Eskom: Vakbonde praat met lede oor jongste aanbod

Argieffoto: GCIS

Die National Union of Mineworkers (NUM) en National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) het Donderdag gesê hulle sal met hul lede gesels oor Eskom se jongste hersiene loonaanbod en daarna terugvoer gee of die aanbod aanvaar word of nie.

Eskom het Donderdag ʼn hersiene drie-jaar-loonaanbod gemaak met ʼn 6,2%-verhoging vir 2018. Onderhandeling tussen die sukkelende kragvoorsiener en vakbonde is tans op die tweede dag van die derde ronde onderhandelings.

Eskom bied ook ʼn 6%-verhoging vir die tweede en derde jaar aan. Die aanbod stipuleer dat, indien die verbruikersprysindeks hoër is, die verhoging gebaseer sal word op inflasie, maar nie minder as 6% sal wees nie.

Drie vakbonde het Woensdag Eskom se aanbod vir ʼn 5%-loonverhoging verwerp. Die vakbonde het gesê hulle kan nie met hul lede gaan praat oor só ʼn lae aanbod nie, aangesien hul lede vasbeslote is om ʼn 9%-loonverhoging te kry.

Paris Mashego, NUM se energiesektor-koördineerder, het gesê Eskom onderhandel nie in goeder trou nie en hul aanbod as ʼn finale “vat dit of los dit”-aanbod aangebied.

“Oor die bonusse het Eskom gesê hulle wag vir die geouditeerde verslag voor ʼn besluit aangekondig sal word. Eskom se aanbod is ʼn ‘vat dit of los dit’-aanbod,” het Mashego gesê.

“Hulle het gesê as ons nie hierdie aanbod aanvaar nie, gaan hulle terugval na hul oorspronklike aanbod van 4,7%. Ons sien hierdie tipe onderhandeling as onderhandeling in slegte trou. Eskom het heeltemal afstand gedoen van hul vermoë om redelik te wees. Hulle gee nie om oor die welstand van ons lede nie.”

Die vakbonde het gesê hulle sal volgende week ʼn antwoord gee oor die jongste aanbod, wanneer hulle ʼn mandaat van hul lede verkry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris Ws ·

Ek dink steeds die president moet vir ‘n slag ontwaak uit sy heerlike slapie en tussen beide tree.Die unies moet die’ nuutste aanbod aanvaar en klaar.Dit is reeds ver te hoog na my mening.Die Eskom werksmag moet dien ooreenkomstig besnoei word hierna.Daar is myle te veel “dooie hout” wat salaris uitgawes onnodig opjaag.

willie ·

Ek stem met jou saam, hulle moet sommer by seniorbestuur begin! Dit is waar die soustrein is wat Eskom so melk!

GM ·

Aaaag, ‘fire’ almal. Daar is duisende mense wat nooit enige verhogings kry nie, juis omdat die maatskappy dit nie kan bekostig nie. In die geval is bonusse betaal aan top-bestuur en dit terwyl min seker daai bonusse verdien het nie. Ek sien dit in, MAAR, om nou die hele land te laat ondergaan, is ook nou nie die oplossing nie. Die verbruikers (wat betaal) moet vir als opdok. Laat ALMAL betaal vir hul krag, dan is daar oorgenoeg geld. Hoeveel van die wat so saam staak, kry water-en-elektrisiteit verniet? Plaas hul insien dat, prysverhogings van elektrisiteits, gaan gepaard met kosprysverhogings, wat beteken daardie ekstra persentasies in verhogings wat so geëis word, gaan niks beteken nie. Hoë verhogings gaan ook dikwels gepaard met afleggings. So is dit regtig die moeite werd? Loop as jy ongelukkig is. Gaan verbeter jouself en doen aansoek vir ‘n beter pos as die salaris nie goedgenoeg is nie. Los die mense uit wat bereid is om vir min te werk net om te kan oorleef. Dis nie ideaal nie, maar min is beter as niks.

Sarel ·

Het die vakbonde vergeet hoe Kusile en Mudupi met jare en miljarde uitgerek is deur staking en verhoging eise (afpersing ) ? Weet hulle dat waarmee hulle nou besig is , dreig om die land ekonomies op sy knee te dwing sabotasie en afpersing is ? Die land word in werklikheid deur vakbonde en misdadigers geregeer . Die prestasie bo usse vir swak dienslewering deur die jare was blatante diefstal .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.