Eskom-skuld: ‘Plaas munisipaliteite onder administrasie’

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die burgerlike organisasie Sanco het ʼn beroep op die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) gedoen om die munisipaliteite wat versuim het om hul Eskom-skuld te betaal onder finansiële administrasie te plaas.

Jabu Mahlangu, woordvoerder van Sanco, het gesê ingryping deur Cogta en die nasionale tesourie kan die plan om gereelde kragtoevoer na hierdie munisipaliteite af te sny voorkom, wat die negatiewe impak op huishoudings en produktiwiteit van sakeondernemings sal verminder.

Mahlangu het sy teleurstelling uitgespreek met die munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes, Mpumalanga en die Noord-Kaap wat Eskom saam meer as R10,2 miljard skuld.

Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag die burgerregte-organisasie AfriForum se aansoek om te verhoed dat die krag na hierdie munisipaliteite afgesny word, van die hand gewys. Eskom het oor die Kersseisoen sy planne aangekondig om kragtoevoer na inwoners van verskeie munisipaliteite af te sny omdat die munisipaliteite versuim het om geld, wat vir elektrisiteitsverskaffing van inwoners ingevorder is, aan Eskom oor te betaal.

Mahlangu het gesê gemeenskappe en sakeondernemings moet nie geviktimiseer word of ly onder beweerde wanadministrasie of die versuim van munisipaliteite om hul finansiële verpligtinge na te kom nie. Goeie finansiële bestuur is noodsaaklik vir munisipaliteite om ʼn kwaliteit diens te lewer, het hy gesê.

“Eskom moet effektiewe skuldinvordering handhaaf en ʼn vroeër waarskuwingstelsel in werking hê om seker te maak skuldvlakke word op ʼn minimum gehou,” het Mahlangu gesê.

Volgens Eskom het sy skuldlas die afgelope vyf jaar tien keer meer geword met die skuldvooruitsig vir Maart 2017 wat na raming op meer as R12 miljard sal staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jan maak n plan ·

Nee dit sal nie werk nie. Ek bly self in een van die munisipaliteite wat Escom geld skuld. Escom moet eerder die krag direk aan die publiek verkoop en sommer dan ook alle instand houding oorneem.

Koos1 ·

Jan. Ek stem saam met jou. My hoof rede is dat die ANC met so ‘n stap indirek sal erken dat hulle nie suksesvol die rade bestuur het nie. Dan is dit nie ‘n goeie storie om te vertel nie.

Rin de Wet ·

O, toemaar,ek (en ek is doodseker n paar ander ook) is besig om eiehandig daardie bedrag af te betaal. Geen soebat of pleit help om n skielike sprong laas jaar van R1:5k – R2k per maand addisioneel op my rekening te regverdig nie. Daar is eenvoudig nie werkvaardige personeel om gewone ordentlike ondersoek in te stel nie.
En….. As ék nie my enorme rekening betyds betaal nie, word my krag ONMIDDELIK afgesny. Sg equity is sekerlik op almal van toepassing….Verskil is, ek gaan nie toi toi en die munisipaliteit afbrand nie en hulle weet dit.

jaco ·

Eskom is n instansie waarin die Staat, wat deur die ANC beheer word, die meerderheidsaandeel het. En die betrokke munisipaliteite wat nie vir Eskom betaal nie, word almal deur die ANC beheer. Nou wil Eskom hulle krag afsnsy. So eintlik wil die ANC nou die ANC se krag afsny. Iets maak nie sin nie. Of is ek dom? Mis ek iets?

Jordaan ·

En niemand word verantwoordelik gehou vir die swak bestuur en diefstal van dienstegeld nie

Ahooy ·

Wanneer word iets gesê van die verantwoordelike amtenare tot verantwoording roep!!!!
Lekker vet salarisse verdien en nie hulle werk gedoen!!! Hierdie goed sal nooit ophou as amptenare nie verantwoordelik gehouword nie. WAT het met die geld gebeur wat wel betaal is???

callie ·

Hier in Vryburg is ons die eerste munsipaliteit wat prepaid kragbokse buite teen die lamppale gekry het. Dit was glo om bedrog waar mense met hul meters peuter te voorkom. Nou is ons nog steeds net so diep in die skuld. Die bestuur van die musipaliteit met toegesluit word vir bedrog. Van dag een af het ons gewaarsku die meters gaan niks verander nie. Die munsipaliteit beweer daar word nou baie meer geld ingevorder. Hoekom word die skuld aan Eskom dan meer. Die bestuur het nou meer geld wat hulle kan steel. Terloops, weer net sekere dele het die meters gekry.

Kobus ·

Dagse Callie….Soos ons gesprek van n tyd gelede…stem ek met jou saam…toe Collridge hul oranje bokse moes kry…soos dit in die sogenaamde ” wit” woonbuurt die val was…toe word daar getoi toi vir n vale….en summier word daar geen boks geinstalleer in daardie woonbuurt….Huhudi kry sy krag direk van Eskom as ek reg is…nou sal hul krag ook gesny word of nie…want hul resorteer mos ook onder Vryburg as Naledi…

John ·

Dit is duidelik dat munisipaliteits sekere kliente bevoordeel. Hulle betaal nie hul rekeninge nie, maar die grootste rede is dalk dat van die geld, wat groot bedrae beloop, verduister word; dit word ge-in maar verdwyn in die niet. Daar word immer gehoop dat die regering die skuld, want ons is mos kaders, sal afskryf om stemme te behou. Sekere adresse in stede en dorpe betaal reeds minder vir koopkrag. Om die res, wat wel hul rekeninge betaal, te wil straf deur hul rekeninge verder te belas, is nie net sonde nie, maar destruktief. En hulle wil atoomkragstasies oprig vir groot uitvoere na Afrika. Hoe gaan Eskom verseker daardie sukkelspul betaal hul rekeninge terwyl almal spaar vir ‘n plek met ‘n mooi uitsig op ‘n rubberbootjie na kammaland?

JP ·

Ek verstaan nie dat Eskom nie konsekwent kan wees met hoe hy agterstalligge skuld hanteer nie. Middel 1990’s het Soweto meer as ‘n Biljoen geskuld en dit is afgeskryf en ‘n paar jaar later weer en weer en onlangs weer. Skruf die munisipaliteite se skuld af, die mense het in elk geval betaal en behandel almal dieselfde.

skande ·

daar is dorpe wasr krag gratis aan sekere gemeenskappe gelewer word. ry op n bewolkte dag deur Sabie Mp en jy sien feitlik elke huis in Simili se buitelug brand. due spreiligte in die bedersetting brand. wat duidelik se die inwo ERS betaal nie daarvoor nie. ext 5 in Graskop Mp het drie wit Chinese huise gekry en vie twee jaar geen krag gekoop nie terwyl daar we’ll voorafbetaalde kragbokse in elke huis was. tot datum betaal die mense nie vir water of munisipaledienste nie. hoekom moet hulle gebirg word? jy kan n huis houding bekistig en alles self betaal of jy bly daar sonder.

Bruno Stef ·

Daar is twee alternatiewe wat aangewend kan word .No1 Escom kan soos in Soweto se geval in die vroeg 1993 beslag le op die munisipaliteit se elektriese infrastruktuur wat in sommige gevalle miljoene beloop en die onderhoud en verspreiding self doen en alle verbruikers dan direk aan Escom hulle rekeninge betaal. No2 Gelde kan by n plaaslike prokureer inbetaal word in Munisipale verspreidings gebiede wat dan opsy beurt moet toesien dat Escom se betalings eerste geskied asook daarna ander dienste MAW moet nie die hantering van geld vir dienste in die munisipale onbevoegdes se hande laat nie.

Henk ·

Ek vra steeds – waarom maak die dorpe se inwoners nie strafregtelike klagtes van Bedrog en korrupsie oop teen die betrokke munisipaliteite nie? Geld word van hulle gevorder onder die voorwendsel dat dit vir elektrisiteit en water verbruik is. Die wanindruk word geskep dat Eskom se deel aan hulle oorbetaal word en dit terwyl die vet staatsamptenare nuwe moters en groter bonusse opeis.

Jan maak n plan ·

Henk, jou plan sal gewerk het indien die personeel op de raad hulle eie regs kostes moes dra maar hulle betaal nie n sent nie en die publiek het nie geld om n saak te kan maak nie. Ek dink dis tyd dat ons maar ook klippe gooi en aan die brand begin steek.

Alida ·

Eskom moet ‘n reel maak dat alle inwoners van die betrokke dorpe hulle krag direk aan hulle betaal en nie aan die Munisipaliteit nie. Eskom kan dan kantore opsit in elke dorp, mense wat bevoeg is en sekerheidsklarings gedoen het aanstel om die administrasie te behartig en die meters te lees. Dit is tog werkskepping. Dagvaar dan die betrokke munisipaliteit vir die uitstaande geld. Ek weet ook tog nie. Het iemand ‘n beter plan.

John ·

Inwoners van swart woongebiede betaal ook nie vir water nie en skuldinvorderaars of munisipale amptenare is te bang om in die gebiede te gaan werk. Die inwoners weet dit en lag daaroor. Die amptenare vervolg dan maar eerder die witmense soos klokslag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.