Eskom se wins styg skerp

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom sal nie langer Suid-Afrika se groei aan bande lê nie, het die kragverskaffer se voorsitter gesê nadat die staatsinstelling se wins vir die jaar tot einde Maart skerp gestyg het.

Baldwin Ngubane, Eskom se voorsitter, het Dinsdag bekend gemaak die kragverskaffer se inkomste het met 10,6% tot R163,4 miljard toegeneem, vergeleke met R147,7 miljard in die vorige jaar. Eskom se wins het tot R4,6 miljard gestyg in dié boekjaar teenoor R200 miljoen in die vorige boekjaar.

Ngubane het gesê die maatskappy se korporatiewe plan vir die vyf jaar tot 2020/21 het ten doel om Eskom weer te vestig as ʼn katalisator vir groei. “Ons korporatiewe plan sal deurlopende verbetering in ons operasionele en finansiële volhoubaarheid dryf, terwyl ekonomiese groei gestimuleer word en sosio-ekonomiese ontwikkeling ook gedryf word,” het Ngubane gesê.

“Ons erken die behoefte aan fundamentele operasionele verandering indien ons bekostigbare, volhoubare elektrisiteitstoevoer na alle Suid-Afrikaners wil verskaf.”

Ekonome beraam Eskom se 99 dae van beurtkrag in 2014 en 2015 het uitset in swaar nywerhede, soos vervaardiging en mynbou, asook in klein ondernemings, laat afneem en die ekonomie het daaronder gely.

Ngubane het gesê Eskom se nuwe bouprogram sal 8 600 MW tot die elektrisiteitsnetwerk byvoeg teen 2020/21.

Eskom het ook 65 koopooreenkomste met onafhanklike kragprodusente geteken vir nog 4 900MW teen 2020/21.

Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het gesê die kragverskaffer se prestasie het verbeter. “Ons is goed op pad na volhoubare en betroubare energieopwekking in Suid-Afrika en dit is grootliks te danke aan toewyding en harde werk,” het Molefe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

John ·

Teen sowat R2 ‘n eenheid kan ek dit verstaan. Verskoon tog as ek my nou liederlik misgis, maar is dit nie dieselfde mense wat onlangs skaars kos op die tafels van hul base en werkers kon plaas en toe was daar nasionaal groot smeekgeleenthede gehou en toe is daar verhogings afgepleit van die volk en nou sit ons res voor gasverwarmers ( gas net so duur), terwyl Eskom in sy mou lag, uitgestrek op die warm strande van Monaco…

JP vd Merwe ·

Te min te laat en lankal nie meer bekostigbaar nie. Ons op plase betaal al R1700 lyn huur per maand en dan het jy nog niks krag gebruik nie.

Hendrik ·

Ek het hierdie jaar al R7500.0 in lyn huurgeld deur van Eskom ontslae te raak. Ek kon dit doen maar as jy krag nodig het om ‘n besig/plaas te hardloop is dit ‘n probleem waaruit jy moeilik kom. Solar is van die skaal af duur agv die wisselkoers en die hoe winsgrense van die verskaffers.

Swanna ·

Nee. Nou gaan hulle almal weer vet bonusse ontvang want hulle het ‘n wins getoon en so steel hulle by die publiek.

Nita ·

Ek hoop net dat Eskom met die pragtige profyte, Madupi en khusile kragsentrales voor 2030 gaan voltooi! EN asseblief tog net voordat hule triljoene Rande wil uitgee op kernkrag sentrales.

Koos1 ·

Moet die berig nie dalk as volg lees nie: “Suid Afrikaners gee swaar verdiende geld weg” ?
Ons het geen keuse as Eishkom nie, en dan spog hulle ook nog met hoeveel hulle kan wegkom! Stem 100% saam met John, 6 maande gelede was hulle bankkrot volgens hulle voorlegging by NERSA, vanwaar al die geld nou. Is dit nie dalk om die kernkrag projek van Zumpie te befonds nie? Ek ruik ‘n rot.

Gerd Lourens ·

Danksy Eksdom se topbestuur se skitterende leiding kan die reuse winste onmiddellik omgeskakel word na prestasiebonusse vir die amptenare…

plaasmeisie ·

Hoop hulle kan beter met baie nulle werk,hoor dalk ná verkiesing was foutjie na stemme gewerf het

vernon ·

Waarom die prys styging? Sakke is weer vol. Lekker gelieg. Skaamteloos.

kraai ·

Julle vergeet ,dis die 2de helfte van die jaar SPEK VET BONUSSE vi December holidays, kry jou kers by vaderkrismis

Petro ·

Ja nee kyk jul smile terwyl derduisende van ons swaarky met die krag jul is trots op jul harde werk watse harde werk eskom?Die harde werk om ons mense te besteel of om net nie uitgevang te word nie!DIE LAND MAAK MY SIEK EN AL DIE KORRUPTE MENSE!

Lance ·

Presies .. so kan dinge verbeter ..net jammer dit moet altyd eers n groot krisis beryk voor die mense wakkerskrik ….ook jammer die besighed en beleggers is afgeskrik in die proses kry die ekonomie swaar en val die Rand nog verder … dit omdat hulle nie wil hoor as kundige mense prast en waarsku ….nou moet net nog al die ander staats instellings bykom ASB !

snoefie ·

een kW een prys. dis sommer snert dat verskillende plekke verskillende tariewe moet betaal. een kW in soweto gaan net sover as n kW in somerset. hoekom verskillende pryse? as nmens wil sing Dan’s brand en plunder vir elektriseteit, wees bereid om dieselfde prys daarvoor te betaal. EEN KW EEN PRYS!

Johann Marx ·

Nou moet ons net dophou HOE daardie winste aangewend word. Onderhoud en uitbreiding…..of vet kat bonusse vir almal?

Theuns ·

Hier is ‘n verskuilde erkenning dat EKSDOM die chaos veroorsaak het wat gelei het tot die toemaak van groot en klein besighede en klop hulself nou op die skouers oor hulle goeie bestuurs vermoe! Hulle se dat hulle nou weer kan verseker dat besighede groei? Wel hier is die “punch line”. Dit gaan nie gebeur nie want die skade is klaar gedoen en die ekonomie is pap! EKSDOM gaan nog baie beter doen omdat die vraag na elekrtisiteit verder gaan afneem wat gaan verseker dat hulle baie krag in reserwes het! En op die koop toe gaan die mense van SA nog duurder vir krag moet betaal om vir Kernkrag te betaal wat nie nodig gaan wees nie! Hoe dom dink EKSDOM is ons?

rr ·

Off gaan korrupsie weer toeneem want daar is mos nou weer geld in Eskom se geldkoffers.

vermeende ·

Eskom is so voorspelbaar, nou word die publiek gepaai vir uitspatige bonuse maar kom volgende jaar met die begroting dan sal ons hoor hoe swaar dit met Eskom gaan.

Hierdie oormaat van elektrisieteit is nie tedanke aan opwekvermoe nie maar die inkrimpende ekonomie.
Eskom het verder voor 94 met minder as 2/3 van die werksmag van vandag meer krag opgewek as tans. Dit is maar net hoe ANC sukses meet.

Moegviraldiebeloftes ·

wel ons gas stoof werk lekker en die led ligte en flitse ook nou spaar ons vir sonkrag!! so kan dit nie aangaan nie – eers is hulle is bankrot ‘n paar maande gelede – nou is daar miljoene wins – my sommetjies werk definitief nie so lekker nie – hulle moet bietjie vir ons kom leer om ook so met ons geld te werk – dit wil nou gedoen word!!!!

Adrian ·

Hoe dan nou als is honkie dorie maar elke aand wys op tv swich off all gysers swimming pool and stoves die naald loop in die rooi ????? Idiote

Attie ·

Ek het kwotasies ontvang van eskom. Hulle wil R1550 lynkoste per maand he nog voor enige kragverbruik. Dit met infrastruktuur wat nog uit Verwoerd se dae kom. Hier kom groot bonusse vir die overlords.

Theuns ·

Hoor vandag NERSA HET NOG N VERHOOGING AAN EKSDOM TOEGESTAAN!

Chris Ws ·

Een lieg storie op ‘n ander van eskom!Als net om reuse “performance” bonusse aan top bestuur te regverdig!
As jy ‘n gas stoof kry ,sonwaterverwarmingstelsel ,4 batterye(die REGTE tipe) en 6 – 8 groot sonpanele, LED ligte en AAA+ yskas en vrieskas KAN ‘n normale huishouding eskom onder die g@t skop.Dis ‘n feit.Die aanvanklike uitleg klink erg maar mens maak dit in ‘n redelike kort tydjie op net met jou besparing op maandelikse rekenings of voorafbetaalde krag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.