Eskom swyg oor landwye verdonkering

Argieffoto

Argieffoto

Eskom wou Maandag nie bekend maak watter planne hy in plek gestel het indien ʼn algehele verdonkering plaasvind nie.

Helen Zille het in haar SA Vandag-rubriek gemaan dat ʼn nasionale verdonkering “katastrofies” sal wees.

Volgens verslae het Eskom die kabinet gewaarsku oor die risiko van ʼn nasionale verdonkering.

Zille het ʼn verdonkering beskryf as “dit wat sal gebeur wanneer die stelsel inmekaarstort en alles onbepaald afgeskakel word”.

Eskom het herhaaldelik gesê dat beurtkrag nodig is om ʼn algehele verdonkering te verhoed. Die organisasie het vroeër aangedui dat dit minstens tot twee weke lank kan duur om die probleem op te los indien so iets sou gebeur.

ʼn Groot hoeveelheid elektrisiteit word benodig om weer die netwerk aan te skakel ná ʼn verdonkering. “Nie een van ons buurlande het genoeg kapasiteit om ons met so groot hoeveelheid elektrisiteit te help nie,” het Zille bygevoeg.

Buiten om beurtkrag in te stel as voorkomingsmaatreël, wou Eskom egter nie die geldigheid van Zille se bewerings staaf of bekend maak watter planne hy in plek gestel het indien ʼn landwye verdonkering sou plaasvind nie. “Ons sal steeds beurtkrag toepas om die netwerk te beskerm, aangesien dit die beste manier is om die kragstelsel te beskerm,” het Eskom se mediakantoor in ʼn e-pos gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

boer ·

Daar is nie n plan nie ,mense. Maak maar weer jou blikkies kos bymekaar soos in 1994,
kry n paar “jerry” kanne en maak dit vol brandstof en laastens maak maar genoeg “ammo” bymekaar. As die kragnetwerk eers val, le daar moeilikke tye voor vir ons

Suidlander ·

Boer. Jy is 100% reg. Ek hoop almal met hierdie insig is ingeskakel by n ondersteuningsgroep in sy area.

Ludwig Steyn ·

Die problem is nie so seer om voorberyding te tref vir die dag as alles inplof nie. Die problem is die duisende blankes wat eenvoudig nie dit kan bekostig om n voorraad kos en brandstof te versamel nie. Pensionarisse wat op die broodlyn leef. die bietjie kos in hul vrieskaste sal eenvoudig verrot by gebrek aan krag. Kragopwekkers is ook buite hul finasiele vermoe. Die huidige Zuma/ANC regering voel dadels vir ons. Die blankes moet saamstaan en daadwerklik optree om so n gemors te voorkom.

Knersus ·

HKGK…En spin-offs gaan wees dat ons watervoorsiening gaan ingee, misdaad gaan deur die ceiling danksy sekuriteits stelsels wat nie werk nie…

Amanda Wait ·

Ludwig, maar dit is mos nie net die wittes wat gaan swaarkry deur so iets nie…ALMAL gaan ly, ongeag velkleur! Wanneer gaan julle ophou met velkleur, asof daar net een ras is wat belangrik is? :( Julle doen ons nie-rassistiese wittes GEEN guns deur so op die internet vir almal te wys hoe eng julle is nie. Bekeer jou man! God het ALLE mense lief, nie net wittes nie.
En vergeet maar van saamstaan, solank daar nie liefde in ons harte vir ALLE mense is nie, sal ons nie eens liefde vir ons eie kan wys nie.
As die mense se harte vol haat en verdeeldheid is, kan die liefde nie oorwin nie.

boer ·

Amanda,

hoeveel keer het ons “load shedding” gehad voor ons die land oorgegee het in 1994?
mens kon voor 1994, na n staats hospitaal gaan, en lewendig daaruit kom . Ons is nie rassisties nie, dis feite.

Deur wie word ons boere vermoor op die plase?
Hoekom moet ons altyd vertrap word,en net stilbly daaroor?

Ons land is in sy kannon in,en dis nie blankes wat dit meer regeer nie

Anton Smit ·

Jy is reg boer Amanda is ook een van daardie mense wat in n droom werld leef

V ·

Stem 100% saam boer.Kyk na die aanvalle op ons blankes onskuldige mense en kinders.Nou moet ons die breinlose ruggraatlose jammer kry!Tyd om wakker te skrik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.