Eskom staak kragonderbrekings by dié munisipaliteit

Argieffoto

Eskom het kragonderbrekings by die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga gestaak nadat daar ʼn afbetalingsooreenkoms met die munisipaliteit aangegaan is.

Dit kom nadat Eskom op 9 Oktober kragtoevoer begin onderbreek het weens die munisipaliteit se agterstallige rekening. Die areas wat beïnvloed is sluit in Secunda, Embalenhle, Bethal en Emzinoni . Dié munisipaliteit was meer as R500 miljoen agterstallig.

“ʼn Ooreenkoms is vanoggend  bereik. Ek gaan nie sê hoeveel hulle vandag betaal het nie, maar dit is ʼn wesenlike bedrag. Wat nou moet gebeur is ons moet met hulle vergader om ooreen te kom hoeveel hulle elke maand gaan betaal,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê.

Phasiwe het bygevoeg dat Eskom vandag van 17:00 af die onderbrekings sal beëindig. Hy het ook gesê as die munisipaliteit nie by die ooreenkoms hou nie, sal Eskom verplig wees om die onderbrekings weer sonder kennisgewing te implementeer.

“Ons is sensitief vir die uitwerking wat dit op die ekonomie, plaaslike sakelui en die breër publiek gaan hê. Ons het dus die opbou tot hierdie drastiese stappe eers met belanghebbendes en die media bespreek. Ons verstaan ook die invloed wat dit op die publiek gaan hê en daarom fokus ons daarop om onderbrekings in te stel eerder as om die elektrisiteit heeltemal af te sny,” het Phasiwe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Mkhondo-munisipaliteit in Mpumalanga het ʼn reëling met Eskom getref en daarom is dié munisipaliteit se elektrisiteit ook nie afgesny nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rudi ·

Die munisipaliteit het R50 mil afbetaal en ooreenkoms aangegaan vir die res maar eers na honderde miljoen se skade nadat die munisipalekantore en ander bates vanoggend afgebrand is. Privaat instansies het ook miljoene rand se skade gely. Hoekom nou eers betaal Govan Mbeki ? Julle het die geld gehad want ons het vir ons elektrisiteit by julle betaal en julle het nie die oorbetalings aan Eskom gedoen nie . . . . . .Julle is te laat !

marous ·

Waarom kan daar nie ‘n belasting / heffing betaler staking uitgeroep word nie? Breek die spul en kry klaar.

Stem ·

Ek is so bly daar is een in SA wat met my saamstem. Vat die spul hof toe en kry klaar.

Lance ·

Rudi die hartseerste is wat die familie vir my sê waar julle bly word Evander en Kinross nie geraak deur die beurtkrag nie omrede die burgermeester in Kinross bly.Ek mag verkeerd wees maar sterkte aan julle eerlike betalers.

Neilia ·

Ja Evander het prepaid , een simpel mens het besluit dis oor mense wat in Evander bly dat die krag nie af gesit is . M.a.w Burgemeester . Ja miljoene rande se skade is aangerig maar mense het moeg geraak. Ek sou presies dieselfde gedoen het. Julle is nie afhanklik van publieke vervoer . Weet julle hoe laat die mense saans na hulle ,julle huise en tuine versorg het by die huis aankom ? Dan nog die kans km verkrag , beroof of vermoor te word te vermeerder in die donker, die mense het olgestaan teen die wat hulle besteel. Meer as wat ek kan se van die wat heeltyd net gekla het en plannetjies gehad het. Hulle het in 2 dae vermag wat daai kom ons teken n petisiekie nie in n week kon reg kry. So as ek hulle was sou ek vir Emba mense dankie gaan se !

Neilia ·

Neilia, ALMAL het ‘n kans om verkrag, beroof, en vermoor te word in die land van ons, nie net die wat in informele nedersettings bly nie. En ek hoor wat jy sê van hul wat nou ander se huise skoonmaak ens., maar aan die ander kant, hoekom maak hul mense se huise skoon? Die meerderheid kinders van vandag, word nie meer geleer om hard te werk vir wat hul in die lewe wil hê nie, dis nou “vat wat aan ander behoort omdat ekself te lui is”. As jy huise skoonmaak, maak plan en bevorder jouself. Ja jy is moeg as jy by die huis kom, maar waar ‘n wil is, is ‘n weg. Ek ken ‘n meisie wat DRIE werke gehad het ‘n dag, en nog studeer het. Vandag sit sy met ‘n Doktorsgraad! Ek weet party het meer hulp nodig as ander, maar die regering moet ophou geld gee, en begin om mense ‘skills’ aan te leer.

G ·

Jammer Neilia, ek het jou naam by opskrif ingetik. Baby brains vandag :-)

Poppie ·

Ja altyd municipality wat van di wat so krag steel?? Geen wonder die krag syfers en municipality se syfers stem ni oor een !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.