Eskom-verhore oor tariefverhoging dan gehou

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Openbare verhore oor Eskom se aansoek om voorgestelde tariefverhogings sal aanstaande week begin, het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gesê.

“Nersa wil ʼn beroep op rolspelers en die publiek doen om aktief deel te neem aan die proses deur geskrewe kommentaar in te dien en die verhore op 23 en 24 Junie by te woon,” het die organisasie gesê.

Die verhore sal by die Nasrec Expo Centre in Johannesburg gehou word. Eskom het vir ‘n tariefverhoging van 25,3% aansoek gedoen en aangedui dat hy ‘n bykomende R32 miljard benodig om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf en vir dieseltoevoer.

Nersa het op 1 April ʼn 12,6%-verhoging toegestaan. Die besluit oor ‘n nuwe tariefverhoging sal aan die einde van die maand gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Die grondwet (wat dit werd is) vereis publieke deelname alhoewel daar vooraf besluit is wat gedoen gaan word ONGEAG . . .
Dis in SA heel demokraties om die minderheid te laat deelneem aan hulle eie ondergang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.