Eskom sleep Trillian wéér hof toe oor R600 miljoen

(Argieffoto)

Eskom het met regstappe teen die konsultasiemaatskappy Trillian begin om R600 miljoen by die maatskappy te probeer herwin. Die appèlhof het vroeër in Eskom se guns beslis en die deur vir die likwidasieproses geopen.

Eskom het die hof gevra vir toestemming om met ʼn likwidasieproses by Trillian te begin nadat die maatskappy versuim het om die R600 miljoen, wat die sukkelende kragvoorsiener in 2016 onreëlmatig aan die maatskappy betaal het, terug te betaal.

Die appèlhof het verlede maand Trillian Management Consulting en Trillian Capital Partners se aansoek om teen ʼn hooggeregshofbeslissing oor die likwidasie te appelleer, van die hand gewys.

Die R600 miljoen wat Eskom probeer herwin is deel van ʼn groter bedrag van R1,6 miljard wat die kragvoorsiener aan McKinsey, ʼn konsultasiemaatskappy, betaal het. McKinsey het die werk op sy beurt aan Trillian uitgekontrakteer.

Die hooggeregshof het Trillian Capital, wat verbind word met die omstrede Gupta-familie, verlede jaar beveel om ál die geld wat hy tussen Augustus 2016 en Februarie 2017 van Eskom ontvang het, terug te gee. Daar was geen geldige kontrakte in dié tyd nie en in sommige gevalle is geen werk gedoen nie.

Dit is nie gedoen nie en die versuim het nou tot verdere regstappe gelei.

“Eskom het ʼn morele en wetlike plig om alles moontlik te doen om die geld te herwin wat onreëlmatig tydens die hoogtepunt van staatskaping uitbetaal is,” het André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, Donderdag gesê.

De Ruyter het gesê die saak teen Trillian is net een van verskeie waarmee Eskom geld probeer herwin wat aan Suid-Afrikaners verskuldig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jacobus ·

Snaaks hoe maklik die ontvanger ‘n paar Rand uit my kan wurg en hoe maklik daar deur gekonnekteerde entiteite die regstelsel omseil kan word – hoe groter die bedrag hoe makliker. Nog ‘n voorbeeld is die EFF se “CIC” vir ‘n skamele R 16 miljoen.

koos10 ·

En waar is die ouers en vrouens wat die mal bedrae oor betaal het?

Nie Verbaas ·

En wie het die betaling aan Trillian goedgekeur? Waar en wie is die persoon?

J ·

Die uitstaande R18 biljoen elektrisiteitsfooie van Soweto wanbetalers moet verhaal word. …. van die gebruikers … maar ook van die ANC Kaders wat NAGELAAT het om die geld in te vorder sedert 1994.

Die R18 triljoen kan gesien word as OMKOOPGELD wat die ANC betaal het vir Soweto se stem in die verkiesings … waaruit ál die ANC amptenare FINANSIËLE VOORDELE ontvang het i.t.v. uitspattige salarisse.

Hulle (ANC) het m.a.w. voordeel getrek uit MISDAAD (weerhouding / wanbetaling van dienstegeld).

Vat hulle hof toe, Andre (ESKOM), VF+, DA, Solidariteit, OUTA, Afrforum !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.