Eskom stel nuwe tesourier aan

Anoj Singh. Foto: http://www.eskom.co.za/

Anoj Singh. Foto: http://www.eskom.co.za/

Eskom het aangekondig Anoj Singh, die groep se finansiële hoof, sal die rol as tesourier oorneem, na die voormalige tesourier se bedanking.

“Caroline Henry het bedank uit haar pos as Eskom se tesourier om nuwe geleenthede te ondersoek,” het die kragvoorsiener gesê.

Henry het haar tien jaar termyn as Eskom se tesourier beëindig na 22 jaar in die maatskappy se diens. Volgens Eskom het Henry in hierdie tyd die maatskappy “gehelp om sy befondsingstrategie in baie moeilike en onstabiele ekonomiese omstandighede uit te voer”.

Eskom het gesê hy wens Henry voorspoed toe vir haar toekomsplanne en het haar bedank vir haar waardevolle bydrae.

Singh sal die nuwe posisie as tesourier oorneem vanaf 1 Februarie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DPJ ·

Ons sal seker nooit weet wat die ware rede is van haar bedanking nie. Aanvaar maar wat nuusmedia voorhou.

Piet Pompies ·

Komende van Transnet en betrokke by die Neotel debakel en vermoedilike “kickback” wonder mens hoe vol die man sy pos (spaarbussie) sal staan by ESCOM. Sy inkomste by Transnet was R5M per jaar en sy volle inkomste vanuit ander bronne bring sy totaal op na R9.9M.
Salaris bron Bloomberg Business

Flippie ·

Net nog ‘n parasiet wat op die Suid Afrikaanse rommelhoop gaan parasiteer.

KLEIN ·

Seker weer `n GOUE handruk gekry en nou `n paar dae later hoor ons weer dat Eskom sy kragpryse weer gaan opstoot omrede hulle nie genoeg krag verkoop , maar hulle vra dat ons krag moet bespaar en nou wil hulle pryse verhoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.