Eskom se Trillian-inligting aan Brown gestuur

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het antwoorde van Eskom ontvang oor die kragvoorsiener se verhouding met Trillian, ʼn Gupta-maatskappy.

“Minister Brown het gisteraand Eskom se reaksie op haar navrae ontvang. Sy het gesê daar is vordering en Eskom sal binnekort meer besonderhede bekend maak,” het haar kantoor gesê.

Brown het verlede Vrydag met Eskom se voorsitter Zethemba Khoza en waarnemende uitvoerende groepshoof Johnny Dladla vergader en die kragvoorsiener se “toewyding om bewerings van wanadministrasie en korrupsie vinnig aan te spreek”, bevraagteken.

Sy het ʼn finale ultimatum aan Eskom gerig om besonderhede te verskaf oor sy verhouding met Trillian nadat sy hul aanvanklike reaksie as “onbehoorlik” en “traag” beskryf.

Brown se kantoor het op 8 September gesê sy het die verslag bestudeer wat Eskom aan haar verskaf het oor sy verhouding met Trillian, maar sy benodig nog inligting van die kragvoorsiener.

Eskom het vroeër erken dat hy gejok het oor betalings van meer as R1,5 miljard aan Trillian Capital Holdings. Die kragvoorsiener het vroeër aangevoer die betalings was regmatig ná ʼn verdoemende verslag oor Trillian deur adv. Geoff Budlender. Eskom het gesê die internasionale bestuursmaatskappy, Oliver Wyman, het bevind die betalings was “gebaseer op omsigtige kostes wat aangegaan is en waarde wat geskep is”. Eskom moes egter later bely dat Wyman die betalings bevraagteken het en ʼn regshersiening van die transaksies aanbeveel het.

Budlender is deur die voormalige voorsitter van Trillian, Tokyo Sexwale, aangestel om die maatskappy se rol in staatskaping te ondersoek. In die verslag, wat in Junie vrygestel is, het hy bevind dat Eskom in 2016 altesaam R266 miljoen aan Trillian oorbetaal het vir dienste sonder kontrakte.

Trillian is ʼn finansiëledienstemaatskappy. Salim Essa, ʼn naby sakevennoot van die Guptas, het in Junie sy besturende aandeel in die maatskappy verkoop toe druk oor bewerings van staatskaping in die maatskappy toegeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

KP ·

As of Eskom nou skielik met die volle waarheid voorendag sal kom??????

Jacques Venter ·

Die staats onderneming wil skelmer wees as die ander een en al die geld gaan na die Gs toe.

Nico ·

Sal nie uitkom nie want hulle almal keer vir hulle wickets wil julle se geen ministers weet het dit geweet nie net pres zuma

Rupert Ashford ·

Ha-ha. Hulle het seker tyd gekoop om bewyse te vernietig voordat hulle inligting voorsien het. Miskien ook paar email servers “gebad” soos ‘n ander tannie van hoe morele aansien…

Dafer ·

AfriForum, is die amptenare wat vir die staat werk werklikwaar in alle gevalle sodanig verskans dat daar absoluut NIKS is wat ons kan doen om te probeer red wat gered kan word nie????

John ·

Ons onderhandelaars het in 1994 ‘n spul jakkalse in die hoenderhokke losgelaat… en ons wapens ingehandig. Waaroor praat en kerm en kla en vra ons nou om raad en regte en daadwerklike optrede. Van wie? Daar is nou net hulp van Bo oor, maar ons glo ook mos ook nie meer in Hom nie. So? Die’ dat ons mense nou so hunker na cannabis-ontvlugting, klein wit pilletjies vir angs of die ultra super-duper-uitkoms en die luukste opsie, genadedood….

Piet Pille ·

Ja John, alles verwys terug na 1994. FW met sy wigte en teenwigte , maar die enigste gewig was op sy skouers met geen gewete en ‘n goeie handruk vir die uitverkoop, of te wel weg gee van sy mense.

Nicolaas ·

Jis kan die minister nie iets aan haar hare doen nie?! Sy straal darem regtig ‘n swak beeld uit van die regering en Suid-Afrikaanse vrou … Het die parlement nie ‘n haarkapper of stilis op hulle payroll nie? ‘n Bietjie lipstif sal ook nie skade doen nie

Adam ·

Indien die foto van Me Brown ‘n skildery was, sou die titel “Onkunde”gewees het.

Fires ·

Die traak haar min. Sy speel vir tyd! Weet nie hoekom nie? Hulle sakke moet nou al by die tyd oorlopens vol wees!!

Alida ·

Johan sy verdien te min geld om ‘n haarkapper te besoek!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.