Eskom verdedig tariefverhogings

(Foto: Twitter)

Eskom het Maandag sy versoek om ʼn bykomende R27 miljard in tariefheffings in te win, verdedig.

Hasha Tlhotlhalemaje, Eskom se bestuurder van regulering, het tydens ʼn openbare verhoor van die energiereguleerder Nersa gesê dié geld is nodig om uitgawes wat hy versigtig aangegaan het in die 2018-’19-boekjaar, te delg.

Volgens Eskom het ʼn tekort aan R102 miljard ontstaan weens Nersa se besluit in Maart verlede jaar om ʼn laer tariefverhoging goed te keur as wat die entiteit versoek het. “Dit het ons finansiële volhoubaarheid verswak,” sê Tlhotlhalemaje.

Nersa het aanvanklik tarief verhogings vir 9,4%, 8,1% en 5,2% onderskeidelik vir die 2019-’20-, 2020-’21- en 2021-’22-boekjare goedgekeur.

Eskom se aansoek om ʼn verdere tariefverhogings van tussen 10% en 15% is erg gekritiseer.

Eskom het sedert verlede jaar September weer sporadies beurtkrag geïmplementeer. Volgens die DA moes Suid-Afrikaners net in 2019 418 ure van beurtkrag verduur.

“Die entiteit het nog nie bewys dat hy effektief en verstandig met geld kan omgaan nie. Eskom het ook bewys dat hy heeltemal onbevoeg is om Suid-Afrika se kragverskaffing te bestuur,” sê die DA se Kevin Mileham. “Om nou toe te gee aan hulle versoek vir verhoogde tariewe, sal hulle net beloon vir hul onbevoegdheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

netekalleen ·

of eskom meer geld kry of nie, beteken nie dat beurtkrag opgeskort gaan word nie, want daai geld beland net in iemand se gatsak en verlig nie ons berutkrag nie, Net snaaks dat sekere gebiede meer as ander beurtkrag het. Kolegas van my het die naweek 1 keer 2 ure lank beurtkrag gehad waar ons in pretoria 36 uur sonder krag was in tussenposes oor die naweek. hoe fair is dit.

Pampoen ·

As dit nie anders kan nie, moet ons seker meer betaal. MAAR ek wil nie ‘n ander ou se onverdiende bonus finansier nie. Dit is algemeen bekend dat Eskom buitensporige salarisse en bonusse betaal. Dit kan dus nie ondersteun word nie. Hulle moet eerstens hulle eie begroting onder die knie kry.

Daniel Pieter Schoeman ·

Ek glou nie daar is lig vir hulle nie die enigste lig wat aan is vir hulle is die bank se ligte sodat hul kan sien hoeveel hul nog kan vat

Suzette ·

Eskom se verskonings sal nooit ophou nie, waarom die geld vir SAL gee, maatskappy wat klaar gevou het en nie eerder vir Eskom en seker maak dit word aangewend om SA uit hierdie gemors te red nie? SAL kanselleer vlugte weens ‘n tekort van besprekings, skrif is aan die muur en daai biljoene reeds “down the drain” :(

Leon ·

Al wat ESKOM met die geld doen is hulle direksie 4 tot 40 miljoen Rand bonusse betaal elke jaar vir hulle onbevoegdheid en geldmors.

Anoniem ·

Eskom het al sovele maal hul sin gekry en die verbruiker bly betaal. ek stel voor as hul hierdie keer ook hul sin kry dan braai ons meer vleis, brand kerse en hoe minder ons krag gebruik hoe minder is hul inkomste. Daar is maniere om jou krag te verminder .

DieKriek ·

So Danie, vertel n bietjie hoe dit help om minder krag te gebruik. My krag gebruik is in die omgewing van R150 per maand. Ek het basies nog net die yskas en vrieskas aan. Een bedliggie in die aande. Maar ek betaal elke maand meer as R2000 paal fooie, net om die diens te hê. Die paal fooi gaan ook elke keer op en ek kry absoluut niks daarvoor nie.

As ek kon uitwerk hoe, sou ek Eskom in sy peetjie stuur. Ek het vir die laaste 10 jaar toe ek gewerk het nooit meer as 5% verhoging gekry nie maar nou as pensioenaris, is dit nag – dis soms n stryd net om kos te koop, wat nog te sê van duur sonkrag toerusting.

Jonnybegood ·

Mens moet probeer om heeltemal van die Grid af te kom. Die vader alleen weet waar gaan mens opeindig as dit so aangaan

Philip ·

As jy jou kragverbruik verminder is jou rekening ook minderMAW eskom moet sy tariewe net aanhou aanpas terwyl wetsgehoorsame mense moet betaal en andere soos SOWETO die voordeel vir jare al geniet van vry krag en water.

Magda ·

Goeie hemel – Eskom wil net he, he en he – Ons het Pre PAid krag en as ek R500 koop kry ek NOU net 177 units waar ons darem altyd 211units gekry het – Fire die hele spul – want duidelik is hulle onbevoegd – Stop vra en begin doen waarvoor julle in die eerste plek aangestel en betaal was.

Sarel ·

Edkom se verliese a.g.v Wanbestuur en vakbonde die verbruiker kan nie dasrvoor verantwoordelik gehou word nie

Niklaas ·

Geen tarief verhoging sal help as die top salarisse en bonusse nie na normale vlakke daal en bevoegdheidsgraad verbeter word nie. Ons kyk na n bodemlose put in hierdie geval

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.