Eskom teken vyfjaarkontrak met NamPower

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het Donderdag ʼn vyfjaarkontrak vir elektrisiteitverskaffing met Namibië se nasionale kragvoorsiener, NamPower, onderteken.

Matshela Koko, tussentydse uitvoerende hoof van Eskom, het in ʼn verklaring gesê Eskom is gereed om elektrisiteit aan die streek te verskaf, wat sal lei tot groei in albei ekonomieë met ʼn groter aanvraag na elektrisiteit, wat weer die streekskragopwekkingsbedryf sal stimuleer.

“Eskom het omgedraai en ons het nou surpluskapasiteit beskikbaar om ekonomiese groei te bevorder. Hierdie ooreenkoms verskaf energiesekerheid aan Namibië en bied ekonomiese ontwikkeling en groei in die land sonder enige bekommernisse oor die beskikbaarheid van elektrisiteit,” het Koko gesê.

“Dis jammer dat ons streek steeds sukkel om toegang tot elektrisiteit vir al sy burgers te bied en krag te voorsien aan hul bedrywighede en myne. Dit beperk ekonomiese groei en versuim om werk te verskaf aan ons mense. Eskom glo die uitdaging is nou te fokus op samewerking tussen verskillende lande en beskikbare elektrisiteit te deel.”

NamPower het gesê hy sal alles in sy vermoë doen om seker te maak dat elektrisiteit op ʼn volhoubare manier aan die nasionale ekonomie verskaf word.

Eskom het reeds langtermynooreenkomste met Lesotho en Swaziland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Eskom is nie ‘n private maatskappy nie. Dit leun swaar op staatsgeld komende van belasting. Kan Eskom so op sy eis so ‘n besluit neem en belastinggeld gebruik om kragpale ens aan te le na die buiteland? Moet die parlement nie geken word nie? So, Suid-Afrikaners kan weer beurtkrag kry sodat die kontrakte voorkeur kan kry. Gaan ons land nou vol atoomkragstasies staan sodat Eskom krag kan uitvoer na elders? Wie gaan baat? En as die lande nie betaal nie, wie gaan die verliese dra?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.