Eskom skors Koeberg-bestuurder

Die Koeberg-kernkragsentrale. (Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Eskom het Vrydag sy algemene bestuurder by die Koeberg-kernkragsentrale geskors terwyl ʼn ondersoek na die prestasie van die aanleg afgehandel word.

Die kragvoorsiener se hoofkernkragbeampte, Riedewaan Bakardien, sal intussen die bestuur van die aanleg behartig.

Suid-Afrikaners word reeds dae lank aan beurtkrag onderwerp, terwyl Eskom sukkel om die ligte aan te hou.

Eskom sê Koeberg se eenheid een, met ʼn kapasiteit van 900 MW, is sedert Januarie vanjaar buite werking en kon gehelp het om beurtkrag te verminder indien die eenheid soos beplan aanlyn gebring is.

“Eskom bevestig dat daar geen kernkraggevare by Koeberg is nie. Indien nodig, sal tyd afgestaan word om alle uitstaande werk af te handel voordat eenheid een weer aan die netwerk gekoppel word,” lui ʼn verklaring van Eskom.

Eskom sê sy bestuur is bekommerd oor die prestasie van die Koeberg-kernkragsentrale, asook dat die onlangse probleme by die eenheid weereens geteister is deur vertragings. Dit het beteken dat die datum waarop die aanleg weer in diens gestel moes word, weereens aangeskuif moes word.

Daar word in dié stadium verwag dat die eenheid in die derde week van Junie weer in diens gestel sal word.

“Eskom se leierskap en die raad moedig Koeberg-personeel aan om te konsentreer op die werk wat nog gedoen moet word en om die eenheid so gou moontlik weer veilig aanlyn te bring. Dit is ʼn noodsaaklike gedeelte van al die beskikbare opwekkingsbates.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Tipper ·

ag wat met volle salaris,hoe langer hulle dit kan uitrek hoe langer lê hy met full pay by die huis, bargain vir hom.

Anel ·

Nou hoekom word die persoon wat geskirs is se naam nie genoem nie?

Nie Verbaas ·

Ek glo daar is die wat n eerlike dag se werk insit en weet wat hulle doen maar ek glo ook dat daar talle onbevoegdes is wat agv regering se BEE benadering geen idee het wat dit verg om n kragstasie te bestuur en in stand te hou nie.

Keelvol ·

Betaal die hele spul af. Jhb & Ekurhuleni moet vir 4& 1/2 ure op n slag sonder krag sit en ander plekke maar net 2 & 1/2 ure. Terwyl Bronkhorstspruit geen loadshedding kry nie…… wys jou.

Jaco ·

Ek sidder vir die dag wanneer ‘n regstellende aksie aangestelde eskom werker by Koeberg kernkragstasie die verkeerde knoppie druk. 4 miljoen mense in Kaapstad sal dadelik deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word. Maar nou ja, dis mos maar hoe dit gaan in dié anti-wit SA. Die ras van die werkers moet tog net reg wees. Die gevolge van die werk tel eenvoudig nie.

Oom Hennie Pennie ·

Darem begin dinge nou gebeur. Sterkte Andre de Ryhter!

andre ·

Die naam en van van die man wat oorneem word genoem ,maar nie die naam en van van die afgedankte persoon nie ? Hoe werk dit

Francois Le Cochon ·

My kernkrag ingenieurs vriend wat in Frankryk opgelei was, en by Koeberg gewerk het, het al jare gelede tou op gegooi. Hy werk nou in Rusland. Sy kollegas is ook al weg by Eskom, en werk regoor die wereld.

annie ·

Sjoe, nou kan ons na maande weer rustig slaap hier aan die Weskus met ‘n man met so ‘n ou-wèreldse naam aan die stuur van sake. Is hy van Griekse of Romeinse afkoms?

JohanR ·

Hoekom word die algemene bestuurder se naam nie genoem nie? Was dit ‘n 25 percenter?

Keelvol ·

6 Maande later en die Evkom top bestuur ontdek dit nou eers? Komaan wie probeer julle flous? Die probleem moes in die eerste 3 weke al opgetel gewees het.

Dirk Mostert ·

‘n Kernaanleg is nie die plek om paloekas aan te stel nie.

Nie Verbaas ·

En wat van die tegniese bestuurder en sy trawante? Wat het hulle aan die probleem gedoen in die verlede? Is die onderhoudstelsel op datum en korrek?

Hennie ·

Nog ‘n onbevoegde BBEEE aanstelling wat bewys het dat hy te lig in die broek vir die werk is. Ons moet bekommerd wees oor sy aanstelling by ons jernaanleg.

MakersMark ·

Daar is nog so 22000 wat moet volg voor Eskom korrek beman is dan kom prestasie bestuur hopelik so gee dit nog so 10 jaar dan is die weghol koste onder beheer en die maatskappy bereik sy doelwitte. Maar ek het nie veel hoop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.