Eskom-skuld: ‘Dank munisipale beamptes af’

Argieffoto (kimwonyeul, Pixabay)

Argieffoto (kimwonyeul, Pixabay)

Die Forum 4 Service Delivery (F4SD) het gesê munisipaliteite moet die beamptes afdank wat daarvoor verantwoordelik is dat hierdie munisipaliteite se Eskom-skuld nie betaal is nie.

Mbahare Kekana, die nasionale sameroeper van die politieke beweging, het gesê dit is kommerwekkend dat alle inwoners, insluitend dié wat vir hul elektrisiteitsverbruik betaal, geraak sal word wanneer Eskom munisipaliteite met agterstallige kragrekeninge se kragvoorsiening begin afsny.

Volgens Kekana sal F4SD aan die nasionale tesourie skryf en versoek dat die tesourie dringend ingryp om die werklike redes vas te stel hoekom hierdie munisipaliteite nie hul Eskom-skuld betaal het nie.

Munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap is tyd gegee tot einde vandag om hul agterstallige Eskom-skuld te betaal of ʼn betalingsooreenkoms met die kragvoorsiener aan te gaan. Indien hulle versuim om dit te doen, sal hul kragvoorsiening afgesny word.

Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër ʼn dringende aansoek deur AfriForum van die hand gewys, waardeur die organisasie wou voorkom dat Eskom die munisipaliteite se kragvoorsiening afsny. Volgens AfriForum sal dit onregverdig wees om die krag af te sny van inwoners wat wel hul Eskom-rekeninge betaal.

Die hof het egter beslis dat die munisipaliteite verantwoordelik gehou moet word vir hul agterstallige skuld en dat Eskom binne sy wetlike regte optree deur die kragvoorsiening af te sny.

Lees alle vorige berigte oor Eskom op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Danni ·

Ek stem!! Wat gebeur as jy jou krag nie betaal nie, dis skaars ‘n dag dan knip hulle jou draadjie kort.. Ons betaal getrou, so dié verantwoordelik moet die pak vat. Dank hulle summier af!!!!!!!

al ·

My vraag is waarom laat Eskom toe dat die munisipaliteite se skuld so hoog raak voordat drastiese stappe gedoen word. Net soos ons munisipale verbruikers verplig word om ons rekeninge maandeliks op datum te betaal, moet dieselfde mos geld vir munisipaliteite!! Hou al2 partye verantwoordelik vd gemors waaronder verbruikers ly!

BS ·

Eintlik moet dir amptenare wat die geld in die gatsak gedruk het aangekla word van bedrog en toegesluit word. Dis erger as haatspraak.

zahn ·

Heeltemal reg, tree op teen die skuldige amptenare, maarmoenie afdank nie. Laat die gereg sy gang gaan, kriminele oortreding. Net een ding, onthou, daar is raadslede hierby betrokke. DIS die eintlike sondebokke wat die besluit wat geneem is, goedkeur. Die begrotingsvergaderings word mos gehou, so ook die vorderingsverslae, projekte word gemonitor, so dis nie net amptenare nie. Raadslede het uitvoerende pligte deesdae.

Jan ·

Die vraag is waar is die fondse wat deur die eindverbruikers aan die munisipaliteit betaal is. Ek kan my nie voorstel dat dit veilig in n afwagtingsrekening is net reg om uitbetaal te word nie. Net een redelike afleiding is moontlik. Wanbestee. En die wat daarvoor verantwoordelik is moet opdok. Persoonlik. Dis hoog tyd dat onbekwame en korrupte optrede meedoënloos gestraf word.

laeveldkind ·

ons kan nie eers by die munisipaliteit krag koop nie. ons moet by spar of die garage gaan loop. nou wie het die geld gesteel?

Scalla ·

Verkry n hof interdik teen die betrokke munisipaliteite se bankrekenings en betaal al die fondse en toekomstige krediete alles oor aan eskom en ander noodsaaklike verskaffers , sien waar gaan hul buitensporige salarisse vandaan kom, dit wat ek verder wil se oor bestuur ens. gaan in elk geval nie deur MM geplaas word nie.

Vaalseun ·

As ek reg onthou, was munisipaliteite onder die ou era onder wetlike verpligting om hulle salarisse onder 28% van die totale begroting te hou. Vandag staan daardie % oor die 70%, want familie en vriende word aangestel. SAL se grondpersoneel se getalle is 40% hoër as wat dit vergelykenderwys was in die negentigerjare. Diensleweraars wat hulle dank “bewys” word eerste betaal. Eskom doen dit nie, so hulle kan maar wag.

Alida ·

Die geld is gesteel wat anders. Die DA moet dit ondersoek en die betrokke amptenare en/of betaalmeesters en/of wie ookal verantwoordelik is vir die betalings ondersoek en sonder vergoeding afdank. Die Arbeidswet bepaal duidelik dat as jy steel word jy summier afgedank sonder vergoeding en tronk toe gestuur vir bedrog. Watter deel verstaan hulle nie.

botterblommetjie ·

Alida, Die DA kan ook net soveel doen as wat hul mag het. Tans is die spesifieke munisipaliteite ANC beheerd… So ek voel dat hulle ophou mense aanstel uit eie geledere en liewer oorsee mense inkry om ‘n ordentlike ondersoek te loots.. verkieslik uit Trump se geledere, want dit sal definitief dan onafhanklik en regverdig wees.. Ons eie mense is manupileerbaar of bang. Daar al meer politieke moorde en aanrandings; asook omkopery en afdreigings. Ek voel ook die wat letterlik verantwoordelik is moet dan voor die hof gedaag word en die skuld letterlik betaal sodat ander wat onskuldig is krag kan hê…

Jane ·

My probleem is hoe MAKLIK word (kom ons se nou maar blankes) afgedank en afgelê by organisasies en hoe lank neem dit om anderskleuriges af te lê of af te dank by ander organisasies. Ons eie (dronk) regter Motata is al TWEE jaar op spesiale verlof .. sou ‘n wit regter dieselfde voordeel ontvang? Hulle stoei nou al maande met Hlaudi wat nie net gelieg het op sy CV nie maar ook baie ander oortredings gepleeg het, as ek gelieg het op my CV is ek onmiddellik ontslaan by die maatskappy waar ek werk. As Munispaliteite agter raak met betalings of daar word ‘n ondersoek geloods na korrupsie en oorspandering by munisipaliteite en selfs in die parlement waar geld gemors word op luukse motors en onthaalkostes, word die ondersoek net GELOODS, die bevindings bekendgemaak en verder niks nie .. as jy weer hoor is dieselfde persoon wat verantwoordelik daarvoor was ‘n Minister of ‘n grootkop by ‘n ander organisasie, dit is hoekom BEDROG in die land NOOIT sal einde kry nie. Daar is geen gevolge vir die ANC connected lede nie.

Oupa ·

Hoekom afdank? Die kaders gaan net herontplooi word. Tronk toe! (as daar plek is)
Hulle het immers gesteel, want hulle moes die geld wat hulle van gebruikers ontvang het, lankal aan Eskom oorbetaal het.

wilma ·

Laat die skuldiges eers betaal en dan tronk tu. Dis wa hul hoort. Ini tjoekie

Ivana ·

As Eskom begin om alle munisipaliteite uit te skakel en direk aan die verbruiker verkoop sal sulke probleme nie bestaan nie. Dan sal die wat betaal se geld nie kan gebruik word om partytjies te hou en hulself vet bonuse en verhogings te gee nie.

Klaas ·

Nee, Vaalseun, jou inligting is nie reg nie. Ek het bykans 30 jaar se blootstelling aan munisipaliteite en daar was nooit so ‘n “wetlike” beperking nie, wel ‘n riglyn van tussen 30 en 35% van totale uitgawes. Die riglyn geld steeds. Ek het nog nooit in my blootstelling aan plaaslike munisipaliteite regoor SA ‘n munisipaliteit teëgeekom waar personeelvergoeding (insluitend die vergoeding van raadslede) so hoog soos 70% is nie. Kyk maar gerus na die OG se verslae as jy my nie glo nie. Verder ook net dit: Al het ons in feitlik al die munisipaliteite in SA uitvoerende raadslede bly die munisipale bestuurder ingevolge die Munisipale Stelselswet die rekenpligtige beampte en is dus verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die munisipaliteit. Dus: “the buck stops with the MM”!

Anoniem ·

Die oplossing is eintlik eenvoudig:

1. Oudit alle poste by die munisipaliteite, en dank alle werkers wat nie oor die nodige kwalifikasie beskik nie, of in poste aangestel is waar hulle nie ‘n ware bydrae tot die optimale funksionering van die munisipaliteit maak nie.

2. Dank summier die amptenare af wat versuim het om die geld wat ontvang is, oor te betaal an Eskom. (Kanse is dat hulle alreeds afgedank gaan word onder Punt 1 hierbo.)

3. Raak ontslae van die buitensporig duur motors wat deur die munisipaliteit betaal word. As die amptenaar sy werk behou na Punt 1 en 2 hierbo (wat is die kans?), vervang die duur motor met iets kleiners. Die geld wat loskom, word onmiddelik aangewend om die Eskom skuld te help afbetaal.

4. Betaal soveel moontlik van die Eskom skuld met die bestaande fondse.

5. Gaan betalingsooreenkoms aan vir die res van die uitstaande geld en hou STIP daarby.

6. Oudit die finansies. As daar geld gesteel is… (A) Dank die diewe summier af. (B) Vervolg die diewe strafregtelik. (C) Kry die geld terug by die diewe, en gebruik hierdie geld om die Eskom skuld af te betaal.

7. Sny summier die krag af na huishoudings of besighede wat die hul elektrisiteit betaal nie.

Drastic times call for drastic measures….

Mary ·

EK STEM IS REG HULLE DANK HULLE AF,MAAR NOU LEI DIE VERBRUIKER ONDER DIT,WIL GRAAG WEET WAAR IS DIE GELDE HEEN WAARMEE DIE KRAG BETAAL IS?DINK HULLE MOET DIE KLOMP VAN MUNISIPALITEITE SE SALARISSE ELKE MAAND VAT VIR DIE SKULD DALK KOM DIE PROBLEEM REG,HULLE HET DIE GELDE LAAT “VERDWYN” SO DAN MOET HULLE DIT MAAR BETAAL

Carlia ·

Hulle moet nie net afgedank word nie, maar daar moet eise teen hul ingestel word vir ongerief en skadevergoeding. Die blikskottels kom met moord weg in hul onbevoegdheid. Dit sal dalk beteken dat daar minder munisipale en provinsiale partytjies plaasvind. Daar is mos altyd tyd en geld daarvoor.

Dorp in Mpumalanga ·

Ons krag word die 23ste afgesit. 1000de huishoudings wat gaan swaarkry. Ek betaal getrou my rekening, maar omdat die burgmeester ‘n kar van R1.5 miljoen gekry het en ander amptenare korrup is met R200 000 salarisse per maand, word almal oor dieselfde kam geskeur. Hoekom kan ons nie vir Eskom direk betaal en die middelman uitsny nie? Mens se hande is afgekap. Hoop maar iemand begin strike en klippe gooi, dit werk gewoonlik.

Christo ·

Betaal alle fondse in trust rekening in en betaal eskom direk.Dank alle lede af en le beslag op hulle persoonlike en munisipale eiendom en verkoop op veiling.Daardie geld ook aan Eskom.
Stel daarna private instansie aan om dienste as besigheid te bedryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.