse te kom konfiskeer!

Danie ·

Wonder of ons n vermindering sal sien op ons Eskom rekening?…Vra namens n vriend..

Tom ·

Nee. Jou ampère gaan op met elke aanskeling, so jou rekening gaan hoër wees. Dit klink onlogies maar vra die mense wat ken. Die substasies is ook nie opgegradeer om beurt krag toe te pas nie en die transformers is oud en blaas / begin brand waneer daar aan en afgeskakel word. Dit vat 4 tot 6 maande om ‘n transformeerder te bestel, in te voer en in te bou in ‘n substasies. Eskom is nou ‘n groot walvis wat in die laag gety lê en sterf. Daar is nie veel om die saak te red nie. Op die strand staan en toekyk, met smart hoe ‘n mooi dier nou gaan stadig sterf.

Carina ·

Dit gaan my verstand te bowe dat Soweto wat biljoene skuld glad nie eers beurtkrag het nie! Sit net Soweto se krag af totdat hulle betaal en dan sal julle meer bespaar as met die verdomde pyn ini agterstewe beurtkrag!

Jack Sadie ·

Julle is almal klagatte. Ek finaliseer tans die proses om my sake (wettiglik)so te verander dat ek in hierdie taksjaar GEEN inkomstebelasting hoef te betaal nie. SARS het so agteruitgegaan agv regeringsaksies dat ek nie verbaas sal wees as mens sommer met onwettige belastingontduiking gaan wegkom nie.Voorheen gevoel dis my plig as landsburger. Volgende gaan ek metodes vind om geen of amper geen elektrisiteit te betaal nie. Hou op om goeie geld aan stropers en onbekwames te betaal. Hit them where it hurts!

Mieks ·

Hoekom is daar vandat beurtkrag weer begin het areas wat glad nie beurtkrag het nie… Maar areas 3 keer n dag moet he…. dit maak net nie sin nie. As alle areas mos kry is dit seker nie nodig vir fase 4 nie. En hoekom in die vroee oggend ure as almal slaap……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.