Eskom-verhogings onbillik en ondoeltreffend – AfriForum

Argieffoto: GCIS

Eskom se beoogde verhoging van vaste tariewe is onbillik en sal negatiewe gevolge vir verbruikers inhou. Só meen die burgerregte-organisasie AfriForum.

Luidens ʼn berig in MyBroadband het Eskom ʼn verhoging in vaste tariewe voorgestel ten einde meer geld in te vorder om sy ander finansiële verpligtinge na te kom.

Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslike regeringsake, sê in ʼn verklaring Eskom moet eerder wanbestuur hokslaan as om van verbruikers te verwag om nóg geld op te dok om sy probleme op te los. “Daar is ook geen dringendheid om meer doeltreffend te werk nie. Indien Eskom aanhou om tariewe op te stoot, gaan mense groener en goedkoper alternatiewe soek,” sê Mostert.

Luidens die verklaring beplan Eskom om wisselende verbruikskoste te verlaag, maar dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir Gemeenskapsake by AfriForum, sê daar is nog nie duidelikheid rondom hierdie besluit nie. “Hoewel hulle dit as ’n paaimiddel aanbied, is daar geen waarborg dat hulle die verbruikskoste ook gaan verlaag nie; inteendeel, hulle sal verdere druk toepas vir hoër verbruikspryse,” lui die verklaring.

Brink is van mening dat hierdie stap diegene wat toenemend van sonkrag afhanklik is en Eskom-krag slegs in noodgevalle gebruik, noop om Eskom finaal vaarwel te roep. “Dit beteken hulle gaan nie meer die vaste komponent hoef te betaal nie. Dan gaan Eskom seker probeer om selfs mense met slegs sonpanele en -krag met ’n heffing te belas, al gebruik hulle geen Eskom-krag nie,” sê Brink.

Volgens Mostert is daar nog geen amptelike aansoek gebring om die tariewe te verhoog nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Arno Scheepers ·

ESKOM moet net soweto se agterstallige skuld vorder dan is geen verhogings nodig nie

Sven ·

Deel van die probleem in Soweto is dat krag lank terug reeds onbekostig duur geword het. Nou begin mense in gegoede buurte dit ook besef.

Jacques ·

Arno – Ek stem 100% saam met jou . Net in Soweto le klaar in hele paar rand .

Elna ·

Nee wat so kan dit nie aangaan nie. Die verbruiker is tot op die been leeg gemelk wat wil hulle nog he!? Iewers moet die bom bars dinge kan nie so aangaan in hierdie land nie.

sekelbos ·

Eskom wil die prys struktuur wat vir landbougebruikers geld uitbrei na stedelike gebruikers. Ons boere moet vaste bedrag, enige iets van R2500 tot R 5000 /maand (bedrag word bepaal deur die grootte van jou punt) neersit voor jy n lig aanskakel.Daarna betaal jy vir jou kW-h verbruik soos stedelinge.Sou jy geen krag verbruik is die vaste bedrag steeds betaalbaar. Wat ook sal gebeur beplan om baie meer vir Eskom te betaal of gaan in totaliteit oor na sonkrag!! Die goedkoper meduim /langtermyn oplossing.

Chris Ws ·

Escom moet sy slegtigheid los en oorbodige werkers afdank.Dan moet hulle ook alhul skuld by munisipaliteite invorder .Hierna gaan Escom rol in die geld.En sou ek oorgaan op sonpanele gaan hulle my NIE belas kry nie.Gewaarborg!

Matt ·

Wat hulle dalk sal doen is om jou te belas en dan maak soos die munisipaliteit om jou grond te verkoop om agterstallige gelde in te vorder.

Amanda ·

Wie betaal vastekoste? Net die landbousektor. Nou wil hulle vastekoste nog verder verhoog! Dit is al klaar 52%van maandelikse rekening. Ag nee wat. Hoe gouer ons besef dat hulle geen poging gaan aanwend om Eskom reg te ruk nie en vir onsself begin sorg hie beter

aj ·

Eksdom gaan crash!

Hoe duurder krag word … en hoe swakker hulle diens word … hoe meer gaan betalende kliënte OPHOU BETAAL!

Totdat …. KABOEM!????

Tanya ·

Nou wil hulle ons boete gee op wat God vir ons verniet gee. Regtig julle is van julle kope af

KrokodilBotha ·

Heffing op sonpanele !!! Ons sal sien, kom hef my panele se agterent / Krag kos my R70 n maand as dit winter is. Gas in kombuis. Al het jy nie die geld vir n groot instelassie nie. Kry n son geyser, saam met goeie 5w led ligte. Ons bly in n sonnige land. Eskom sal dit nooit maak nie, nie nou of volgende 50 jaar nie. Hulle gaan net meer en meer geld kort.

Essie ·

Hoekom moet die persoon wat uit sy eie sak vir sonkrag opgedok het nog enige gelde aan eskom te betaal die son is deur die Grote God aan elkeen op die aarde gegee hoe jy dit benut is jou saak

Johanna Botha ·

Het soweto al begin betaal want ek raak moeg om vir hulle te betaal !

Frederik ·

Ons afgetreders sal dit nie maak nie, so ons kan nie meer krag koop nie.
Dan sal ons nie meer kos kan gaarmaak nie.
Kry die geld by mense wat nie betaal, dan sal dit beter wees en verlaag die lone wat die mense ontvang.

John ·

Betaal Eskom-werkers vir krag? Selfs die middelklas sweet deesdae om by te hou. Sekerlik is daar ook ander onkostes in die lewe as om Eskom te onderhou. Die nuwe plan dui daarop dat niks verbeter nie. Ramos is net nog groot geld by die betaalrekening en binnekort word drie eenhede van topbesture plus perks voorsien. Dan onderhou ons ook nog Zimbabwe en omstreke. Blykbaar glo Cyril ook daar is ‘n groot pot goud aan die voet van die reènboog want hy laat maar gelate skep en skep terwyl hy uitlanders se trane afdroog.

o ·

Eskom moedig almal aan om minder krag te gebruik. Ons doen dit deur ten duurste solar stelsels te installeer. Dit word nou as strafmaatreel gebruik. Hulle het geen plan of wil om die probleem op te los nie. Staan net bakhand.

Landie ·

‘n Sirkus wat ons nog harde bene gaan laat kou. Betaal betaal en aanhou betaal terwyl al wat ‘n staat instansie eintlik bankrot is. Dis ‘n skrynende skande dat SA se belastingbetalers se geld in die bodemlose putte geploeg word!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.