Eskom-staking: ‘Bedrywighede word nie beïnvloed’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die onbeskermde staking, waaraan nagenoeg 15 000 Eskom-werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM) by kragstasies landswyd deelneem, het geen uitwerking op bedrywighede nie, het die kragverskaffer Donderdag gesê.

Eskom het gesê uit sy personeelkorps van meer as 47 000 werkers, het meer as 45 000 werknemers vir werk aangemeld sedert NUM se staking vandeesweek begin het.

“Die meerderheid werkers het vir werk aangemeld en verseker dat bedrywighede soos normaal voortgaan. Intussen gaan salarisonderhandelinge voort tussen Eskom en die drie vakbonde, NUM, National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en Solidariteit. Eskom is vol hoop dat ʼn skikking binnekort bereik sal word,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Die onderhandeling is vandeesweek reeds in sy vierde week nadat dit middel-Julie begin het. NUM eis ʼn salarisverhoging van 12% vir die hoogsbetaalde werkers en 13% vir die laagsbetaalde werkers, maar Eskom hou by sy aanbod van 7%.

NUM het onderneem om die staking te verskerp ten spyte van ʼn Arbeidshof-interdik wat die staking as onwettig verklaar het. Eskom het die interdik Dinsdagaand bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pendoring ·

Ek dink nou daaraan: as alles aangaan soos normaal en niks word nadelig beinvloed terwyl iemand staak nie, dan is die stakers mos nie nodig by die werk nie? Hulle het dan geen effek op die werksaamhede nie?

Wat-ek-lees ·

Lees ek reg? Van 47 000 werkers daag 45 000 op vir werk maar 15 000 staak?
Stem saam met Pendoring, jaag hulle weg!!

Ekke ·

Ook so gelees wys net optel en aftrek is nie 1 van hul sterk punte nie.

Paplepel ·

Die wiskunde maak sin as jy in gedagte hou dat hulle stakers van oral af aanry met busse. Hulle belowe net die klomp wat oral leeglê ‘n boks KFC en ‘n Coke en skielik het jy ‘n vol bus.

jaco ·

ek wag vir die dag wat die staking so erg word dat die enkele regstellende aksie aangestelde werkers wat darem by koeberg kernkragstasie sal aanbly, uit pure onbevoegdheid nie gaan weet wat om te doen in geval van n krisis nie of sommer net uit onkunde verkeerde knoppies gaan druk en n nuclear meltdown gaan veroorsaak. So n ramp sal dadelik al 3.7 miljoen inwoners van kaapstad affekteer.

Andredb ·

As hulle sonder 15000 kan klaar kom is hulle mos oorboodig en juis xie vrot appels … 15000 minder salaris ….. goedkoper krag vir verbruiker…..

Johann van Cullinan ·

As jy 45000 van 47000 aftrek, kry jy 2000. Volgens die berig het meer as 45000 van 47000 vir werk aangemeld. Die wiskunde som klop nie. My eskom lynhuur en instandhoudingsrekening is meer as my eenhede kragverbruik elke maand. Wens ek het die finansies gehad om nie meer op eskom staat te maak nie. Ek is wel op sonkrag wat my ligte aan betref en ‘n gasstoof vir kosmaak. Ek moet nog elke maand ook inbêl, om my meterlesing deur te gee, want eskom werkers kom net elke 3 maande om, om dit self te lees. Hoekom al die geld op lynhuur en instandhouding. Gee werk aan mense wat wil werk. Baie is werkloos en sal werk sonder ‘n verhoging, solank hulle werk het.
Dit is elke jaar se ding, die oor stakings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.