Eskom skors vier hoës; ondersoek begin

Tshediso Matona. uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona. uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Eskom het Donderdagoggend aangekondig dat hy vier senior bestuurslede, onder wie sy uitvoerende hoof, geskors het terwyl ʼn onafhanklike ondersoek gedoen word na die kragvoorsiener se sake en uitdagings.

Zola Tsotsi, voorsitter van Eskom, het gesê Tshediso Matona, uitvoerende hoof, Tsholofelo Molefe, direkteur van finansies, Dan Marokane, hoof van groepkapitaal, en Matshela Koko, tegnologiehoof, is versoek om afstand te doen van hul posisie terwyl die ondersoek aan die gang is.

Die ondersoek sal onder meer fokus op die swak prestasie van die kragvoorsiener se opwekkingsaanlegte, die vertragings om nuwe aanlegte in gebruik te neem, die hoë koste van primêre energie en kontantvloeiprobleme.

Volgens Tsotsi is die vier senior bestuurslede geskors vir die tydperk van die ondersoek ten einde te verseker dat die proses so “deursigtig en ongehinderd moontlik” kan plaasvind.

Zethembe Khoza, ʼn nie-uitvoerende lid van Eskom se raad, is intussen as tydelike uitvoerende hoof aangewys. Hy sal ondersteun word deur Nonkululeko Veleti (finansies), Abram Masango (groepkapitaal) en Edwin Mabelane (tegnologie).

Volgens Tsotsi het Eskom se raad ooreengekom dat die ondersoek deur eksterne partye gedoen moet word en dat die partye teen volgende week aangewys sal word. “Hulle sal onbelemmerde toegangsreg kry tot alle inligting wat nodig is om die ondersoek suksesvol af te handel.”

Eskom se raad het beklemtoon dat die proses ’n kritieke stap is om te verseker dat die situasie wat Eskom in die gesig staar so gou moontlik kan verbeter. “Ons wil graag ons kliënte en werknemers die versekering gee dat die ondersoek in die beste belang van al ons belanghebbendes gedoen word, en ons hoop om teen die einde hiervan ’n beter begrip te hê van al die uitdagings van die onderneming, en, nog belangriker, oplossings,” het Tsotsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

scalla ·

Dit moes paar jaar gelede al gebeur het, n vis vrot van sy kop af

zahn ·

Netjies. die vier kry nog steeds volle vergoeding, die plaasvervangers kry nou addisonele vergoeding, en die ondersoekers word ekstern aangestel, teen enorme kotes. En dan vra ons wat doen eisjkom met ons geld. Let op na die name, nie EEN engelse of afrikaanse van nie.

Paul ·

Ek stem saam, dit lyk in elk geval nie of dit ‘n eerlike ernstige poging is om dinge reg te maak nie. Die tydelike aanstelling lyk net so onkundig, en dit terwyl daar baie witmense is met meer as genoeg kundigheid en ervaring om te kan help maar nie gebruik of eens oorweeg word nie net omdat bewys moet word dat die anc kaders kastig kundig is. se voet man.

Drieks ·

Miljarde gemors, hoop ons kry antwoord en nie goue handrukke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.