Eskom: Steenkoolaflewerings weens ‘veiligheidsredes’ gestaak

Betoging by Eskom se Megawatt Park in Johannesburg (14 Junie 2018). Foto: Twitter via @NUM_Media

Eskom het Donderdag gesê alle steenkoolaflewerings per pad is gestaak weens veiligheidsredes nadat protesaksies by verskeie van die kragvoorsiener se aanlegte en streekskantore begin is.

Die kragreus het in ʼn verklaring bevestig dat opwekking en verspreiding van elektrisiteit op sy landswye kragnetwerk “beperk is” aangesien dié protesaksie met sabotasie en intimidasie gepaardgaan.

“Daar was verskeie voorvalle waar personeel aangeval is, paaie versper is en elektrisiteitsinfrastruktuur opsetlik beskadig is,” lui die verklaring. “Steenkoolaflewerings op die paaie is dus gestaak. Die veiligheid van ons werknemers is van kardinale belang in hierdie tyd.”

Volgens die kragvoorsiener is die kragstasies wat die ergste deur die betogings geraak word dié van Hendrina, Camden, Kendal en Arnot, wat almal in Mpumalanga geleë is.

Maroela Media het vroeër berig lede van die vakbonde NUM en Numsa het Donderdagoggend in groot groepe buite Megawatt Park in Johannesburg saamgedrom. Die werkers eis ʼn salarisverhoging, maar Eskom het reeds vroeër gesê die kragvoorsiener se benarde finansiële posisie laat hom nie toe om enige verhogings aan te bied nie.

NUM het op sy amptelike Twitter-profiel gesê ongeveer 3 000 werkers sal na verwagting aan dié betoging deelneem.

Eskom het gesê hy sal deur die dag gereeld nuwe inligting deurgee oor die stand van kragtoevoer in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Inmekaartuimel ·

Here we go again…hierdie “siekte” is nou reg deur die land versprei en President Ramaphosa staan en toekyk hoe die land inmekaartuimel.

RCR ·

CR is net so useless soos die ANC, diés wat gedink het hy gaan die land red ROFL

Liberaal ·

Solank die liberaal demokratiese regte van die stakers hoog gehou word. Alhoewel hulle nie stakende mense met die dood dreig maak dit seker nie saak nie want volgens liberale riglyne is stakende geweldadige ontstoke agressiewe mense net so kosbaar, nee, baie kosbaarder, as pasiente in hospitale wat krag vir oorlewing nodig het.

Rynhardt ·

Al die opsetlike en beplande protesaksies ?????gaan SA liederlik in donkerte dompel met meer chaos! ???Wonder wat se die wat glo dat Ramaphosa SA gaan red?????Veral Rapport het Sondag sy hart❤❤❤ uitgeskreeu vir Cyril.Moeilike winter en jaar le voor!?????

Martin ·

Wat van die bonusse, gaan dit ook gestop word hierdie jaar? veral die buitensporige bonusse vir top bestuur terwyl daar die afgelope jaar geen “performance” en winste was nie.

Verstommend ·

Snaaks hoe daar meer as 8 miljoen beskikbaar was vir al die karre, maar geen geld vir salars vehoging nie!!!

marous ·

Staan saam en stig ‘n belatingbetalers vakbond en staak om te betaal …….

Johan H. ·

Ja staak die padvervoer van steenkool,,, Vlieg dit eerder rond soos met geld,,

Wilma ·

Top Bestuur sal hul bonusse ontvang. Hul is mos maar net daar vi die salarisse. Geen vooruitgang by Eskom ma vet tjeks en bonusse

Oosie ·

Hierdie is eintlik n misdaad teen die land. Hoogverraad! Waar is die sogenaamde weermag om te verseker dat hierdie dringend noodsaaklike diens voortgesit word. (Het vergeet die DRK is mos belangriker as SA)

Wurmpie ·

Is dit hoe etenstye deesdae gaan lyk. Springende betogers,brandende bande ens ens ens. So bly ek het nie ń etenstyd nie

Hendrik ·

Geen verskonings! Die kragnetwerk is prioriteit nommer 1 en stakers moet net eenvoudig verwyder word. Moenie nonsens vat nie! Die land word alweer gyselaar gehou deur ‘n paar persone. Die industrie het krag nodig om die land aan die gang te hou.

Voel ook so ·

Hendrik, ek dink baie mense voel ook so maar, kyk uit die werkers se oë;
Die base het nuwe karre, nuwe suits, nuutste fone, astronomiese bonusse. Nou moet ek, as werker sonder ‘n verhoging klaarkom? My eie werkgewer het die laaste paar jaar bitter groot prysverhogings gevra en gekry. Hoekom kan ek as sukkelende werker nie ook daarvan kry nie. Dit is, after all, ek en my mede werkers wat die stasies aan die gang hou, nie die base nie. Persepsies, bestuur persepsies.
As ek daar gewerk het sou ek nog erger tekere gegaan het.

Lerato ·

Uit die berig is dit nie duidelik of die werkers geen of n klein verhoging gaan kry nie. Almal kry n verhooginkie om op te maak vir inflasie.
As hulle geen verhoging kry nie, verstaan ek hulle woede.
Top bestuur maak droog en die werkers ly

Siphia ·

Glo my daar’s baie maatskapye wat nie met inflasie bly nie, geen wet dat hul moet nie. Maar die lot kry 0%, geen, zip, nada.

Albaster ·

Lerato, slegs n klein persentasie van mense het die afgelope jaar of wat verhogings gekry. inteendeel, baie het werke verloor en baie moes salarissny vat. Kry jou feite reg.

Casper Labuschagne ·

Dit kan net in Suid Afrika gebeur, ons sal onsself moet warm hou met kerse oor die naweek.

Nikita ·

Hulle moet ophou vir die ANC stem sal dit beter gaan….nee dis nie n verskoning om so geweldadig te betoog en te plunder nie en dan moet onskuldige mense daaronder lei. Hulle moet sommer n wet in bring vir die wat so geweldig betoog en hulle sumier af betaal en vir die werkloses die werk gee wat in n tou staan vir werk. Ek verstaan hulle frustrasie maar dis nie nodig om sulke skade aan rig nie. CR gee niks om vir ons land en mense nie. Dit raak nou n groot bekommernis.

DerikBelize ·

Dié is sabotasie nie waar nie, dit het in Belize ook gebeur in ’05, en die lot moet so gestraf word. Nou is dit n 0% verhoging, maak dit sommer 0% inkomste.

Albaster ·

Lerato hierbo beweer almal kry verhogings. Ek het nie, so ook nie enige van my kollegas en meeste mense wat ek ken nie.

Blondie ·

Ek wonder manet. Is dit nie die mense wat in hoë poste sit en eers vir hulself groot bonusse gee en nog heeltyd vir hul eie sakke sorg en en en,…. is hul nie die einste mense wat die werkers geen verhoging wil gee nie.

Chris Ws ·

Ek het twee kragopwekkers.Een petrol 2kw en een Lister diesel 3.5kw op ‘n as en wiele gemonteer.NIE EEN IS TE KOOP NIE JAMMER!Hulle is goud werd vir my.

Linda ·

Is julle reg mense vir die groot kragonderbreking wat kom ? Ek het al twee my 9kg gaskanne laat volmaak, n robocop lig by Game gaan koop vir buite my deur as iemand sou inbreek. Twee rechargeable ligte ens ens. Escom ek is gereed !!!

Lerato ·

Ag Albaster
Kom af aarde toe. Ok, nie almal het verhogings gekry nie. Die kern van my betoog is dat lewenskoste vir almal styg. Dit sal interessant wees om te weet in watter sektor jy werk.

L ·

Ag Lorato…genoeg hoor….
Sal interesant wees om te sien wanneer jy iets van waarde kwyt raak.

Linda ·

Ek is glad nie lief vir Tuna vis en Baked Beans nie, maar het n paar blikkies en n vars brood gaan koop ingeval daar nie krag gaan wees nie !!!!

Siener ·

Hou dop hoeveel babatjies word weer in Maart 2019 gebore. ;-)

Gatvol ·

Volgens berigte is die gemiddelde salaris van Eskomwerkers vêr bo die van die werkers in die privaat sektor. Dan is daar ook meer as dubbel die hoeveelheid werkers as wat werklik nodig is.
Voorstel. Laat alle werkers deur ʼn keuringsproses gaan om vas te stel of hulle geskik is vir die werk. Indien nie. Betaal hulle af. Laat almal heraansoek doen. Stel slegs kundige, lojale en gewillige mense aan. Stel salarisskale vir alle poste in lyn met die privaatsektor. Bonusse slegs na evaluering van werker se werk. Geen outomatiese verhogings vir almal nie. Vakbonde se invloed moet beperk word. Eskom is ʼn strategiese instansie en werkers wat staak of sabotasie pleeg, moet summier in hegtenis geneem word en afgedank word.

thinus ·

Ja ons hoor Eskom se gemiddelde salaris is so hoog, maar dis juis die ding. Daar is so baie op die laagste skale wat seker baie minder kry, dalk heel normaal soos ek en jy, sodat ‘n paar vet katte sulke astroniese fortuine kan opraap en so die gemiddelde lekker opjaag. En hulle is jollie gelukkig en staak gladnie, maar grynslag lekker vir die hulpelose belastingbetaler wat vir die hele gelag moet opdok.

Eps ·

Gelukkig is daar nie krag om die waaier aan te dryf, vir ingeval die bollie na die waaier se rigting beweeg.

Jannie ·

Wat het grword van eskom se gebeurlikheidsplanne as sy werkers strike?
Bestuur het gejok daar is geen gebeurlikheidsplan nie, hulle bied doelbewus geen verhoging aan nie en het geweet wat die gevolg gaan wees.
Eskom plaas druk op die regering vir ń reddingsbootjie.

RM ·

“Ons is nie Mandela nie en ons gaan nie Mandela-dinge hier doen nie. Ons gaan nou ons eie dinge doen. En dit sal ons kinders bevoordeel, “het Malema aan TRT World se Crossing The Line-vertoning gesê.

Ek sal maar my kersies uithaal en seker maak my hout bly droog.

Sakkie ·

Hi Gatvol ek stem saam jou. Ek sal vir jou stem as president. Wens daar was meer mense wat jou signing het. We’re se know support jou boodskap

Emily ·

Geen probleem. Ekonomie gaan nog meer skade ly, besighede nog meer sluit, meer mense werkloos. En al wat gaan gebeur is dat die belasting betalers weereens meer vir elektrisiteit betaal sodat ons Eksdom (Eskom) finansieel kan dra sodat top bestuur darem nog miljoene bonusse kry.

Die wat gedink het CP sal ekonomie help regruk, hoe het jul gedink het hy sy miljoene en besighede gekry? Om besigheid savvy te wees? Dink in die geval het BEE mooi gehelp. Hy weet niks van besigheid/ekonomie nie.

MK ·

Soos ek verstaan is Eskom ‘n “National Keypoint”. As die mense die opwekking van die krag op so manier beinvloed, moet die weermag mos ingeroep word om die opwekking van krag te beveilig sodat die krag aan die gang kan bly. Of verstaan ek verkeerd?

koos1 ·

MK jy is reg met die stelling, maar nie dat die weermag ingeroep kan word nie. “n Nation key point maak dit nie outomaties ‘n noodsaaklike diens nie. As dit as noodsaaklike diens verklaar word dan eers kan die weermag opgeroep word, en slegs met die president se goed keuring.
Onthou net asseblief, die weermag is nie opgelei on onluste en betogings te hanteer nie. Hulle mandaat is om landsgrense te beskerm (oorlog maak), nie die binneland te beskerm nie, dit is die funksie van die SAPS.

Theresa ·

Ag nee. Vervelige toestand wat der duisende verontrief. Miljoene mense kry nie verhoging na hartelus nie, want dis juis a g v aanhoudende S N E R T (woord eintlik begin en einde dieselfde maar ongehoord hier) wat maak dat als daal na benede.
Vernielsug het nog nooit iets opgebou nie. Hoe kry mens dit ingesink?????????
Braai lekker – wees net veilig. Onthou, ongelukkig floreer misdaad in hierdie tye meer as ooit.

Nettie ·

Ek sien MM sê in hul berig ESCOM is ‘n “kragreus” – soos dit tans staan, lyk ESCOM vir my eintlik na ‘n krag-dwergie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.