Eskom ‘verlig’ ná hof beveel Nersa moet tariefaansoek verwerk

(Argieffoto: ANA)

Die Pretoriase hooggeregshof het Nersa beveel om voort te gaan met die verwerking van Eskom se tariefaansoek vir die 2023-boekjaar wat op 1 April aanstaande jaar begin.

Die besluit volg op Eskom se dringende aansoek om Nersa se besluit om Eskom se aansoek te verwerp, te laat omkeer.

Maroela Media het vroeër berig Nersa het Eskom se vyfde veeljarige prysvasstelling (MYPD5) vir die boekjare 2022-’23, 2023-’24 en 2024-’25 verwerp omdat dit volgens die reguleerder gegrond was op die MYPD4-metodologie, waarvan die beheertydperk op 31 Maart volgende jaar verstryk.

Eskom het hom daarna tot die hof gewend. Die hof het nou bevind daar is nog geen nuwe metodologie om die oue te vervang nie en het beslis die metodologie om die tariefaansoek te bepaal bly geldig tot dit deur ʼn alternatief vervang word.

“Die hooggeregshof se besluit is ʼn verligting omdat dit sal bydra tot die bestendigheid van die elektrisiteitsbedryf en gevolglik die ekonomie van die land,” sê Hasha Tlhotlhalemaje, Eskom se algemene bestuurder vir regulering.

Ingevolge die hofbevel moet Nersa teen 25 Februarie ʼn besluit neem. Die hersiene tariewe en pryse tree dan op 1 April volgende jaar vir nie-munisipale klante en op 1 Julie vir munisipale klante in werking.

Nersa, as reguleerder, moet vasstel watter tariewe Eskom mag vra. Dit word ingevolge ʼn veeljarige prysvasstelling gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lourens CFG ·

Ons kan nie nog verhogings bekostig nie, eksdom moet die klomp wat nie betaal nie afsny óf kry om te betaal.
Ons betaal reuse bedrae geld vir ‘n onvoldoende diens. My inkomste is ongelukkig té klein om die skuld aan te gaan om alternatiewe sisteem in te sit.

Papsak ·

Ja ek stem ons moet ten duurste betaal vir krag nou nog verhoog op krag is hulle vertraag nou sit krag op vir die wat nie krag betaal nie laat hulle n bietjie betaal

Nie Verbaas ·

Eskom het volgens n studie wat in 2016 al gedoen is deur World Banks 66% te veel werknemers en dat werknemers se salarisse dubbel die norm is. Nou moet die res van ons die onbevoegde oorbetaaldes onderhou want daar is duidelik politieke inmenging. In vergelyking het Eskom teen 0.72 MVA per persoon gefunksioneer teenoor n standaard in die industrie van 30.98 MVA per persoon. Nou wil hulle verhoging hê?

tweeling ·

Gee hulle 5% maar definitief nie die 20% wat hulle gevra het nie

Pieter ·

En so betaal die regverdige weereens vir die res… gaan aan, ons is droog, julle gaan julle vet ga..e nog mooi sien as die wiel draai…

Johanncb ·

Ek kan nie verstaan hoekom ons jaarliks verhoogde tariewe moet betaal, terwyl ons géén vordering met ‘n verbeterde stelsel sien nie! Die gevolgtrekking is dat diefstal en bedrog stééds hoogty vier!

Lourens CFG ·

En ons word gestraf met die heffings. Is mos ons skuld volgens hulle (staat).

tweeling ·

By ‘n sekere kragstasie is R100 miljoen per maand vir etlike jare betaal vir niks en daardie geld is nou weg, ongelukkig moet dit nou ingehaal word.

Jurgens ·

Daar is vordering. Ongelukkig net in die verkeerde rigting, net soos alles in Suid Afrika. Die buiteland lag vir die klomp sotte.

Winnie ·

Ons is vuisvoos en spene is droog gesuig. Sny julle base se salarisse en sny die wanbetalers se krag af ons kan nie so aangaan nie

Catherina ·

Ons kan nie meer nie….is pensioenaresse…..ons KAN NET NIE MEER OORLEEF nie. Hoekom moet ons betaal en ander nie???????

piet ·

Dis reeds onbekostigbaar duur vir die gemiddelde verbruiker. En dit gaan net op elke jaar. Die tyd wanneer elektriese motors oorneem, gaan krag duurder wees as fossiel brandstowwe, dis ‘n gemors.

Nico ·

Dit is net verhogings, brandstof prys en nou weer ESKOM waar gaan dit eindig, dit is ESKOM se eie swak instandhouding en diefstal van inkomste, nou moet een groep verbruiker die wa deur die drif trek terwyl Soweto se skuld afgeskryf is, ESKOM word wakker en besef niks is meer gratis nie, as die blanke verbruiker betaal moet die swart verbruiker ook betaal, daar is ook teveel onwettige verbindings onder hulle.

Marietjie ·

Regtig!!!!! Ons is amper al die hele week sonder krag en water. Rustenburg is besig om heeltemal plat te val en dan moet beurtkrag nog ook daar wees om ons verder die hel in te maak.

Karina ·

Dit is die rede waarom mense sonpanele op hul dakke installeer, “invertors” ens ens om weg te kom van Eishkom af. As ek kon, sou ek ook graag so iets wil aanpak.

Vonkprop ·

Ek is bly Eskom is verlig, want ek is verdonker sonder krag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.