Eskom het gesê die risiko vir beurtkrag Dinsdag is laag hoewel die kragnetwerk swaar trek.
Luidens ’n verklaring maak die kragvoorsiener tans van sy dieselturbines gebruik om kapasiteit aan te vul terwyl gewag word vir sekere opwekkingseenhede om van instandhoudingswerk terug te keer.
Onbeplande onderbrekings het vanoggend op 13 337 MW gestaan, ’n raps laer vergeleke met Maandagoggend se 13 392 MW.
Luidens die verklaring verwag Eskom om deur die loop van die dag nog vyf eenhede tot sy beskikking te hê, wat altesaam net minder as 2 000 MW sal opwek in plaas daarvan om van sy noodreserwes gebruik te maak.
“Ons doen alles moontlik om beurtkrag te verhoed, maar ons is bedag daarop dat dit nie ten alle koste kan wees nie.
“Dit is om dié rede dat ons klem lê op die verbetering van ons instandhoudingstelsel se doeltreffendheid en daaraan werk om onbeplande onderbrekings onder 9 500 MW te hou.”
Eskom doen ’n beroep op gebruikers om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Dit is te verwagte, as net die minimum gedoen word
Nou wil ek weet, waarom moet die stelsel swaartrek, hulle moet dan net doen wat Ramaphosa nou met die NUK se beraad belowe het, waar is die kragvoorsieners in die private sektor? Hy het dan hoog opgegee dat hulle daardie mense gaan betrek.
Hoeveel imigrante het die laaste paar jare bygekom in SA. Elkeen wil ook ‘n liggie aanskakel of kos maak. DIs waar die krag probleem is.
So wat het dit met ons te doen?? Is dit nou ons probleem?? Hulle weet nie hoe swaar ons trek in die land van kurupsie en misdaad. Gee hulle om ??
Hoekom kan Eskom nie self diesel koop en so Milarde spaar nie? Die diesel soustrein moet gestop word. Dit is dieselfde argument dat privaat sekuriteit die Polisiestasies ten duuste moet op pas.