Eskom tree proaktief op voor die winter

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het sy naweekinstandhoudingsplanne gewysig om seker te maak die kragvoorsiener kan voldoen aan die groter aanvraag gedurende die winterseisoen.

“Ons skenk spesiale aandag aan besonderhede en maak seker dat die eenhede, wat vir instandhouding afgeskakel word, weer betyds aangeskakel word,” het Eskom Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Eskom het gesê hy bly verbind om onbeplande onderbrekings onder 4000MW te hou, om seker te maak dat die kragvoorsiener aan die aanvraag kan doen met of sonder die beperkte gebruik van oopsiklus-gasturbines.

Eskom het Maandagaand, net ná 21:00, altesaam 37,067MW tot sy beskikking gehad, die hoogste in meer as vier jaar. “Dit is noemenswaardig, aangesien dit ʼn beskikbaarheidsfaktor van 83,4% beteken.”

Onbeplande kragonderbrekings staan tans op 10,90%; beplande instandhouding is op 11,80% en energiebeskikbaarheid is nou op 77,29% teen die doelwit van 80:10:10 (i.e. 80% energiebeskikbaarheid; 10% beplande instandhouding en 10% onbeplande onderbrekings), het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

johann cb ·

Ek hoop net hulle kan so volhou en beurtkrag vermy. Dankie en welgedaan Eskom!

Johann ·

Ja shure…sien is glo…en mens sien beter in die dinker as jy LIG het. Maar gelukkig klap die Tswane Burgemeester sy eie lof toe om in sy begrotings pleidooi te verklaar: die ryk wittes SAL betaal vir die arm people… Jyt n verrassing oppad pel. Mens noem dit die mag van dieselfde wit rykes om jou met n tegsgeding te klap wat jy noiit sal vergeet nie. Ins is G.A.T.V.O.L

wanda ·

Asseblief……instandhouding, net n ander naam vir beurtkrag! Ons op groot-marico se krag gaan nog steeds tot 3 ure op n slag af! Hulle dink ons is dom!

jaco ·

ek sidder vir die dag wat iemand wat deur affirmative action sy job by Eskom gekry het, die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie druk en ‘n nucleur meltdown begin. as mense wat suiwer op meriete en met die regte kwalifikasies nie die meltdown by Chernobyl kon keer nie, dink het watter aaklige gemors by Koeberg kan ontstaan deur werkers wat daar werk nie oor hulle die beste gekwalifiseer is of die beste ondervinding het nie, maar BLOOT omdat hulle blykbaar die regte velkleur vir die werk het.

Lance ·

Fokus nou op die water ek hoor dis moontlik nog n groter probleem as die krag …water lek blykbaar oral uit die sisteem …well as julle nie eers die strate kan vee of die onkruit uit die sypaatjies kan verwyder hoe kan mens dink of verwag dat die pype in orde sal wees ….julle is n damn joke man !!

Duitswes ·

Ek is maar ‘n ongelowige Thomas as dit by Eskom & Kie se beloftes kom; te veel aan die vel in die verlede gevoel…O-Ja, ook aan die sak. Sien is Glo en Voel is Wragtig!

Maria van Dieweeck ·

Zumpie het dan net n paar weke gelede sy nardansie gedoen en ons verseker, dat daaar nie beurtkrag sal wees die winter nie! Is die man nie miskien partymaal `hoog` of iets nie? Hy lieg op so euforiese wyse, jy kan sien hoe glo hy homself. Of miskien n patologiese probleem of iets. Daar is wel beurtkrag Nakkie die nar!

Maria van Dieweeck ·

Eskom behoort ook nie gelukwense te kry as hul bloot net n bietjie van hul werk doen! Dink net hoeveel kry hul in salarisse en bonusse asof hulle die A Team is. As iemand betaal vir n diens dan kry jy dit mos.

Sarie2 ·

Die mense in Parkrand, BOKSBURG (& moontlik ook in ander voorstede), se krag is gedurende die afgelope 2 weke, vir onderskeidelik 5- & 3 ure onderbreek, sònder enige waarskuwing òf verduidelikking… Èk sou verkies dat ESKOM erken dat hulle beurtkrag toepas, sodat ‘n mens voorbereid kan wees op die impak daarvan… Èk kan niè verstaan, wààrom daar gewag is totdat die koue toeslaan, voordat hulle die nòdige instandhouding aanpak nie!!!

John ·

Eskom, erken? Kry maar daai gasbottel. Die verkiesing kom teen die einde van die winter… en

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.