Eskom stel nuwe opwekkingshoof aan

(Argieffoto: GCIS)

Eskom het Bheki Nxumalo met onmiddellike inwerkingstelling as sy nuwe opwekkingshoof aangestel.

Volgens die kragvoorsiener strek Nxumalo se loopbaan in die energiesektor oor meer as 20 jaar waartydens hy van junior tot senior en uiteindelik uitvoerende vlak bevorder is.

“Ons soek al ʼn rukkie na ʼn opwekkingshoof en dit was baie moeilik om ʼn geskikte kandidaat te vind wat dadelik sou kon inval,” het Calib Cassim, tussentydse hoof van Eskom, gesê.

“Ons het iemand nodig wat die uitvoering van die herstelplan passievol kan dryf, terwyl hy ons personeel inspireer om hul alles te gee. Dit het onlangs by ons opgekom dat ons reeds die kandidaat het in Nxumalo. Hy is ʼn sakeleier wat gemaklik is met bestuur, mense en die tegniese aspekte van die rol.”

Nxumalo sal direk aan Cassim rapporteer. Hy was voor sy nuwe aanstelling die hoof van Eskom Enterprise en Eskom Rotek Industries. Nxuma was al voorheen opwekkingshoof van Eskom. Hy het op 1 Julie 2019 in die pos begin maar is in Augustus 2020 geskuif na hoof van nuwe projekte.

Volgens Eskom het Nxumalo uitgebreide bedryf-, kragstasiebestuur- en produksie-ervaring. Hy was die kragstasiebestuurder by twee van Eskom se kragstasies en die hoofbestuurder by Kusile.

“Ons het Nxumalo genader om die rol te oorweeg. Hy het natuurlik sy tyd geneem om oor ons versoek te besin en dit met sy familie en raadgewers te bespreek. Ons was opgewonde om te hoor dat hy besluit het om die uitdaging aan te pak. Hy is duidelik die beste persoon vir die werk,” het Cassim gesê.

Volgens Nxumal is dit vir hom ʼn eer dat hy in hierdie kritiese tyd gevra is om as kragopwekkingshoof te dien. “Ek het in Eskom grootgeword en glo sterk dat Eskom die tegniese en bestuursvermoë het om dinge om te keer. Die meerderheid van Eskom-werknemers is passievol oor hul werk en die maatskappy.”

Cassim het Thomas Conradie, wat die afgelope paar maande as opwekkingshoof waargeneem het, bedank vir sy onbaatsugtige leierskap en toewyding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Bulkalf ·

Hy was hoofbestuurder by Kusile, se vir my die man is perfek vir die “job”. Ons sal nie beter kry nie.

Casper ·

As hoof by Kusile het dinge lelik skeef geloop onder sy bewind,wat kan ons verwag?

Tertia ·

Hou op aanstellings maak Eskom en vang die korrupte amptenare wat die instelling kruppel!! Gaan die man nou sy tower staf swaai en maak dat die ligte bly brand? Almal wil hê en hê, ons moet maar net aanhou betaal vir ‘n bodemlose put. Nou wil Numsa ook 15% hê!!

SWAREB1962 ·

Beste is, uiteindelik, is hy na 20jr in diens n beter pos aangebied.

JohanR ·

Teen ‘n salaris van seker R1500000 ‘n jaar hoop ons maar hy kan iets op-wek.

Jaco ·

André de Ruyter het R7miljoen per jaar gekry. En net so terloops niemand op maroelamedia.co.za se kommentare het gekla dat dít te veel was nie.

Henry ·

eskom het nie geld nie maar meer en meer mense word aangestel.
eskom moet hulle uitgawes minder maak.

Isobel ·

Ja ne, en ons gaan gebuk onder die ergste fase op die oomblik en dit raak net erger en erger en ons moet net betaal en betaal. Vir wat want krag het die land nie

domheks ·

Dankie Vader vir die son wat so mildelik skyn! Die panele en generator werk baie beter as Eskom en Kie!

Theunis ·

En nog ‘n senior bestuurder wat ten duurste aangestel word, Eskom het ‘n operasionêle probleem, hulle kort dus herkende tegnisie met vereiste logiese denke. Die einste senior bestuurdersssssss moet eerder die korrupsie uitwis (dit is as hulle nie deel van die korrupsie kringe is nie) en ook om hulle debiteure boek skoon te maak, die ministersssssss moet wegbly van Eskom, onttrek uit korrupsie en hulle eie politiese speletjies met hulle self gaan speel.

Kokerboom ·

Kon mnr Conradie nie die mas opkom of het hy bloot as Blanke nie kans gestaan?
Hoop sy gewete is skoon met sy vorige posisies by kragstasies veral Kusile?

Vonkprop ·

Jy moet eers op en wakker wees voor jy kan opwek. Wakker en ANC is twee terme wat nie saamloop nie.

Cobus ·

Ha, ha, ha-ha’ha.
Laai die sinkende skip nog swaarder, met nog ‘n gewigtige salaris wat betaal moet word. Wonder nou net, gaan daar van Bheki Nxumalo verwag word soos van André de Ruyter om ‘n goue haas uit die hoed uit te haal, of help hy die korruptes leeg suig aan die laaste druppeltjie wat nog te suige is aan oorlede escom?

Di ·

NIEMAND sal ‘n verskil kan maak aan die huidige gemors by Eskom terwyl die LOOTERS vrylik rondloop en aangaan met hulle bedrywighede nie! Mens kan nie bloed uit ‘n klip uittap nie

Casper ·

Thomas Conradie het ‘n hele paar maande waargeneem in die pos maar hy word nie permanent aangestel nie.

Wondermaarnet ·

Julle kan aanstellings maak soveel julle wil, maar die vraag is: Gaan dit ‘n verskil maak?

Di ·

BESLIS NIE – daar is die duidelike bewys nou met Level 5 en 6 wat konstant is

Chavonne ·

so is hy die1 wat geblameer gaan word as daar geen opwekking van krag is nie? nou weet ons wie om te gaan opsoek

pompies ·

Dit is ongelooflik hoeveel mense daar in Escom is wat almal die regte bestuurs en kwalifikasie het om die leisels oor te neem by die voriges wat gefaal het. Nou vra ek die vraag hoekom is daar nog steeds krag probleme en fase 6 beurtkrag ???

Linda ·

Thomas Conradie bedank vir sy bydra maar nie goed genoeg, wel goed genoeg om waar te neem.

Eugene ·

Eskom doen goed met aanstellings, eers minister van elektriesiteit nou ministers van opwekking, maar daars steeds beurtkrag na julle de Ruyter gefire het. Andre was Alleen. Hoekom het Andre ook nie hulp gehad nie? Die feit is, beurtkrag raak erger.

Eugene ·

Mnr Thomas conradie het Sy werk te eerlik gedoen vir Eskom, nou moet Hy plek maak vir n’ anderkleurige vir Sy werk. Wil net skep.

Boatsie ·

Verskriklike mooi en inspirerende woorde vir die nuwe man.
Hoop hy kan uithaal en wys, help om van al die skelms en vrot hout ontslae te raak en bewys
” the proof of the pudding is in the eating”
Hoop net hy “eet” ook nie net weer alleen nie.

annie ·

Kan ons nie ok maar iemand uit Indië as president kry nie, dan doen is dit behoorlik soos ons koloniale vader, Brittanje. Zuma het reeds bewys dat dit geslaagd is en groot ‘money spinning’ bewerk. Wie stem nie saam nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.