Eskom-tegnikus vas oor omkoopgeld

Argieffoto: GCIS

ʼn Tegnikus van Eskom is in hegtenis geneem nadat hy na bewering omkoopgeld van ʼn sakeman wou bekom, het die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), Donderdag gesê.

Die 30-jarige man moes glo die kragvoorsiening by ʼn sakeperseel opgradeer toe hy omkoopgeld van R30 000 van die sakeman wou bekom, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Hy het na bewering die eienaar genader nadat hy in Mei vanjaar planne, om die kragtoevoer op te gradeer, teruggetrek het. Die sakeman het in Junie nog ʼn aansoek ingedien, en die verdagte het hom gekontak om met hom te vergader. Tydens die vergadering het die verdagte glo onderneem om die sakeman te help om die kragtoevoer op te gradeer, teen ʼn fooitjie,” het Mulaudzi gesê. “Die saak is by Eskom aangemeld en dit is aan die Valke oorgegee om verder ondersoek in te stel.”

Die verdagte is tydens ʼn geheime operasie in hegtenis geneem toe hy R10 000 in ontvangs geneem het. Hy sal na verwagting Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Dis goed dat die ou klein vissies gevang word, maar die Skelms wat met miljoene, dalk miljarde weg is, MOET tronk toe, dis Ver-seker!! “Ons soek hulle bloed” = gesegde, nie dreigement!

Swartwolf ·

Tipies van ‘n organisasie verrot van bo tot onder deur korrupsie. As selfs die laer vlakke bakhand uithou voor hulle hul werk doen waarvoor hul reeds ‘n salaris kry kan jy dink hoe gaan dit op die boonste vloer.

Dries du Toit ·

Klein vissie is dit voorwaar. Die groot visse sit in die parlement

Dawid ·

Ai vergeet van klein vissies. Groot visse swem nog vry rond. VANG HULLE!!!

Elna ·

Meer haaie op land as wat daar in die see is. Skaamteloos.Gretigheid en selfverryking. Skande skande skande!

Barry ·

Ek is jammer om te se maar die groot visse sal nooit gevang word nie
Moet maar aanhou droom.Korrupcr sal hulle beskerm want hulle weet teveel van hom

Neels ·

Die klein vissie het by die groot visse geleer maar eintlik is hy nie n kader nie en sodoende moet van hom n voorbeeld genaak word. Daar word nou weer milljarde beskikbaar gstel vir herverdeling onder die kaders en sodoende sal hierdie vissie se vangs die aandag wegneem van die groot visse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.