Eskom verklaar weer krag-noodtoestand

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Donderdag vir die tweede keer ʼn noodtoestand aangekondig.

“Eskom het omstreeks 16:00 die noodtoestand verklaar,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Daar is ʼn beduidende hoër navraag na elektrisiteit wat met die koue weersomstandighede in Gauteng verband hou.”

Hy sê daar bestaan ook ʼn moontlikheid vir beurtkrag.

Eskom het vroeër aangedui hy sal Donderdagaand tydens spitstyd ʼn aanvraag van 34 265 MW kan hanteer, maar die geraamde aanvraag gaan na verwagting 35 080 MW wees. Daar is tans beplande instandhouding op 3 660 MW.

Eskom versoek gebruikers om elektriese toestelle, wat nie benodig word nie, tussen 17:00 en 21:00 af te skakel. Hy het ook handelsverbruikers, soos winkelsentrums en kantoorblokke, versoek om ligte, wat nie noodsaaklik is nie, af te skakel.

Die maatskappy sal glo skedules op sy webwerf publiseer indien beurtkrag toegepas word.

Eskom het Woensdag ook ʼn noodtoestand aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae