Eskom verklaar krag-noodtoestand

kersEskom het Woensdagmiddag ‘n krag-noodtoestand aangekondig weens ernstige beperkings op die nasionale kragnetwerk.

Eskom sê in ‘n verklaring dat indien die vraag na elektrisiteit nie verminder word nie, beurtkrag toegepas sal word. “Die beperkings sal na verwagting Donderdag voortduur, veral tussen 17:30 en 18:30.”

Eskom sê daar is genoeg kapasiteit om gedurende die dag in die vraag te voorsien maar dat daar gedurende piektye in die aand ‘n verhoogde vraag is. “Die toename is hoofsaaklik weens verwarmers, geisers en mense wat kosmaak.”

Eskom het gebruikers aangeraai om nie elektriese verwarmers te gebruik nie en te verseker dat geisers, swembadpompe en nie-noodsaaklike ligte afgeskakel word tydens piektye.

Eskom-kliënte kan beurtkrag-skedules op die elektrisiteitvoorsiener se webtuiste verkry terwyl munisipale kliënte die onderskeie munisipaliteite se webtuistes moet besoek vir aankondigings oor beurtkrag in hulle areas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Ek kan wraggies nie glo eksDOM is nog in beweer van hierdie land se krag nie!! Hulle is USELESS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.