Eskom se verknorsing verdiep

Jabu Mabuza, raadsvoorsitter van Eskom (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)

Eskom bly in diep geldelike moeilikheid terwyl hy die miljarde rand probeer terugkry wat hy verloor het deur korrupsie, asook wanbetaling deur verbruikers, groot klante en munisipaliteite, het Jabu Mabuza, Eskom se raadsvoorsitter en waarnemende uitvoerende hoof, Woensdag aan parlementslede gesê.

Mabuza het Eskom se jaarverslag met sy geouditeerde finansiële state aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings voorgelê. Daarin word ʼn verlies van R21 miljard, 30 dae van beurtkrag en ʼn R6,5 miljard-dieselrekening om die uitwerking van beurtkrag te probeer versag, weerspieël. Die verslag is vir die 2018-’19-boekjaar.

Mabuza het gesê Eskom probeer geld terugkry ná jare van korrupsie en duisende sake is reeds na die Spesiale Ondersoekeenheid (SO) verwys. Dit is weer na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir oorweging gestuur.

Die beleërde kragvoorsiener hou ook vol die sogenaamde kultuur van wanbetaling begin ʼn al hoe groter tol eis: munisipale skuld aan Eskom het nou al die R20 miljard-kerf verbygesteek.

“Ons formule is gebreek. Ons verkoop nie wat ons produseer nie en as ons dit verkoop, betaal mense nie daarvoor nie,” het Mabuza gesê.

Volgens hom dek elektrisiteitsverkope bloot net nie meer die koste van opwekking nie.

Eskom se inkomste het in die boekjaar met 3% gestyg.

Mabuza het LP’s ook op die hoogte gebring van planne om Eskom te ontbondel en in drie afsonderlike entiteite te verdeel. Die plan gaan steeds voort, maar volgens Mabuza sonder enige werksverliese. Pres. Cyril Ramaphosa gaan na verwagting aanstaande maand meer besonderhede daaroor bekend maak.

Maroela Media het vroeër berig die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het ook ingrypende veranderinge by Eskom aanbeveel in sy konsepverslag oor die kragvoorsiener se probleme.

Spesifieke aanbevelings is gedoen oor verbeteringe by die nuwe kragsentrales, Medupi naby Lephalale (Ellisras) en Kusile in Mpumalanga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

aj ·

Soweto betaal reeds vir 30 jaar geen elektrisiteit … en almal weet dit.

Die ANC sal moet kies tussen Soweto (wanbetalers) en Suid Afrika!

Of ons gaan onder!

stoney ·

Wie het belofte gemaak ‘stem vir ANC en jy kry alles verniet. Blankes sal betaal.’ Nou sit ons met gebakte pere. Te veel personeel wat te veel geld ontvang vir SWAK dienslewering. Maak julle reg vir gas/parafien.

Ore ·

As elke inwoner in Soweto net R50pm betaal sal dit klaar ‘n positiewe uitwerking teweeg bring.Die ANC maai nou wat hulle gesaai het.

daniel ·

Hoe is dit moontlik dat sulke onbeholpenheid en korrupsie vir solank bedek kan bly,daar moes sekerlik hulp van uitvoerende gesag gewees het.

Pitty ·

Nee, wie krag gebruik betaal dit. Flat rate vir Soweto is nie reg nie. Ons is nou gelyk. As ek nie betaal nie word ek afgesny. Gelykheid vir alma.

Julie Jansen van Rensburg ·

Help my reg indien ek die kat aan die stert beet het, maar nie te lank terug nie het iemand van Soweto op TV gesê dat die inwoners bereid is om elk R100 per maand te betaal. Goed, dit sal nooit die werklike koste dek nie, maar indien ek reg gehoor het, sal dit darem iets tot die groeiende rekening bydra. Kan iemand dalk verdere kommentaar daarop lewer? Ek self is ‘nTransnet pensioenaris, maar ek moet nogtans sorg dat my krag aanbly – ek sien absoluut GEEN rede waarom sekere mense letterlik daarmee wegkom om gratis krag te verkry deur onwettige aansluitings in die “townships” nie, terwyl ons – wat betaal – letterlik uitgebuit word. ESKOM moet sy prioriteite regkry…

Chris ·

Eskom is volgens alle maatstawe tegnies bankrot. SA regering hou hul aan die lewe, maar vir hoe lank sal hulle dit kan volhou? SA is besig om oor afgrond te stort. Lankal al. Uitgerekte, stadige proses
Te veel krake begin nou al hoe groter raak. Die mense van SA verarm en raak al hoe ongeduldiger met hul hopelose omstandighede. Stakings, optogte, rooftogte, xenophobia, is die simptome van ernstige probleme
Kom hier dalk n soort van n rewolusie dalk? African Spring?

colleen ·

SA regering hou hul aan die lewe met jou en my belastinggeld.

Chris Ws ·

Escom moet sy krag verkope aan buurlande erg afskaal of staak.Dis ‘n groot probleem en veroorsaak dat ons beurt krag kry.Hulle moet konsentreer om krag op te wek vir Suid Afrika.Die bure kan agterna kom as dinge verbeter.En die invordering van Escom se reuse skuld deur munisipaliteite behoord deur die regering gedryf te word.Dan die miljoene stemmers wat NIE vir krag betaal nie moet gedwing word om elk ten minste R100 per maand “flat rate” te betaal.Dit sal ‘n reuse inkomste verseker.Die huidige lojale betalende krag verbruiker is besig om uit die mark geprys te word en verminder hul krag verbruik deur gas stowe te koop en son verwarmings geysers op te sit so hul krag onkoste daal en dit gaan net meer so word.ANC , W O R D W AK K E R !!

Pieter ·

Chris die probleem is by die munisipaliteite want o s betaal hulle maar hulle betaal eskom nie hulle gebruik eskom se geld vir ander nonsens so lank as wat ons die munisipaliteite gaan betaal vir krag gaan eskom nooit uit die gemors kom nie dan praat ek nie eers van die geld wat eskom mors nie kyk hoeveel mense werk daar want hulle sorg mos vir mekaar en ons belasting betalers betaal vir die sirkus

aj ·

1. Trek R100 per persoon af vir elektrisiteit, van die welsynstoelaag van elke Soweto bewoner?

Daar is miljoene wat ‘grants’ ontvang.

2. Sit tolhekke op by alle ingange na Soweto waar R5 per kop betaal word vir elektrisiteit … per dag!

3. Bied kommissie aan vir kraggeld kollekteerders in elke blok in Soweto.

Ensovoorts ….!

BraamM ·

Realiteit is,Eskom Sal mense af moet le. As munisipaliteite nie kan betaal nie, fire die hele spul bestuur en plaas onder administrasie. Flat rate sal nie werk nie, mense gaan dan eers vermors. Sny gemeenskappe se krag af wat onwettig koppel en laat die leiers met oplossings kom. Hulle sal gou genoeg onwettige koplings Vasvat. Anc het ongelukkig nie rugraat vir dit nie.

Fanie Meintjes ·

ANC het die kultuur van wanbetaling begin om die apartheidsregering te skaad. Om nou hierdie kultuur wat deur hulle geskep is te probeer omdraai gaan nie maklik wees nie. Dan sit Eskom nog met, onder andere, astronomiese salarisse aan bestuurders (aan te veel onnodige mannekrag) wat hulle operasionele kostes hopeloos te hoog maak. Verder word konsultante aangestel om die werk te doen of na te gaan van die wat aangestel is sonder die nodige kennis en ervaring wat verdere kostes meebring. Verklein die bestuur en onnodige lading van werkers, stel werklik kundiges aan, verminder die normale kostes na aanvaarbare vlakke en hulle kan Eskom omdraai maar ek twyfel of die politieke wil daar is om dit te doen.

George in Bloem. ·

Hierdie is glad nie nuus nie. Almal weet dit…….al lankal,ook die useless ANC wat absoluut bokkerol daaraan doen nie,of ooit gaan doen nie. Doing the same thing over and over expecting a different result? Yep,dis die “slim” beterwetige ANC daai. Hulle weet mos altyd beter. Spul verdompde narre.

K P ·

Hierdie Mabuza praat baie maar doen nie baie. Baie min of niks het verander sedert die leisels aan hom gegee is

Ampere ·

Wys net in watter onvolhoubare toestand die land verkeer. Die wat betaal word deur die staat getrap en die wat nie betaal maak die wette uit. Natuurlik kan dit nooit so aangaan nie, die nuwe glo demokratiese Suid Afrika sink. Uit hierdie dood is weer kans vir opstaan sonder die wanbetalers en kie.

Logies ·

Sny dorpe se krag die helfte van elke dag as hulle nie betaal nie! Anders gaan net die mense wat wel betaal, maar net meer moet betaal. As dit so aangaan , gaan die mense wat betaal, binnekort ook nie meer betaal nie! Niks gebeur dan met die wat nie betaal nie!

Jaco ·

In baie gevalle betaal die gebruikers maar die munisipale soustrein moet eerste loop – die geld word nie aan Eskom oorbetaal nie.

khat ·

Vra vir eskom hoeveel betaal hy per liter diesel dan sal julle hoor van die groot bedrog wat daar plaasvind

Jerry ·

Die ANC lees soos n storie en die raadsvoorsitter se presies wat vir die storie voorspel was. Afleggings van onregmatige botallige uitgebreide kaderstrukture is nie deel van die ANC se herstruktureringplan nie, wat beteken dat dit alles aanvanklik lee woorde was om beleggers te paai en dat die ANC dus die status quo van staatskaping handhaaf. Dit beteken dat die staatskaping status quo ook by alle ander entiteite gehandhaaf sal word en dat kommissies en aksies teen staatskaping nie veel gaan oplewer nie, behalwe om tyd te wen vir geimpliseerdes se regspanne om teenargumente te ontwikkel teen alle getuies en bewyse! Vervolging van staatskapers gaan meer rewolusionere helde en heldinne oplewer wie die klimaat geskep het vir verandering, as slagoffers!

Willem Grobler ·

Watwou! “Duisende sake” ?? Hoe gaan die Suid-Afrikaanse regtelsel dit hanteer?

Mac ·

Willem, hul praat van duisende sake, is daar nou al 1 skuldig bevind, nie eers Molefe wat iets soos 11 miljoen moet terug betaal kom voor stok nie. Al kom daar skuldigbevindinge, gaan niemand nogsteeds geen sent terug betaal nie, want Molefe stel die voorbeeld

Maljan ·

Soos die zuma saak.
Net een oplossing vir Eskom. Een eenheid, een prys of jy koop vir R50 in Diepsloot of R5000 in Clifton. Verder moet Eskom krag aan die publiek verkoop, nie deur die munisipaliteite en hulle kommissie gesante nie. Die rekening houers kan !aar by die munisipaliteit gaan betaal

John ·

…probeer die geld terugkry… Dit is nie Eskom se erns nie… en beplan reeds groot prysverhogings. Die Eskom-baas lyk gans te vrolik vir iemand wat ‘n afgrond nader. Skynbaar glo ANC-onderdane die situasie in die land is bloot ‘n toneel uit ‘n fliekopname en die regisseur gaan binnekort ‘cut’ sè en dan is dit salige etenstyd.

Christo ·

As enige ander besigheid in die wereld teen so ‘n verlies bedryf word, word dit gesluit en die bestuur word onmiddelik afgedank……so, wat van ESKOM? Is dit nie ook maar ‘n besigheid nie? O ja, amper vergeet ek, dis Suid Afrika die…….

KrokodilBotha ·

Van alle kante is Eskom kapoet. Ons gaan net meer en meer moet betaal. Wet van die nuwe Suid Afrika. Wys my enige sukses sover in laaste 20 jaar!!

mac ·

Eskom wil krag verhoog, maar diegene(soos Soweto) gaan nog steeds nie betaal nie, so dit maak nie saak wat hul doen nie, hul gaan nie uit die moeilikheid kom voor hul nie `n stelsel in plek sit sodat almal betaal nie.

Stiks ·

Nog steeds word die waarheid nie vertel nie. Bekyk Motsepe se city power rol in die destabilisering van Eskom

Hendrik ·

Net soos E-tol gaan mense eenvoudig net nie vir Ekom betaal nie. Krag wat afgesny word kan weer onwettig gekoppel word. (soos bewys oral in S.A). Die land se ekonomie is baie sleg en baie mense kan eenvoudig nie meer eskomkrag bekostig nie. Daar is nie genoeg bome in die land, kos te koop, as die krag gesny word nie. Kyk maar in die plattelandse area waar bome gesny word vir vuurmaakhout. Daar gaan nie meer een boom staan in Pretoria as Mamelodi se krag gesny word nie. Kan die situasie omgedraai word? Ja dit kan maar dit gaan kos om die dooie hout uit eskom te sny, BBBEE en AA te staak.

Tiger ·

Munisipale bestuurders van munisipaliteite wat NIE krag geld aan Escom oorbetaal nie MOET eenvoudig strafregtelik aangekla word en hof toe gevat word.Hulle kom weg met moord en die regering sit met ‘n smile op sy bakkies.Vervolg hulle AfriForum.

Hannetjie ·

En Eskom se uiters swak hantering van geldsake, nou beslis ‘n duidelike NEE vir die regering se gesondheidsplan.

Rina ·

AGTERLOSIGHEID …. munisipaliteite het gesloer met wanbetalers en betalings wat wel daar was … was dit ooit oorbetaal aan Eskom. … Eskom weer het maar sooo gesloer nou is daar nie geld nie….. desember bonusse is daar nie …. ons is mos ryk . Wil hul agterlosige foute op ons skouers laai …… kry asb kundige persone w

Anoniem ·

Kan ek ook maar ner R 100.00 per maand betaal. Lekker om in Suid Afrika te bly ons land is lankal in die af grond dan moet ons nog die ministers esovoorts subsidieer en hulle kry lekker vet salarisse nie eers kwalifikasies nie.
Sick.

Boodskap ·

Die hool gaan op ‘n bloedige wyse inmekaar tuimel – nog lank voordat enige ankerdorpe beleef gaan word. ESKOM sal een van die katalisators wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.