Eskom-skuld: Minister kom tot munisipaliteite se redding

Lynne Brown. Foto: Ntswe Mokoena/Flickr/GovernmentZA

Lynne Brown. Foto: Ntswe Mokoena/Flickr/GovernmentZA

Lynne Brown, die minister van openbare ondernemings, het Donderdag tot die redding gekom van munisipaliteite wat so diep in die skuld is by Eskom dat hul kragvoorsiening nou daagliks afgesny word.

“Om die kragvoorsiening te sny het nie net ʼn impak op individuele belastingbetalers en munisipaliteite nie, dit kan ook rampspoedige gevolge vir besighede en dus ook werksgeleenthede inhou,” het Brown gesê.

“ʼn Mens kan nie help om simpatie te hê met die mense wat hul elektrisiteitsrekeninge elke maand betaal, net sodat dit ingesuig kan word deur munisipaliteite met min inkomste en hulpbronne nie. Dit is ʼn saak van nasionale belang en ek hoop om dit dringend met die minister van finansies te bespreek,” het Brown gesê.

Brown het Eskom Donderdag opdrag gegee om munisipaliteite nog kans te gee tot die einde van die maand om van hul agterstallige skuld te betaal voordat die kragvoorsiener begin om die kragvoorsiening na hierdie munisipaliteite op geskeduleerde tye te onderbreek. Eskom probeer om op hierdie manier die R10,2 miljard wat munisipaliteite die kragvoorsiener skuld in te vorder.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het Donderdag gesê die kragvoorsiener sal tydelik eers ophou om die munisipaliteite se kragvoorsiening af te sny nadat hulle ʼn ooreenkoms met die departement van openbare ondernemings en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings bereik het.

“Ons gaan voldoen aan die minister se versoek. Van môre af [Vrydag] sal ons eers ophou om munisipaliteite se kragvoorsiening af te sny tot die einde van die maand,” het Phasiwe gesê.

In die afgelope vyf jaar het die agterstallige skuld van munisipaliteite in Noordwes, Vrystaat, die Noord-Kaap en Mpumalanga tien keer vermeerder en die verwagting is dat dit teen Maart 2017 meer as R12 miljard sal wees.

Brown het Donderdag munisipaliteite aangemoedig om so gou moontlik ʼn plan te maak om hul agterstallige skuld te betaal en het beklemtoon dat die invordering van skuld noodsaaklik is vir Eskom se volhoubaarheid.

“Intussen kan R10,2 miljard agterstallige skuld, wat al meer word, potensieel Eskom se uitstekende pogings om finansieel op ʼn goeie voet te kom, ondermyn. Dit is noodsaaklik vir alle munisipaliteite om voorafbetaalde elektrisiteit in te stel om ʼn kultuur van betaling te bou,” het Brown gesê.

“ʼn Gesonde Eskom kan nie net sy sosiale mandaat nakom deur elektrisiteit te verskaf en ander transformasiedoelwitte te bereik nie, hy dra ook by tot ʼn positiewe kredietgradering vir Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wouter ·

Prepaid gaan nie alleen die probleem oplos nie. Ons moet ons elektrieseteit direk by Eskom koop. Want ons geld gaan vir salarisse en allerhande onreëlmatige uitgawes soos wat ons elke dag lees.

moekie ·

ek kan dit nie verstaan nie ek betaal stiptelik my elek.rek. en is n sassa pensionaris al moet ek baie minder kos koop doen ek dit eerste.daar is absoluut geen maar geen iets lekkers in hierdie huis nie of in my yskas nie net die hele nodig diste in my kas, word nie uit-ge-eet nie,maar elek.rek kry 1st prioriteit,hoekom kan ander dit nie ook doen nie, anders moet die min. inkryp en help. komaan mnr Zuma tree asb.in jy is ons land se Minister.

wilma ·

Geld moet gesteel wees. Baie mense betaal hul rek. Die gulsiges aan di ontvangkant moet tronktu

callie ·

Die munsipaliteite se bestuurders is almal ANC lede. In Vryburg het die regering 29miljoen geskuld op krag wat hulle nie betaal nie. Hoekom sal die munsipaliteit dan vir Eskom betaal. Waarom gaan doen ouditeure nie n oudit en neem regsstappe teen hierdie bestuurders nie. Dit is totale wanbestuur van publieke fondse en in die privaat sektor word die hoof uitvoerende beampte gedagvaar in sy persoonlike hoedanigheid as hy dit doen. Totdat persone nie verantwoordelik gehou word vir hul dade nie sal niks verander nie. Hoekom is daar nie n organogram wat deur kenners op elke musipaliteit afgedwing word nie. Dit sal die aanstel van onnodige persone voorkom. Dit is geld wat skuld moet betaal wat aan kaders en vriende en familie gegee word vir niks doen.

Kobus ·

Callie…soos ons gesprekke amper daagliks….ek kon dit nie beter gestel het….vandag was n vrolike dag hier in Vryburg…GEEN BEURTKRAG OM DAG TE BEGIN

Anoniem ·

Ek hou baie van jou idee van standaard organogram. Dit maak sin.

Maria Van Dieweeck ·

Maar Lynne waar is die geld heen? UITGEMORS! Wat gaan jy daaraan doen?

Johann Marx ·

Geen munisipale bestuurder sal verantwoordelikheid neem of hom aan hierdie probleem steur nie. Hulle weet NET voor die krag afgesny word, sal die Minister ingryp, en die uitstaande Eskom rekening betaal met die munisipale rekeningbetalers se belasting!! Hoe gouer Juliass prez word, hoe beter…..want dan’s “Everything For Free”!!

Wouter ·

Gaan terug na die ou Stelsel van Stadsklerk en afdelings hoofde met vasgestelde salarisse Weg met bestuurders en direkteure wat groot pakkette kry Dan sal al die kleiner munisipaliteite weer finansieel groei

Scalla ·

Minister, om die krag vir sekere tye af te sit gaan nie geld in eskom se rekening inbring nie, skroef die munisipale bestuur op, verkoop van hul bates, raak onstlae van die onbevoegde aanstellings, gee die werk vir kundiges met n ekonomiese gemiddelde salaris, daar is hordes wat sal toustaan. Kan dit so moelik wees?

snoefie ·

ek het dit al tot vervelens gesê maar herhaal weer. dis omdat munisipaliteite huise, lopende water, munisipaledienste, teerpaaie en nou ondanks hulle bangkrotskap tersiëre beurse uitdeel asof dit chappies is, dat hulle nie skuld kan betaal nie. min Brown voorafbetaalde elektrisiteit gaan nie n kultuur van betaling bou nie. dit gaan nuwe “brugging” metodes te voorskyn bring. dis tyd om duidelik te maak dat baksteenhuise, lopende water, elektrisiteit, duamant ringe, tersiëre opleiding, tuisteaterstelsels, teerstrate en KINDERS luukses is wat jy net kan kry as jy dit kan bekostig. hou op toesmeer min Brown en Kie vertel mense reguit wat goed kos en hoeveel hulle per maand, elke maand daarvoor moet betaal.

kleindup ·

Een vraag aan min Brown, Gaan hierdie geld deur die persone wat dit gesteel het terug betaal word of gaan ons belastingbetaler die geld moet terug betaal ????

Frans C ·

Nog nooit was ‘n spreekwoord soos ‘een vrot appel steek al die ander aan’ soos by die saamgevoegde munisipaliteite,die werklikheid nie..
Stadstesouries van stadsrade soos Benoni en Springs sou slaaplose nagte hê as hul slegte skuld van R20 000 aan hul rade moes verduidelik.

Vandag is die stadsrade saamgegooi in ‘n Metropool wat bekend is as die Ekurhuleni Metropool.Ekurhuleni is ‘n Tsonga woord -wat ironies beteken ‘huis van vrede’.

Om in hierdie ;huis van vrede’ die vrede te bewaar maak die Metropool voorsiening vir slegte skulde ter waarde van meer as (sit en moenie omval nie) van R2.2 biljoen Rand,vir 2015 finansiële jaar teenoor R1.3 biljoen vir 2014.

Natuurlik word dit gebruik want in 2012 het die Metropool meer as R2.2 biljoen afgeskryf aan slegte skuld.Die woord ‘debt impairment’ is maar ‘n verdoeseling van die waarheid, want dit is maar dieselfde om vir iemand te vertel dat hy nie langer, ‘n 2de of 3de
handse voertuig aangekoop het nie , maar wel ‘n ‘pre-owned vehicle’ .

Dit is natuurlik makliker om ander te vertel van jou ‘pre-owned vehicle’ wat bykans so goed as nuut is as om te sê dat jy net ‘n tweede handse motor kon bekostig.
Hierdie voorsiening vir slegte skulde staan nou bekend as debt impairment.

En wie is aan die roer van sake? wel ‘n groot deel kom van die vorige ‘vrot appels’ af aangevul deur Comrades want ‘wiens brood men eet wiens woord men spreekt’.

Frans C ·

As jy in Ekurhuleni wil kom woon en ‘n blanke belastingbetalers is,maar seker al verskyn jou salaris eers op die eerste dag van die volgende maand op jou bankrekening,maak seker
dat jy jou rekening voor die afsnydatum betaal, om ‘n ‘fanal notice fee van so’n R100 vry te spring.

Hierdie Metropool se stelsel is so verouderd dat nie voldoen aan hul vereistes wat agter op hul rekening gedruk is dat elektroniese betalings via banke of ander derde party stelsels 7 dae voor die betaaldag inbetaal is. Dit beteken dus dat as jou betaaldatum die 4de is jy eintlik drie werksdae voor die eiende van die maand die rekening moet vereffen as dit via ‘n bank of sê ‘n Pick and Paystelsel gaan.

Nou trap die mense ook nog klei want die Ekurhulenibetaalsel by bv Pick ‘n Pay is stelsel wat deur Ekurhuleni daar geinstalleer is en wat betalings direk op jou rekening moet aanteken, alvogens die bestuurder van die plaaslike Pick ‘n Pay-tak.

Maar dat die stelsel nie werk is duidelik wat betalings gemaak op die 2de verskyn by baie geleenthede is op die 16de op die volgende staat. Doen jy navraag is daar talle verskonings.

Louis Prinsloo ·

Kyk op youtube – Replacement energy Global BEM. Eskom help geweldig baie maar sien ook ‘n gevaar wat stadig nader kruip

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.