Die prys van elektrisiteit sal na verwagting begin April skerp styg nadat ʼn skikkingsooreenkoms tussen Eskom en die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ʼn hofbevel gemaak is.
Die hooggeregshof in Pretoria se beslissing sal ʼn gemiddelde prysstyging van ongeveer 15% in die elektrisiteitstarief vir standaardtariefklante tot gevolg hê vanaf 1 April. Dit is nog 5,44c per kilowattuur wat by die standaardtarief gevoeg word.
Eskom mag volgens die skikking R10 miljard van verbruikers verhaal. Die kragvoorsiener wou aanvanklik R23 miljard se ekstra inkomste uit kragtariewe verdien het.
Eskom het die beslissing verwelkom en gesê dit sal hom help om koste wat vir die produksie van elektrisiteit aangegaan is, effektief te verhaal. Dit dra volgens die kragvoorsiener ook by tot die “gebruikersbetaling”-beginsel en sal waarskynlik die finansiële las op die regering om Eskom te ondersteun verminder.
Die uitvoering van die hofbeslissing sal Eskom in staat stel om aandag te gee aan sy tekort aan inkomste en sy finansiële stabiliteit te verbeter, het die kragvoorsiener gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
Dis mal!!! Om te dink ons betaal klaar vir die gemors wat in elk geval kort kort nie werk nie pffft! Klomp patete nes hulle regering
Nee wat.Eskom verstaan nog nie.Hoe duurder die krag word hoe minder gebruik mense.Eenvoudig.Hulle gaan nooit voorkom deur krag duurder te maak nie.Hulle gaan wel slaag daarin om ondernemings te kelder en werksverliese te veroorsaak aangesien ondernemings gaan toemaak.So gaan dit.Kry invertres en sonkrag.Kom weg van Eskom so gou moontlik.
En so maak hulle ons stukkie vir stukkie dood…
Nou gaan die werkers seker n 15% verhooging wil hê.
Meer as 3+ x die inflasiekoers!!!!Die melkkoei is op sy laaste bene. Die fiskale afgrond storm nader teen ‘n bedwelmende spoed!