Eskom-tariefverhogings: Solidariteit waarsku oor gevolge

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die vakbond Solidariteit het vandag gewaarsku dat ’n 25,3%-verhoging in kragtariewe verdere druk op die vervaardigingsektor sal plaas wat vernietigende gevolge vir werkgewers én werknemers inhou.

Solidariteit het deelgeneem aan ʼn gesamentlike mediakonferensie met ander vakbonde oor die impak van die beplande tariefverhogings, veral op die metaal- en ingenieursbedryf.

Marius Croucamp, hoof van die metaalbedryf in Solidariteit, het by die konferensie in Johannesburg gesê dat die metaal- en ingenieursbedryf eenvoudig nie die verhoging in kragtariewe sal kan absorbeer nie.

“Insetkoste het die afgelope ruk weens verskeie redes gestyg, terwyl kommoditeitspryse toenemend onstabiel is. Die genoemde faktore het reeds in die bedryf neerslag gevind in die vorm van afleggings, korttyd en verliese. Die voorgestelde tariefverhogings sal ʼn geweldige terugslag spesifiek vir die metaal- en ingenieursbedryf wees,” het Croucamp gesê.

Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, meen die grondprobleem is dat Eskom tans ʼn monopolie op kragvoorsiening het wat gesonde mededinging kniehalter en pryse onnatuurlik opstoot.

“Wanneer Nersa ʼn nuwe tarief aankondig, is dit ʼn aanbod wat die Suid-Afrikaanse publiek met geen keuse laat nie: as hulle elektrisiteit wil hê, moet hulle dit aanvaar. Die monopolistiese struktuur van elektrisiteitsvoorsiening in Suid-Afrika maak mededinging in elektrisiteitsvoorsiening feitlik onmoontlik. Die regering behoort onafhanklike kragvoorsiening in hierdie onsekere tye te verwelkom, eerder as om wetgewing daarteen gereed te hê.”

Le Roux het gesê die oplossing vir Eskom se finansiële probleme lê boonop nie in die verhoging van kragtariewe nie. “Eskom verryk ʼn handjievol individue deur buitengewoon duur kontrakte in die naam van Swart Ekonomiese Bemagtiging aan hulle toe te ken, in plaas daarvan om elektrisiteit so goedkoop en doeltreffend moontlik te lewer,” het Le Roux gesê. “Intussen moet nywerhede ten duurste betaal vir onbetroubare kragvoorsiening.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dave ·

Wàt ‘n sinvolle kommentaar van Piet Le Roux. Sy pleidooi vir opponerende elektrisiteitsvoorsieners is tog common sense!

John ·

Is hierdie dreigemente van Eskom werklik waterdraend? Met die keuse van hoër tariewe of meer beurtkrag, is dit baie duidelik dat daar geen direkte verband tussen die verskaffinf van elektriseteit n die die finansiële sy is nie. Meer geld kannie meer krag koop nie. Van waar gaan dit kom? Meer geld vir ń meer vet paket ja.

George ·

Die nuutste truuk van Eskom is om “foutiewe” rekeninge in NW uit te stuur. Wanneer beswaar aangeteken word stem Eskom baie traag in om die oorverhaling oor 3 maande terug te betaal. Eskom dwing gevolglik rentevrye lenings op die publiek af wat na my mening ‘n bedrogspul is.

Antoinette van der Merwe ·

Hier is lankal n slang in die gras. Ons het n buurman gehad wat n belangrike pos in Eskom beklee het. Nou op mediese borg. Hy het erken dat die topbestuur in n wolwe geveg is om te kyk watter een van hulle kan die meeste geld verslind.

Francois ·

Eskom dink hulle het almal aan die “short and curly’s” beet. Hulle wil meer geld he vir WAT? Soos een hierbo komentaar lewer – geld kan nie krag koop, wat HULLE moet voorsien nie. Die gedrentel met Madupi en die ander is opsetlik…dit moes dan al 3 jaar terug voltooi gewees het..Mis ek iets?

Theresa ·

Ek kan ook nie verstaan dat alle tariewe net opgaan en opgaan en opgaan maar niks word beter nie. Hulle maak seker nou geld bymekaar vir die volgende goue handdruk. Genade, is daar iewers iemand wat bevoeg is vir hul pos??!!

Dave ·

Ek hoop nie hier tussen die mense wat kommentaar lewer is mense wat saam met die DA stem vir ‘regstellende aksie’ en dan kla oor onbevoegdheid, nie. Indien jy DA stem moet jy tevrede wees want jy kry presies waarvoor jy jou kruisie getrek het.

MARTIN ·

Mense, weet julle hoeveel gesubsideerde / skema
voertuie is in ESKOM. Dit is voertuie wat deur Eskom aan individiee gegee en deur Eskom betaal word. Die voertuie maak deel uit van die persone se salaris paket. Dit kan vervang word so gereeld as wat die persoon se behoefte dit vereis. Verder word hierdie persone se branstof teen ‘n enorme bedrag gesubsideer indien die voertuig vir ESKOM besigheid gebruik word. Ons praat van die beste voertuie. Merc. BMW.Rover.Ford Ranger. AUDI. ens. Ons praat van biloene elke maand wat spandeer word om gewone mense se voertuie te subsideer. Dit is bo en behalwe die
honderde poel voertuie wat op ‘n daaglikse basis deur ander werknemers gebruik word. Ons die verbruiker betaal daarvoor. Glo my ek weet presies waarvan ek praat. Ons swaarverdiende geld word gebruik om vir ander mense se voertuie te betaal. Moet ons regtig ‘n tarief verhoging hê?

Yvonne ·

Hierdie storie is besig om geheel en al hand uit te ruk, en verby belaglik te raak.
Jaar op jaar moet die krag net bly opgaan, en waar oh waar is die diens!!! Ons kry net al hoe meer loadshedding, belaglik hoe krag rekeninge en vir wat? Madupi kragstasie is ‘n grap. Wie run dit? Want dit lyk my die unie’s en die werkers daar het meer se as enige iemand anders. Eskom moet ons nie verantwoordelik hou vir maintenance werk wat nie gedoen word nie en vooruitbeplanning wat julle blykbaar nie ken nie. Ons betaal ons rekeninge, hoekom moet ons gestraf word deur net verdere tarief verhogings in ons kele af te forseer. Dis BELAGLIK!! Doen julle werk, doen die opgraderings, doen die vooruitbeplanning, en doen die maintenance werk VOOR alles kalf, en hou op om julle nonsense en incompetency voor ons deure te le. Ons krag is klaar belaglik hoog en vir wat, sodat die FAT CATS net meer gevoer kan word!!! Hou op om ons te dreig met meer loadshedding of die tarief verhoging, hoe oud is julle? Kry iemand wat bevoeg is om Eskom te run asb, wat klaarblyklik is nie een van julle nie . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.