Eskom-stakings kom tot ʼn einde

Irvin Jim, sekretaris-generaal van Numsa, onderteken die aanbod. Foto: Verskaf

Ná maande se onderhandelinge, sporadiese stakings en selfs beurtkrag het die metaalwerkersvakbond Numsa die loonooreenkoms van Eskom se raad onderteken.

Irvin Jim, sekretaris-generaal van Numsa, het in ʼn verklaring bevestig Numsa se lede het ingestem tot Eskom se driejaar-loonaanbod en dit Woensdag onderteken.

Dié aanbod sluit ʼn salarisaanpassing van 7,5% vir 2018-’19 en 7% vir 2019-’20 en 7% vir 2020-’21, asook ʼn behuisingstoelaag wat strook met die VPI en ʼn eenmalige kontantbetaling van R10 000 in.

“Ons bedank ons lede wat dissipline gehandhaaf het ondanks uiterse uittarting deur die werkgewer. Ons het met ʼn salarisaanpassing van 0% begin en danksy julle pogings kon ons dié verhogings verseker. Ons is ook dankbaar vir die onderhandelingspanne wat onvermoeid gewerk het om die kwessies aan te pak,” het Jim gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chris Ws ·

Al wat nou gaan gebeur is krag gaan nog duurder word.Alternatiewe krag bronne word al meer aanlokliker en is ons voorland.

Danie ·

Solank as die eindverbruiker moet instaan om ongegronde eise te betaal gaan die elektrisiteit net duurder word. Maar ongelukkig is die planne al op die tafel om alternatiewe krag ook op een of ander manier te belas. Ons moet net weier on dit te betaal sou dit gebeur.

Colleen ·

Presies en so slaap die mense by Eskom steeds aan diens, maar salaris en voordele word steeds betaal. Tyd dat Eskom werkers kortgevat word. Nasionale sleutelpunt se alie. Daar word meer geslaap as gewerk.

marous ·

Dank julle sterre vir die verbruiker wat op hulle tande moes kners ondanks die tartende optrede van die stakers. Julle gaan met ‘n belasting boikot sit , binnekort ,en dan het julle niks !

Petro ·

Chris WS
Eskom werknemers betaal dieselfde pryse as jy vir kragverbruik en vir brandstof en brood en vleis en en en

Sieg ·

Nadat hulle geen verhoging moes kry nie. As n maatskappy so verswaking vertoon soos Eskom meen dit die werkers se produktiwiteit is ook so swak, maar wragtig hulle kry verhoging. Dit is presies hoekom maatskappy onder gaan en krippeer en sy kliënte apnormale verhogings toedien in SA.

Harry ·

Huishoudings sal van nou af hul eie sonkrag elektriese stelsels kan installeer en dit sal goedkoper wees as Eskom se elektrisiteit. Boere behoort met windkrag nog goedkoper weg te kom. Eskom het nou ‘n keerpunt met hul prysverhogings bereik en met kompeterende alternatiewe krag is dit moontlik die begin van die einde van Eskom, wat tot die verkoop van sekere kragstasies, of die totale ineenstorting van die kragnetwerk kan lei .

Cherokee ·

Waarna verwys jy in jou eerste sin, Harry? Brei so effe uit asseblief.

Anoniem ·

Die brandende kwessie wat die ondertekening van die loonooreenkoms vertraag het, word nie in die artikel aangespreek nie: gaan Eskom nog steeds die stakende werkers vervolg wat vandalisme gepleeg het?

Frikkie Geld en huis ·

Jim se span het bloot die aanbod geteken, omdat Solidariteit aangedui het dat hulle gaan weier om dit te teken, tensy Numsa se saboteurs, wat steenkooltrokke en ander infrastruktuur beskadig het, afbetaal en vervolg word.

Daan Erasmus ·

Maak nie saak of Eskom “werkers” dieselfde vir melk en brood as ons betaal nie. Hulle is OOR DIE ALGEMEEN onproduktief en oorbetaal. Ek sien dit. Ek bly in dieselfde dorp as Eskom werkers.

Andre C ·

oorbetaal en onproduktief geld by SOE”s,staatsdiens en munusipaliteite!

Wim ·

Sien in Moneyweb Eskom doen aansoek vir 15 persent verhoging vir volgende drie jaar.
Hulle vat maar net weer by die publiek. Sonkrag raak al hoe meer aanlokliker.

Anoniem ·

Eskom gaan hulself uit die mark uit prys soos DSTV. As die Eskom tariewe aanhou styg, gaan dit vir al hoe meer mense finansiëel sin maak om oor te skakel na alternatiewe bronne van elektrisiteit. Dis hierdie mense wat tipies hulle munisipale rekeninge betaal. Die munisipaliteite gaan dus al hoe minder inkomste kry wat aan Eskom oorbetaal kan word. (Of dit wel oorbetaal word, is weer ‘n heel ander storie…) Die munisipaliteite en Eskom gaan al hoe meer wurg.

Stuiwer ·

Watse dissipline is gehandhaaf? Daar was dan sabotasie by van die kragstasies gewees! Eskom het homself ook behoorlik in die voet geskiet om toe te gee aan die eenmalige bedrag van R10 000. Dis omdat die werkers altyd hulle sin kry dat stakings sal bly voortgaan. Eskom moet nou nie kom kla as hulle onder gaan nie.

jj ·

hulle het reeds gese dat Eskom se mense kry meer as 30% meer salaris as die normale mens op die straat wat dieselfde werk doen – en dan daar omtrent 30 000 te veel werkers is, daar word ook vermoed dat die laaste problem met die krag as aspres gedoen….. wat nou nog het julle al gesien hoe leeg die groente winkels is – daar is net nie geld vir luukse producte soos groente nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.