Eskom spring van fase 2 na 3

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Eskom het ʼn kort rukkie gelede aangekondig dat fase 3-beurtkrag (in plaas van fase 2) Dinsdag om 16:00 ingestel en oornag geïmplementeer sal moet word.

Soos sake nou staan sal fase 3 van vanmiddag om 16:00 tot Woensdag om 05:00 geld, gevolg deur fase 2 tot Woensdag om 16:00.

“Hierdie afwisselende patroon van fase 2-beurtkrag van 05:00 tot 16:00 en fase 3 van 16:00 tot 05:00 sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.”

Eskom sê die skielike verandering van beurtkragfase is nodig nadat drie opwekkingseenhede die gees gegee het. Die nasionale kragvoorsiener beleef boonop ʼn vertraging in die terugkeer na diens van drie ander opwekkingseenhede.

Altesaam 15 611 MW in opwekkingseenhede is tans weens onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl 5 487 MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

ʼn Totaal van 2 190 MW se opwekkingsvermoë sal na verwagting teen Donderdag weer in diens wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ore ·

Wie het nou weer verlede jaar en onglangs op nasionale TV gesê beurtkrag is verby? Lekker lag ek nou.

Andre ·

…wie glo nog die spul?
Daar is net genoeg ligte aan, vir hulle om klaar te pak.

Anel ·

Ons ken mos nou al vir Eksdom. Kan nie by hul woord hou nie. Nou is dit fase 3 en voor ons ons oë uitvee is ons op vase 8 tot 10. Of hulle probeer die mense paai so voor die verkiesing en dan, dan is dit nag. Eskom nie te vertrou nie!!!!

Daniel ·

So ploeter hulle al rond vir 17 jaar, een verskoning op die ander.
Ek stel nie belang in die redes vir die verhoging van die fase, wat sal dit verander aan die situasie.

Marous ·

Dit sal regkom waneer hierdie spul onbevoegde korrutes almal die gees gee.

JohanR ·

Eskom spring van fase 3 na fase 13 en dan is alles permanent donker. Sal moet weer begin lewe soos die Voortrekkers. Ek hou van braai soe ‘n vuurtjie elke aand, die geseligheid en ‘n kitaar of twee sal lekker wees. Lanklaas in een van daai sink baddens gewas. Nog iets lekker veral as vroulief ook in is.

snippie60 ·

Aitsa, maar ek trap deesdae vreeslik op sensitiewe tone, want elke keer as ek kommentaar lewer op iets word dit uitgevee? Is dit dan SO sensitief om ‘n opmerking te maak oor die Afrikaanse gesegde wanneer iets of iemand die gees gee? Ai tog…..

Hendrik ·

Ek is seker die gelukkigste persoon in RSA. Geen beurtkrag by die huis, werk of kerk.

capie ·

Sodra die beurtkrag fase verlaag word. hou ek my asem op. Hier kom groot …..

domheks ·

LIEGBEK, LIEGBEK, nou wil hulle voor die verkiesing kastig goed vertoon, maar dit is onmoontlik om ‘n dooie perd weer te laat hardloop.
Mense, kry vir julle sonkrag!

domheks ·

@Sinppie – jy is nie die enigste een nie. MM is maar baie preuts!

Wendy ·

Domheks almal het nie die fondse v sonkrag nie – wat my die josie in maak is dat hulle di kragtariewe opsit en almal bly net stil en betaal maar – di SuidAfrikaner kan maar net nie saamstaan nie.

Jeanette ·

Ja Wendy ek stem saam. Ons Afrikaner volk kan nie saam staan nie, Almal aanvaar alles maar net gelate en dink ag wat more sal dit beter gaan. Glo my, luister gerus van Wynand Du Toit se praatjies op you tube dinge lyk veel slegter as wat ons almal dink. Die einde van SA is baie baie naby wees voorbereid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.