Eskom: Vakbonde wil nou met ministers praat

Argieffoto

Vakbonde by Eskom het ʼn vergadering met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Nhlanhla Nene, minister van finansies, en lede van die Eskom-raad geëis nadat die kragvoorsiener Dinsdagaand ʼn nuwe loonaanbod ter tafel gelê het.

Die National Union of Mineworkers (NUM), die meerderheidsvakbond by Eskom, het gesê die onderhandelinge is tans “in ʼn sensitiewe stadium”.

“Die loononderhandelinge is in ʼn sensitiewe stadium en die NUM, Numsa en Solidariteit het ʼn vergadering met Gordhan, Nene en die Eskom-raad versoek. Die voorgestelde vergadering sal so gou as moontlik plaasvind. Die NUM glo dat dié vergadering die partye sal help om hul verskille op vriendskaplike wyse op te los en ʼn ooreenkoms te onderteken,” het die NUM Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Onderhandelinge het Dinsdag tot laatnag voortgeduur met Eskom wat hul loonaanbod van 7% na 7,5% aangepas het.

Die vakbonde eis 8% vir 2018, ʼn R500-behuisingstoelaag en ʼn 12%-bonus, of ʼn drie jaar-ooreenkoms met ʼn verhoging van 8% in die eerste jaar en 8,5% vir die tweede en derde jaar. Die eis vir ʼn behuisingstoelaag is verwerp nadat Eskom aan die vakbonde gesê het hy moet wag vir sy geouditeerde finansiële state om afgeteken te word voordat ʼn bonus en toelaag oorweeg kan word.

Die vakbonde het intussen hul dreigement om te begin staak teruggetrek nou dat die moontlikheid van ʼn loonooreenkoms uiteindelik die lig gesien het ná weke se aan-en-af onderhandelinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andre ·

Fire almal, daar is baie mense wat werk soek en kerm oor sente nie.

John ·

… so die vabonde wil eintlik gaan se… opdrag gee… anders. Kom ons kyk bietjie na hoe hierdie situasie elders in die wereld sou afspeel. Bo in Afrika: stilte en geen krag… buiten ou bakkies gelaai wat afpyl op die Limpopo se brug na waar mens kan skreeu asof dit jou reg is. In Europa: Stilte of….. Brittanje: Geen unies. Die Ooste: Minder as stilte. Wat gaan dus hier aan? Paradise regained… Wag en kyk gou, want die son gaan binnekort sak.

JM ·

Tipies wil net hê al is daar nie geld nie. Hoe stupid kan mens nog wees en dan is Solidariteit ook nog daar.

Magda ·

Ek stem saam dat die topstruktuur nie kan bonusse en verhogings kry en die werkers niks nie, maar hulle het op 0% begin en is nou al bt 7,5% en steeds gaan dit voort! Toe die unies sien dat Eskom begin toegee het hul net doodeenvoudig aanhou “push”. Wens ons kon so saamstaan..

GM ·

Word daar lekker kos ook voorsien tydens hierdie onderhandelinge om die tafel? Daar moet altyd ‘n ‘show’ opgesit word. Ons weet mos almal wat gaan gebeur? En dan gaan kragtariewe op, en kospryse op en, en, en., en dan beteken daardie verhoging absoluut niks nie. Daar is mense daarbuite wat al jare DROOM van ‘n verhoging, nevermind ‘n behuisingstoelaag of bonus, en hulle hou hul monde en gaan werk, want hulle is dankbaar dat hulle nog ‘n werk het.

Johan H. ·

Solank as wat unies alles dikteer sal daar GEEN maar GEEN voouitgang in die land wees nie DUS. Geen vooruitgang= meer armoede,= meer misdaad,=meer rasisme,,,IS dit so moeilik om te sien?? Julle bewys net elke dag meer en meer hoe dof julle is, SIES man

jaco ·

lekker staak die wit lede van solidariteit ook saam. as Eskom eendag besluit oor personeelvermindering, word daardie wit lede van Solidariteit wat nou so lekker staak, EERSTE afgedank NET omdat hulle wit is.
As jy wit is in SA en jy het werk, se dan 100 maal per dag sommer so terwyl jy werk dankie vir die liewe Vader in die hemel dat jy wel werk het, doen jou werk wat van jou verwag word, sluk in en bly stil oor dinge by jou werk wat nie reg is nie, salaris wat te min is ens, en WEES NET DANKBAAR dat jy werk het al is jy wit.
Ek weet waarvan ek praat as ek sê as jy eers uit die arbeidsmark is, is jy uit. Dis BITTERLIK moeilik om weer terug te kom as jy wit is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.