Eskom-tariefverhoging goedgekeur

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Donderdag ʼn kragtariefverhoging vir die 2017/18 finansiële jaar goedgekeur.

Die energiereguleerder het Eskom toestemming gegee om die kragtarief met 2,2% te verhoog. Jacob Modise, Nersa-voorsitter, het gesê Eskom se inkomste van R205,214 miljard vir die 2017/18-jaar sal nou met 2,2% toeneem soos deur die multijaar-prysvasstelling bepaal.

Tydens die besluit oor die multijaar-prysvasstelling het Nersa ʼn 8% gemiddelde verhoging per jaar vir ʼn tydperk van vyf jaar goedgekeur, wat op 1 April 2013 begin het tot 31 Maart 2018 duur.

Modise het gesê die rede vir die laer persentasie verhoging vanjaar is weens basisaanpassings wat in die voorafgaande jare gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan. H. ·

Het onsettende skade opgedoen omdat eksdom ons ,oorbelaai het met krag, Teen ys ingesit, Nooiet weer van hulle gehoor nie, Doen nie eers meer navrae nie
Klomp skelms

snoefie ·

al weer n verhoging? stem eerder die een kW een prys reël in. of daar nou tien eenhede in Soweto of tienduisend in sandton gekom word. en stem indersiek in na die nedersettings met hulle bruggingsagente waar almal krag steel.

snoefie ·

alweer n prysverhoging? in dir aangesig van die strafkrag daarmee gebruikers bebiet word vir oortredings deur die middelmanne en kie gepleeg word! dis mos onsinnig en gelaglik.

Lollie ·

Hulle inkomste beloop miljarde rande en steeds moet ons meer betaal vir krag? Wat wil hulle eintlik bereik? Stadig maar seker doen almal ( of net die ANC) alles in hulle vermoë om die landsburgers uit te roei. Solank hulle pocket voel hulle vere vir die res. Mugabe doen dit tog ook so is dit werklik snaaks? Nee wat, mens kan nie veel meer van hulle verwag nie!!!

AL ·

Ons as belastingbetalers is al vuisvoos misbruik deur die Regering se parasiete. Ons betaal al klaar peperduur vir krag. Dis net in die nedersettings wat dinge gemaklik gaan – jy word betaal om kinders te he, steel krag of kan ten minste bekostig om verwarmers in die winter aan te sit terwyl ons belastingbetalers nie kan bekostig om verwarmers aan te sit tydens winters nie.
En hoeveel van die sogenaamde nedersetting inwoners is werklik armlastig?

Hendrik ·

Mense moet maar stadig maar seker hul elektrisiteit verbruik afskaal en oorskakel na son verhitting (geyser), gas (geyser en stoof) , solar elekrisiteit (yskaste + tv + ligte, rekenaars). Elektrisiteit moet net gebruik word vir stryk , haardroeers, sweismasjiene ens :-). Sonverhitting : R3000 -R20000 of Gas geyser : R3000- R10000, gas stoof : R5000 – R20000, Solar elektrisiteit – R30000 – .

Net die nodigste stelsel : Gas geyser -R3000, Gas Stoof – R5000, Solar elektrisiteit – R30000 en Totaal : R38000

antonie ·

dit behoort onwettig te wees om elek pryse te verhoog as ekonomie 1 % groei,
‘service delivery’ verswak, anc (die duur ‘party’ mense, geldverkwisters) nog steeds in beheer van almal en alles in sa is. Hulle verskaf of verkoop minder elektrisiteit soos die tyd aanstap maar elke jaar moet daar meer betaal word om hulle sakke vol geld te hou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.