Eskom se opwekkingskapasiteit versterk

Argieffoto (Foto: Johannes Plenio/Pixabay)

Vier van Eskom se opwekkingseenhede is weer in diens gestel nadat dit oor die afgelope paar dae die gees gegee het.

Die kragvoorsiener het Donderdagaand in ’n verklaring gesê opwekkingseenhede by die Kendal-, Tutuka- en Majubakragstasies in Mpumalanga, asook die Lethabokragstasie in die Vrystaat was enkele dae buite werking.

Luidens die verklaring is die betrokke opwekkingseenhede egter weer in diens gestel en die opwekkingstelsel het reeds heelwat herstel getoon. “Meer as 3 000 MW is Donderdagaand by die opwekkingstelsel gevoeg,” het Eskom in die verklaring gesê.

Luidens die verklaring sou ’n opwekkingseenheid by die Duvhakragstasie in Mpumalanga na verwagting ook later gisteraand in diens gestel geword.

Volgens Eskom sal die opwekkingstelsel na verwagting oor die volgende paar dae goed vaar weens die terugkerende opwekkingseenhede.

“Hoewel die stelsel in ’n baie beter toestand is om aan die vraag in die volgende paar dae te voldoen, doen ons steeds ’n beroep op mense om voortdurend hul kragverbruik op ’n verantwoordelike manier te bestuur,” het die kragvoorsiener gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fedup ·

Well as we have ghosts running electricity now, i see a dark and sombre road ahead.

Kobus ·

Dis al goed wat die Covid 19 gebring het, met BAIE minder mense by Eskom wat die ligte moet aanhou kry hulle wraggies dit reg om nog 3000 MW by te voeg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.