Eskom verloor miljarde weens afsondering

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.

Eskom verwag om tussen R2 miljard en R2,5 miljard in inkomste te verloor weens verminderde elektrisiteitsverbruik tydens die tydperk van algehele afsondering.

Só het André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, in ʼn onderhoud met die energiekenner Chris Yelland gesê. Die onderhoud is oorspronklik op EE Business Intelligence geplaas.

Suid-Afrika is al sedert 26 Maart in algehele afsondering om die verspreiding van Covid-19 te verhoed. Gevolglik is baie myne, fabrieke en ondernemings gesluit en gebruik dus baie minder elektrisiteit. Volgens De Ruyter het die vraag na elektrisiteit in dié tyd met 7 500 MW na 9 000 MW afgeneem.

De Ruyter wys wel daarop dat Eskom in dié tyd ook minder uitgawes het, aangesien die kragvoorsiener minder steenkool en diesel moet verbrand.

“In dié stadium weet ons nog nie presies wanneer die afsondering heeltemal opgehef gaan word, of die ekonomie dadelik weer op dreef gaan kom en of daar ʼn verlengde afname in die gebruik van elektrisiteit gaan wees nie,” sê De Ruyter. “Ons moet ons voorberei op enigiets wat die globale ekonomie dalk na ons kant toe gooi.”

Hy sê Eskom sal beslis ook mooi moet kyk na waarop hy geld uitgee, insluitend sommige kontrakte met steenkoolverskaffers. “Ons moet veral die R104 miljard ondersoek wat ons jaarliks bestee aan aankope. Ons het nog nie al die opsies oorweeg om die koste van aankope te verlaag nie.”

Volgens De Ruyter is verdere afleggings as kostebesparingsmaatreël nie nou moontlik nie, aangesien die regering Eskom beperk het wat betref die moontlike aantal afleggings. Hy is egter vol vertroue dat Eskom nie in die nabye toekoms verdere reddingsboeie vanaf die regering nodig sal kry nie.

“Ek het reeds met die uitvoerende span vergader en hulle aangesê om koste te beperk, aankope te bestuur en die syfers af te bring, aangesien ons nie die luukse het van oorvloedige ondersteuning van die fiskus nie, ongeag wat ná Covid-19 gebeur,” het De Ruyter aan Yelland gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Rodger17 ·

Hoe verloor eskom geld?Hulle kan nie krag voorsien maar hul gaan verloor!Eskom het gekla oor hoë elektrisiteitsverbruik,nou het die verbruik afgegaan nou kak hulle weer daaroor!Gebruik dié tyd nou om jul kreupel netwerk reg te kry De ruyter!Jy kan nie geld verloor as jy nie krag het om te verkoop nie.Verklaar eskom bankrot voor hulle nog verder in die moeras van skuld verval en dan betaal hul nog sommer weer bonusse uit aan topbestuur!Alle eskom werkers is hopeloos oorbetaal en daar te veel personeel.

Deon ·

Gee die man n kans, hy se mos sy uitgawes is ook laer en hy se mos ook dat hulle nie gaan bedel in die nabye toekoms nie…. Ek voel hy gaan die wa deur die drif trek…

Johanncb ·

Omdat groot nywerhede nie nou mag werk nie, is daar geen krag wat gebruik/voorsien word nie. Niemand van ons betaal vir niks nie! Dit is gratis! “No electricity, no pay”!

Elsa ·

Jy gaan die ook nie kry. Verkoop Eskom maar ook aan China en kyk wat gebeur….

Die Wolf ·

Ek kan nie verstaan dat die regering afleggings beperk, as jy voor jou heilige siel weet jy kan nie meer finansies inpomp nie. Net maar n ander manier om nog stemme te kry met die volgende verkiesing. Hou ook die vakbonde gelukkig. Kan ook nie nog n horde op die WFV aflaai nie.

Burgermeester ·

Raai wie gaan NERSA toe hardloop om te vra vir nog ‘n verhoging?

marius ·

Die belastingbetaler het genoeg gely onder die korrupste entiteit . Kry maar vir julle ….

Anel ·

Almal verloor geld maar Eskom soek verhooging en ons word gedreig met beurtkrad! Laat die spul nou instandhouding doen. Daar is genoeg om die werk te doen. As hulle nie wil nie, dank af en kry mense wat wil en kan.

Cleopatra69 ·

Gebruik eerder die tyd om ordentlike instandhouding te begin doen

Johanncb ·

Hopelik gebruik Eskom hierdie algehele inperking om alle noodsaaklike instandhoudingswerk te doen. Dit is immers ‘n noodsaaklike diens. Suid-Afrikaners kan nie na dese aan beurtkrag blootgestel word nie!
Eskom, moenie wéér hierdie pistool teen ons koppe hou nie asseblief!

Hennie ·

Eskom se enigste probleem was uiters swak bestuur en te veel werkers wat te veel betaal was. Die bestuur het verander en almal hoop dat sake sal verander, maar ons sit nog steeds met die werker kopseer . Die feit dat die sg regering en die vakbonde nou wil hê die hele bevolking moet nou staan en kyk hoe dié slim mense poog om uit te vind hoe lank hulle ‘n dooie perd kan voer! Die kragvoorsiener moet ‘n selfvoorsienende entiteit wees wat ELEKTRISITEIT, KRAG, voorsien en as hy nie kan slaag daarin nie, wie gee die reg en toestemming om die doel van die MPY te verander van kragvoorsiener na welsyn organisasie. Dis nie reg nie en onaanvaarbaar. Pasop, julle is besig om aan ‘n lewendige perd se wat ook al te krap en julle, die vakbonde, die regering en die Eskom werkers gaan dié perd bitter moeilik beteuel as hy sy geduld met julle verloor!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.