Eskom: ‘Staatskaping-verslag nie feite’

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Ben Ngubane, voorsitter van die Eskom-raad, het Vrydag gesê Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, se bevindinge rakende Brian Molefe, hoof van Eskom, is nie op feite gegrond nie.

Ngubane het verwys na Madonsela se waarneming rakende “twyfelagtige transaksies” met betrekking tot Molefe en Tegeta, ʼn Gupta-maatskappy. “Die transaksies wat aangegaan is, was heeltemal kommersieel. Eskom betwis die OB se verslag aangesien dit nie op feite gegrond is nie.”

Volgens Ngubane het Madonsela niemand van Eskom ondervra tydens haar ondersoek nie. Madonsela het in haar verslag bevind ʼn voorafbetaling van ʼn paar honderd miljoen rand deur Eskom aan Tegeta Resources & Energy vir ʼn tender om steenkool aan die Arnot-kragstasie te verskaf is glo gebruik om die Optimum-steenkoolmyn by Glencore te koop. Madonsela het bevind die transaksie was moontlik korrup, onwettig en kom op vrugtelose en verkwistende uitgawes neer.

Madonsela het ook bevind dat Molefe en Ajay Gupta ʼn “gemaklike verhouding” het en verskeie kere in verbinding met mekaar was. Sy het onder meer bevind dat Molefe en Ajay Gupta mekaar tussen Augustus 2015 en Maart vanjaar 58 keer gebel het. Molefe was ook tussen 5 Augustus en 17 November verlede jaar vyf keer in die Saxonwold-omgewing.

Madonsela het daarop gewys dat Ajay Gupta verlede jaar in ʼn onderhoud met haar beweer het Molefe is sy “goeie vriend” en dat hy dikwels by die familie se herehuis in Saxonwold kuier.

Molefe het Donderdag huilerig ontken dat hy ooit by die herehuis in Saxonwold was. Hy het beweer hy kuier gereeld by ʼn sjebeen in die gebied.
Madonsela het ook bevind die Eskom-raad is onbehoorlik aangestel.

Ngubane en Molefe het egter albei ontken dat hulle iets verkeerds gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Elna ·

Nie regtig feite nodig. Eskom se rekord spreek vir dit self. Kyk die gemors waarin dit is.

Johann ·

Hahahahaaha. Geweet dit gaan n warmplaat dansery afgee maar rerig? N SHEBEEN? Watter een? In SAXONWORLD? NOOIT gedink hy of een van die ZUMAIKIES sal iets erken nie; maar “huilerig”…n CEO? Was aekwr eers by die SHEBEEN!!!!! Maar ja: Thuli self erken syt te sagte woorde en terme gebruik…nou te laat. Hier kom weer hofgedinge en appelle en ja maar en en en…

JM ·

Lol janee ‘n eerlike vrou se verslag is nie gebaseer op feite nie maar julle strooi-pratery is? Dis belaglik man, sy het haarself oor en oor as ‘n betroubare persoon bewys, en julle nie, so ons glo regtig nie dat die verslag nie op feite gebaseer is nie, sy was ‘n baie deeglike vrou. Julle is in die hoek, nou maak julle ander leuenaars. Die wereld lag vir julle!

lynette ·

Ag toe, ne? Nadat Ajay erken het sy goeie vriend kuier gereeld by hom, moet ons nou glo die Hoof van Eskom kuier in n sjebeen???? Wanneer besef die spul dat ons nie soos meeste van die land niks tussen die ore het nie en vir onsself kan dink. Ons glo nie soos kindertjies alles wat hulle opdis nie!!!!!

lettie ·

Lol. Benoude katte maak benoude spronge. Mnr Molefe kry n baie groot salaris waarom is dit vir hom nodig om n shebeen in saxonworld te besoek.?Bly hy in saxonworld dat die shebeen net n klipgooi van hom af is? Daar is deesdae om elke hoek en draai n drinkplek as hy dan lus is vir n dop.!!! Eish mama!

Will i am ·

Met al daai trane kan hy dalk vir ons hydro krag opwek. Ek dink hy huil want sy vrou gaan nou sy krag afsit

Topster ·

Molefe lieg vir homself en hy glo dit ook nog hy sal nie in n shebeen sit nie die menere drink net Johnny Walker black en blue label nie mapafan nie

John ·

Die Grosvenor was ‘n Britse skip van Indiese afkoms, vol Britse setlaars wat in die 18de eeu aan ons ooskus op die rotse geloop het nadat die kaptein hom met die afstand na die land misgis het en veldbrande op die hoogtes met noorderligte verwar het. Die klompie drenkelinge is nie vriendelik ontvang deur die inboorlinge nie. Waardevolle muntstukke is later deur strandlopers gevind. Sommer net vir interessantheid, die finanshoof van Eskom is ‘n Indier, mnr Grosvenor. Ons hoop nie ons kragverskaffer verwar veldbrande met die ligte laaie wat kan volg op dwase besluite vir haastige aanlandings met atoomkragstasies op ons kuslyn nie. Geen muntstukke die’ keer nie…

TM ·

Hy praat seker van een agter in sy tuin vir ekstra sakgeld. Sny seker gereeld gras sodat hy in die “tuinhuisie” kan ingaan.

wat nou ·

Die tyd is nou reg om die kernkrag tender dinge ook te laat ondersoek. Ek is seker daar kan ook nog n paar name . Hoekom hou die regering dit so agter n toe deur . Dit laat my wonder want nie een van klomp in die anc tegering het kennis vam kernkrag aanlegte wat nog van hoe kernkrag ontwikkel word.

Lance ·

Ja ja dis nooit julle nie en dis altyd iemand anders …ons weet almal Thuli is n vrou met integriteit en kan maar staan vir president as julle spul skurke wat om zuma vergader soos vliee.

Koos1 ·

Volgens die PMFA en my kennis mag vooruit betalings net in uiterste gevalle en met baie streng bepalings gedoen word. Eskom, om julle onskuld te bewys, voorsien asseblief al die aankoop en tender dokumente aan die publiek, dan sal ons mos nou weet wie praat die waarheid. Thuli se karater is onkreukbaar, so ek is geneig om haar weergawe te glo, so ek daag julle nou uit om haar verkeerd te bewys.
O ja, nog iets, nuus konverensies en trane word baie moeilik geglo, bewyse sou baie beter gewees het. Het julle niks geleer van die dosyne media verklrings die afgelope tyd nie? Van Zuma tot Shaun reik verklarings uit en hou pers koverensies, maar niemand bring bewyse saam na die tafel toe nie, en daai laat my baie dink!
Eskom, as julle droog gemaak het, aanvaar dit, vra verskoning en gaan aan asseblief!

jo jo ·

En toe raak hy dors en ook lus vir n samosa. Die groot manne koop nie self hulle drank nie. Hulle word voorsien van drank vir gunsies wat hulle doen.

Nefie ·

Carte Blanche het al ‘n ruk oor daai voorafbetaling ‘n program gehad, en Eskom het nie geweet wat om te sê nie.
Waar sal ‘n korrupte politikus nou ooit iets sê soos: “Ja, dit was ek. Die transaksie is korrup.” Natuurlik gaan hulle alles ontken.

Sê maar net ·

Volgens Madomsela se verslag moet hoofregter Motsneng die paneel saamstel wat sekere punte – oa Eskom – in haar verslag verder moet ondersoek. Dit moet befonds word deur die tesourie. Tydraamwerk gegee.
Sal dit nie n BAIE goeie idee wees as regter Motseneng vir Adv. Madomsella vra om op die paneel te dien nie. Ek glo sy is fie beste persoon om dit vetder te vat. Dan kan Mnr Molefe mos die feite deurgee wat hy en die voorsitter van Eskom nou nie kon doen nie.
Ek glo sy sal daarvoor te vinde wees.

Zoro ·

So die ‘deals ‘ word in die shebeens gemaak terwyl hulle ‘dronk’ is en arme nugter publiek moet opdok vir die dronk verdriet deals shame on you

Thinus ·

Dommer kry mens nie. As jy wil lieg , moet jy seker maak jou lieg storie is ‘na aan die werklikheid’.
Mnr Molefe: Saxonworld is die 2de duurste voorstad in Johannesburg. Jy gaan baie ver moet soek om ‘n sjebeen daar te kry of jy weet nie hoe jou GPS werk nie!

Shrek ·

Brian jy’s geworry oor jou kinders wat in die skool sal gekoggel word oor joy sondes, huil eerder oor die miljoene kinders wat nie electricity in hulle huise her nie. Jy tjank met die witbrood onder jou arms

popeye ·

Brian, Brian…dis ‘n slaapstorie geskryf deur J.K. Rowling, ontspan boet, moenie jou kinders vertel jy was betrokke by korrupsie nie, :WANT JY SIEN DIT NIE AL BYT DIT JOU! Helooo, Gutentag, Howzit, Domo,

marie visser ·

Onse hoofregter het nou die hand om die kaarte te deel, hoop hy stel ons geliefde Thuli Mandonsela aan om die saak verder te ondersoek.

John ·

Eintlik is daar glo reeds ‘n kommissie van ondersoek aangestel wat dag en nag sit in kamer 405 voor hoofregters G, G & G en Z. Getuies verskyn dag en nag wat almal die vorige OB se verslag in vlamme laat opgaan. Die woedevuur brand hoog en petrol word kort-kort deur die diepdenkende ANC-jeugliga bygeroer vir ‘n teatrale effek. Daar staan ook na bewering ‘n groot goue kom iewers vol borrelende sjampanje vir die was van hande, voete, geheues ens. Die nuwe ‘waarheid’ is ook glo in daaglikse uitgawes vervat en op straathoeke en elders te koop vir die goedgelowiges van die nuwe era bog. PokerFaceTruth is glo ‘n nuwe tv-speletjie op die mark.

Ekke ·

Mense, dit sal gaaf wees as julle eers jul kommentaar deurlees en korrigeer, voordat dit geplaas word. Dit is erg irriterend om ‘n kommentaar te lees wat deurspek is met taal- en tikfoute! EN, dit is Saxonwold, NIE SaxonwoRld nie.

sarie van heerden ·

Die Guptaspan is ‘n slim en uitgeslape span wat hul geleentheid aangegryp het om geld in te palm toe hul sien die land het ‘n dom en ongeletterde geldhonger president sonder enige morele waardes. Hulle het hom soos ‘n spinnekop ingetrek in hul web, miljoene aan hom uitgedeel om sy skuld te delg en sy vroue en kinders te onderhou (seker nog hier en daar ‘n ander “dingetjie”) en terselfdertyd vir hul ‘n veilige hawe in Dubai te bewerkstellig en wanneer die pawpaw regtig die fan strike is dit waarheen hul sal uitwyk. Zuma sal seker sy heil gaan soek by sy tjommie ou Robbie van Zim. Wat ‘n korrupte spul waarin ons beland het.

sarie van heerden ·

Molefe is bang sy kinders word bespot omdat hul pa ‘n oneerlike man was maar dan lieg hy so dat niemand hom kan glo nie en maak verder sy naam karater om voor die hele land op die televisieskerm te staan en tjank! Het hy nou in sy domheid geglo mense sal sy storie oor die shebeen in Saxonwold glo? Hy moes vroeer aan sy onskuldige kindertjies gedink het maar hy maak hulle seker maar ook net so groot as wat hy is. SIES !

Manie ·

Is dit nie einste man wat kort kort vir homself n goeie bonus gee omdat hy vir almal vertel hy verdien dit. Die man het niks vir Eskom of ons land beteken. Hy het net vir sy sak alleen gesorg. Hy moet sy goedjies vat en waai en sommer sy hoof van die raad saamvat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.