Eskom se probleme tekenend van ‘ANC-mislukkings’

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom se “gespook om die ligte aan te hou” tot die verkiesing op 8 Mei is nie volhoubaar nie, is oneerlik en het ten doel om Suid-Afrikaners te mislei tot dit polities gerieflik is om die ware verrotting bloot te stel.

Volgens Natasha Mazzone, DA-LP, het die onthulling vroeër dié week deur Tito Mboweni, minister van finansies, dat ʼn reddingsboei van R17 miljard weens kontantvloeiprobleme vir Eskom gegee is, gewys op ʼn kragvoorsiener wat nie meer lewensvatbaar en volhoubaar is nie.

Eskom en ander staatsbeheerde instellings het ʼn “swart gat geword wat Suid-Afrikaanse belastingbetalers deurlopend moet vul”, het Mazzone gesê.

“Dit is nie net omdat die entiteite swak bestuur is nie, maar omdat dit dekades lank as plundervoertuie vir die ANC en diegene met politieke bande gebruik is.”

Volgens Mazzone het die DA verneem dat Eskom nie die lening van die Chinese ontwikkelingsbank  en die reddingsboeie vir die instandhouding van kragstasies gebruik nie, wat oorspronklik tot die krisis gelei het. “Hulle het die geld gebruik om salarisse te betaal en die ligte aan te hou deur diesel van miljarde rande te verbrand tot ná die verkiesing.”

Dit beteken volgens Mazzone dat die land ongetwyfeld hierdie winter weer in donkerte gehul sal word aangesien die ANC die land mislei het oor die omvang van die probleme by Eskom.

Die werklikheid is egter dat Eskom nie die ligte kan aanhou nie aangesien die entiteit se sakemodel “fundamenteel gebroke” is.

“Ons het ʼn wetsontwerp voorgestel wat voorsiening maak vir die bekendstelling van onafhanklike kragprodusente wat die koste van elektrisiteit goedkoper sal maak om broodnodige mededinging teweeg te bring en te verseker dat Suid-Afrika nie deur die swart gat wat Eskom geword het, sal sink nie. Die oplossings is egter nooit aangeneem nie,” het sy gesê.

Volgens Mazzone sal die aanvaarding van die DA se voorstelle beteken die ANC moet besef dat infrastruktuur die afgelope 25 jaar verouderd geraak het en nie in stand gehou is nie omdat openbare geld “sistemies gesteel” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Andreas ·

Maar nou beduie Cyril vir hul volgelinge, met oog op Mei-maand, moenie die ANC straf, verkiesings is nie die regte manier om die ANC te straf vir swak dienslewering nie. So dis dan reg dat hulle, hul frustrasie uitleef deur af te brand, te vernietig en te toi-toi, maar hulle moet tog net nie die ANC by die stembus straf nie, vernietig eerder die land.

Ray ·

Lyk my Jerry is ñ Toyota handelaar wat reklame spasie soek. Toyota en Multichoice het hulle bed gemaak

Henk ·

Nie net Eskom wat ‘n swart gat is nie , die hele regering is

hercu ·

g’more Henk, jy het my dag gemaak, stem 100% saam, een groot swart gat ??

Jakes Jacobs ·

Wys weer eens, Eskom hou vir 25 jaar sonder instandhouding en veroudering en is nou eers op hulle knie. wys jou net ons kon kwaliteit bou, maar Bee is nog miljarde myle weg.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam met Mazzone dat ons nie die meer die “swart gat” met nog biljoene Rande se “reddingsboeie” aan die reeds verdrinkte Eskom, kan voer nie! Hy het sy EIE gat gegrawe en gesien! Eishkom met sy sukkelende krag nie-werk nie, netwerk, gaan SA ook sink as iets nie GEDOEN gaan word nie. CR se taak-spannetjie sal seker eers na die verkiesing aan die “Donker Wolk” aandag kan gee! Eish!!!

Andreas ·

Wat is die trappe van vergelyking van grap? Grap, grapper, grapste, of vertaal , Cyril, Cyriler, Cyrilste.

Boerboel ·

Ja nou wat gebeur met die wat die sous trein so lekker ry. N lang koue donker winter wat voorle. Mense ons moet bid laat iets gebeur te goede. So kan dit net nie aangaan nie. Niemand word aanspreeklik gehou nie.

Elsa ·

Geen politieke party kan Eskom Red nie. Verkoop dit liewers aan China

Andreas ·

Ek het idee ons moet Steve se gesprek hier voorsit. Dit lyk my tog hy was nie so ver verkeerd nie. maar waarom sit die ANC en Cyril dan daardie persepsie in my kop?

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy nie geld het om jou loopkoste te dek nie, waar gaan die geld vandaan kom om die lening PLUS RENTE terug te betaal?

Boerboel ·

Jan van Riebeeck kry ook die skuld. Shame. Dinge lyk sleg.

Essie ·

Dit is nie net eskom nie wat van die lugdiens skole ekonomie en so kan ek aangaan

Opgefoeter ·

So kry elke inwoner van die land dan EKONOMIESE VRYHEID, want binnekort is daar nie meer n ekonomie nie!

SHL ·

En dan is daar nog baie wat glo dit gaan goed
met die land. Gee nog so 3 jaar dan is alles vernietig en ons deel van donker Afrika.

Deon ·

Ons almal weet die ANC het misluk, maar is magteloos om iets daaraan te doen. Hulle kan nie by die stembus geklop word nie. Die opposisie in die parlement is ook magteloos. Burgerlike verset lyk na ‘n moontlike opsie. Ramaphosa, sy ministers en die ANC se top 6 moet openlik geminag word en gereduseer word tot narre op al wat ‘n medium is, binnelands en buitelands. Die vraag is ook wat kan ons doen om druk op sakeleiers in die vervaardigings, mynbou, landbou, energie, transport, kleinhandel en finansiële sektor uitoefen om die fluweelhandskoene weg te pak en die ANC tot orde te roep. Die tyd van mooi praatjies en gatkruip is verby. Moontlik kan burgerregte organisasies opstaan en prostesaksies teen slapgat sakeleiers inisieer. Hul lede is ook werknemers, en verbruikers wat hoër produk pryse en ellende in die gesig staar. Gewone mense besit ook aandele en veral ons pensioenfondse is groot beleggers. Van die plaaslike ANC gesinde swart sake leiers en BEE chronies sal wel hardekwas wees, maar hul maatskappye se produkte moet spesifiek geteiken word. Indien ‘n Meksikaanse golf momentum kry sal buitelandse finansierdes en beleggers weldra kennis neem dat ‘n Venezuela scenario besig is om hier uit te speel. Ek bepleit nie chaos nie maar ons kan wragtig nie onbevoegheid langer duld nie. Enige ander voorstelle?

Buite Stander ·

Deon, ons is inderdaad magteloos. Wat jy bepleit is openbare protes. Daar is ook al begin met groepaksies in die hof vir skade weens beurtkrag. Maar die belastingbetalers gaan opdok. Zille se dreigement om belastingweerhouding maak ook sin.

Jerry ·

Eskom werkers is op n permanente “slow strike” om n swak diens te lewer vir meer geld. Bo en behalwe vir die swak diens en belaglike hoer lone wat geeis word, word wetsgehoorsame betalende verbruikers ook deur tariefverhogings gedwing om wanbetalende gemeenskappe te finansier. Dit maak dus sin dat betalende verbruikers Eskom sal boikot deur te staak om te betaal vir swak onbetroubare diens. Wat egter nie sin maak nie is om Spur, Mi-Way, Toyota en MTN te moet boikot wat uitstekende dienste aan hulle kliente verskaf! Veral Toyota wat tans n splinternuwe blink RAV aan hulle kliente aanbied en wat soos soetkoek verkoop! Nou aangesien dit deesdae mode raak om maatskappye te boikot wat goeie dienste lewer, het dit dalk tyd geraak om hierdie boikotters, te boikot! “Its time, dont vote for boikotters who boikot good service delivery”! Duidelik het die tipe boikotters, net soos Eskom, verskuilde agendas wat Suid Afrikaners nie terwille is nie!

Buite Stander ·

Jerry is duidelik ‘n groot Ghoema en Multichoice ondersteuner. Maar wag, die Ghoema het ook die einde van die pad bereik, danksy openbare protes.

Weskusklong ·

Uitstekende diens? Maar sonder krag kan hulle ook nie “uitstekende” diens lewer nie. Dis tyd vir die sakesektor om ook terug te slaan.

Andrew ·

Jerry, so ook die draadsitters wat te bank is om iets te doen wat hul rykdom mag benadeel.

Dries du Toit ·

Jerry jy mis die punt. Maar jy is ook reg. Daarom ry ek nog my 4 Toyotas maar ek het hulle name afgehaal. Ek sien jy noem nie Multi Choice as een van jou organisasies wat uitstekende diens lewer nie. Vertel ons waar staan jy met die sakie

fred ·

toon weer dat hierdie korrupte ANC regime nog steeds besig is met onderduimse aktiviteite…..sal nie verbaas wees dat hulle reeds n deel van Eskom verpand het….

Rupert Ashford ·

As die “onafhaklike voorsieners” waarna die vrou verwys sg hernubare bronne gebruik sal dit nie die kragpryse afbring nie en vertel sy ook weer stories oor vye.

Liza ·

In ‘n vrye mark omgewing gaan dit oor vraag en aanbod. Met meer rolspelers behoort kragpryse te daal. Waar die staat betrokke is sal pryse styg om staatsmislukkings te finansier. Ons nader Dag Zero baie vinnig en dan gaan dit te laat wees om planne te maak.

Daan ·

Die elektrisiteitsektor moet so spoedig moontlik geprivatiseer word. Eskom moet slegs ‘n deelnemer wees. Kragpryse mag dalk hoog bly, maar sal daal sodra vrye medediging inskop. Vir nou is die beskibaarheid van krag egter van kardinale belang.

Frederik ·

Die vrou wat absa bestuur gaan nou eskom bestuur.
En nou. ??????????????????????????????????????????????????.

Wildeboer ·

Met al die taakspanne by Eskom is dit onduidelik wie is in beheer. Ramos is nie die antwoord nie. Haar rekord by Transnet en ABSA is debateerbaar. Geen ANC chronie kan Eskom se probleme oplos nie.

Katryn ·

Tyd dat Ramos en haar man gaan aftree in Portugal. Hulle het genoeg skade aangerig in SA. Beide se vermoëns is vir jare oorskat.

George in Bloem ·

Dit het nou,meer as ooit, tyd geword vir die gemiddelde verbruiker om in plaas van ‘n blink nuwe mooi ryding aan te skaf,eerder daai geld te gebruik om ‘n boorgat en sonkrag pomp aan te skaf asook son geyser en dak sonpanele vir die huis se krag en heeltemal onafhanklik te word van die bankrot ANC beheerde Eskom en korrupte munisipaliteite. Dis tog duidelik om te sien dat die hele kaartehuis binnekort inmekaar gaan tuimel en die spul ANC narre is hopeloos te onbevoeg en korrup om enigsins iets daaraan te kan doen.

Jerry ·

Ek stem saam met George in Bloem. Jy moet totaal onafhanklik wees van Eskom, maar ek dink steeds dat n mens die nuwe Toyota RAV ook maar moet oorweeg. Gaan toetsbestuur gerus eers die nuwe RAV voordat jy n finale besluit maak! Hoe meer Afrikaners die nuwe RAV besit, hoe gouer sal sekere mense die boodskap begin kry dat Afrikaners “dont vote for boikotters who boikot good service delivery”!

Nagmaalwyn ·

Word wakker Jerry. Met jou nuwe RAV probeer jy normaal leef in ‘n abnormale samelewing. SA is siek en in die ICU en al waaroor jy praat is blink karre. Eskom gaan sink en dan is ons in ‘n gemors. Ek gebruik ook sonkrag om my afhanklikheid van Eskom te verminder, maar alles wat ek koop gebruik elektrisiteit om te vervaardig, insluitend brandstof. Duidelik dink jy nie sover nie.

marous ·

Heel korrek . Na die 8ste Mei stort alles inmekaar en dan neem anargie oor . Hou maar dop

Boemerang ·

Marous, en dan is daar nog mense wat glo alles sal net vanself regkom deur passief te wees. Ons is in vir ‘n hengse nagmerrie.

MANIE ·

Moet net nie dink om vir die da te stem is die antwoord . Pretoria is in net so swartgat as die land seder die da die beheer oorgeneem het. Jy kan by die dag sien hoe die stad ageruitgaan

Elsa ·

Manie, ek stem volkome saam. Die hele Pretoria is vuil, vol slaggate en bitter verwaarloos.
Dit is om van te huil.

Boesman ·

Sover ek weet is die VF+ deel van die koalisie in Pretoria. Hulle moet die probleme help oplos.

Dries du Toit ·

Marous en Boemerang ou Jerrie klou nog vas aan “ALS LOOP REG TOYOTAAA”

John ·

‘n Betoging wat wel dringend nodig is, is vir die verlaging in die prys van vloeibare gas om die volk te help oorleef terwyl Eskom soggens wonder of hy tuis wil bly of inkopies sal gaan doen. Dit is nonsens dat die prys van gas kunsmatig verhoog word om die baba aan die vrot fopspeen verslaaf te hou. Ons kan gas uit Rusland invoer en so die pot aan die kook hou.

A Mac ·

Ag nee, na die verkiesing sit ons yskoud in die donkerte. Net jammer dat die mense wat regtig van die verwikkelinge kennis moet neem nie die feite kry nie. Help nie ons word vertel nie, dis die kiesers in plakkerskampe en bosareas wat dit moet hoor. Maar daar is niemand wat die guts het om die werklike stand van die land se agteruitgang onder die armste van die armes se aandag te bring nie.

Attie. ·

Julle is die negatiefste spul mense wat ek nog gesien het. Daar word gesê…..Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen. In 1994 het ons almal gedink dat die land ‘n skip is wat wat voortvaar sonder stuur en nou sê ons steeds dieselfde. Weet julle nie dat die Here in beheer van die wereld is nie? God “misbruik” satan as ‘n sif. Al die meel wat deur die “satansif” val word gered en die vreesagtiges wat nie deurval nie word saam met die sif in die vuur gegooi. Word wakker, die tyd is min!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.