Eskom stel fase 4-beurtkrag in

(Foto: pixabay)

Eskom het Vrydagmiddag aangekondig dat hy fase 4-beurtkrag gaan instel.

Die kragvoorsiener pas Vrydag sedert 09:00 fase 2-beurtkrag toe nadat daar ook Donderdag beurtkrag toegepas is. Die fase 2-beurtkrag sou tot Saterdag om 06:00 toegepas word.

Volgens die kragvoorsiener sal hy egter van 14:00 af fase 4-beurtkrag toepas tot Saterdag om 06:00. “Eskom het vanoggend bykomende eenhede verloor terwyl ander eenhede nog nie weer aan die gang is nie”. Daar is meer as 13 000 MW se onbeplande onderbrekings.

Eskom het gesê hy het die fase beurtkrag wat toegepas word verhoog sodat hy vir ander onvoorsiene onderbrekings voorsiening kan maak en om waterreserwes by die pompskemas weer aan te vul.

Beurtkrag kan ook die res van die naweek toegepas word indien die reënweer voortduur. Volgens Eskom het die reënweer reeds steenkoolhanteringsprobleme by van sy kragstasies tot gevolg weens nat steenkool. Dit het tot gevolg dat daar nie elektrisiteit opgewek kan word nie.

Fase 4-beurtkrag beteken Eskom kan 4 000 MW se elektrisiteit van die kragnetwerk haal.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
James

So fase6 of 8 volgende? Aangesien julle nou aan die gang is. Ek is moedeloos met die!

JD

Ek wonder of die steenkool in die verlede nie ook nat gerëen het nie ??

sdp

Moet ons lag of huil? Ekt nie meer woorde nie

sdp

Gaan deur al die nuusberigte, dan kyk ons watse hoop of positieweteit is nog oor

Wonder maar net.

As die steenkool n produk is wat nie mag nat kry.Hoekom le dit in die reen?Ek vra maar net.