Eskom verhaal byna R40 miljoen in Soweto

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het Dinsdag gesê hy het nagenoeg R40 miljoen verhaal nadat hy huishoudings en besighede in Soweto na voorafbetaal-elektrisiteitmeters oorgeskakel het.

Eskom het 41 628 dubbelmeters (split meters) in Soweto geïnstalleer waarvan hy 24 746 na voorafbetaal-meters omgeskakel het. Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê die maatskappy het in die afgelope jaar “reeds ʼn verbetering van R39 miljoen in die invordering van fooie in Soweto getoon” ná die installering van die voorafbetaal-meters.

Dié syfer is vir die finansiële jaar 2014-’15 tot 30 Junie, het die verklaring gelui.

Eskom het 181 000 kliënte in Soweto, van wie 65% op die ou meterstelsel was en die oorblywende persentasie op die konvensionele voorafbetaal-meters en nie die nuwe dubbelmeters nie. Volgens Eskom het die omskakeling van die meters ook tot ʼn geleidelike verhoging in verkope gelei.

Soweto skuld Eskom sowat R4 miljard in agterstallige betalings, terwyl die kragvoorsiener ongeveer R2 miljard per jaar weens onwettige elektrisiteitsaansluitings verloor.

Eskom installeer tans voorafbetaal-meters in Sandton, Midrand, Soweto, Kagiso en ander gebiede in Gauteng in ʼn poging om inkomste in te vorder en sodoende Eskom se swaar skuldlas te verlig. Volgens Eskom hou dié meters talle voordele in soos besparing op meterlesings, minder foute met rekeninge omdat die publiek nou hul eie rekeninge hanteer, asook beter beheer oor kragverbruik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gerd Lourens ·

Haai, regtig!?

Hierdie is minder as 1% van die krag wat in Soweto gesteel word.

CHRISTA ·

Ja, Gert! Is dit nie ‘n grap nie!! En Eskom gaan aan asof hulle die Lotto gewen het!!!!

Jakkalas ·

En sodoende die sinnelose(middelman) munisipaliteite uit te skakel. Hulle kry al die geld en doen niks daarvoor nie. Dit is beter om regstreeks met Eskom te handel en al die onnodige uitgawes uit te skakel.

Jef ·

Dubbelmeters lyk my baie doeltreffend om die agterstallige R4miljard in te vorder.
Nou moet daar hard gewerk word om die onwettige aansluitings wat R2miljard kos stop te sit.

Ian ·

En ek moet tussen R2500 en R6000 betaal voordat Roodepoort munisipaliteit n vooraf betaalde meter by my huis installeer? Wie bevark nou vir wie hier?

Jean ·

Vertel my asb eers HOE loop hierdie mense sulke miljarde rande se elektrisiteitskuld op? As ek een maand nie betaal nie word my krag afgesny, hoe kry hulle dit reg om vir maande en jare elektrisiteit te gebruik sonder om te betaal? Ek sou ook verkies dat die regering VERNIET vir my ‘n toestel kom installeer want hoekom moet ek dit self doen? Die voordeel is dan kan hulle jou nie verder bevark soos wat hulle nou doen en ons water en ligte skielik met duisende rande gestyg het terwyl ons kinders uit die huis uit is nie. Gebruik twee mense nou meer water en elektrisiteit as ‘n student wat vir 4 jaar in die huis was en nog ‘n meisie ook vir maande gehad het wat daar geeet en naweke kom kuier het? Erens is daar mos ‘n slang in die gras?

lettie ·

voorafbetaalde koopkrag boks is al langer as 16jr terug geinstalleer in my huiswat ek laat bou het. Eskom moes dit al lankal geinstalleer het nie nou eers nie! Dan het hul nie sulke groot verliese gely nie, Eksdom Eskom!

Theresa ·

Voorstaander van vooraf betaal krag en water. Mens MOET vir hierdie geriewe betaal, anders bly jy daar sonder. Mense wat dit steel (onwettig bekom) moet baie swaar gestraf word. Ou mense het jare gelede niks afgebrand of geplunder net omdat hul by kerslig moes leer en lees nie.

rr ·

Vervang al die ou meters reg oor die land dan kan almal betaal wat hul werklik gebruik. Ontrent almal steel krag.

Rapes ·

rr jou stelling wat jy maak beskou ek as ‘n belediging. Indien jy ‘n skelm is moenie almal onder dieselfde kam wil skeer nie. Waarvan die hart vol is loop die mond van oor.

Georgie ·

Mmmm ja…sien is glo. Glo Eskom net so min as wat ek hul president glo

GP ·

Net 40 mil???? But look on the bright side. Eksom moet nou hulle alies in rat kry. Veral in die groot stede. Die tyd dat die ANC n dekmantel oorgegooi het is nou verby. Geen meer freebies vir die swart gebiede terwyl ons blankes moet betaal deur ons nekke.

snoefie ·

geen meer freebies nie gp? dream on. ek koop krag direk uit my spaarrek. daar is n “claim free basic electricity token” opsie. vir twee jaar klik ek elke maand daarop en vir twee jaar is die reaksie daarop “under construction.” so wie kry die free basic electricity tokens? RR ek steelnie krag nie. ek weet dis n luukse wat met harde kontant betaal word. ek hoop die meters wat hulle insit beteken ons gaan almal DIESELFDE TARIEF PER KW BETAAL OF ONS TWINTIGDUISEND KW IN KAMPSBAAI OF NET TWINTIG KW IN KHAYALITSHA KOOP. n kW gaan net sover in khayalitcha as in kampsbaa.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.