Eskom verskerp instandhouding

Argieffoto: GCIS

Eskom gaan Vrydag eenheid twee van die Koeberg-kragsentrale vir ʼn maand afskakel.

Volgens die kragvoorsiener is ander opwekkingseenhede ook reeds afgeskakel, maar kan al die eenhede vinnig weer in werking gestel word, indien nodig.

Die Koeberg-eenheid word Vrydag om middernag afgeskakel en sal weer op 30 April aangeskakel word.

Sedert die tydperk van afsondering begin het, het die vraag na elektrisiteit met tussen 7 500 MW en 9 000 MW per dag afgeneem.

Volgens Eskom maak hy van die geleentheid gebruik om belangrike korttermyn-instandhouding van sy opwekkingsinfrastruktuur te doen.

Beplande instandhouding is tot 9 032 MW verhoog terwyl onbeplande onderbrekings op 8 572 MW staan.

Op 25 Maart, kort voor die tydperk van afsondering begin het, was daar 4 256 MW beplande onderbrekings en 12 175 MW onbeplande onderbrekings.

Volgens Eskom het hy intussen ook kennisgewings aan onafhanklike windplaas-kragprodusente gestuur om hulle in kennis te stel dat hy met tussenposes minder krag van hulle gaan aankoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genis ·

Dis vir my verbysterend hoe hulle eweskielik kan plan maak… hoop hulle kan dit handhaaf..

Scalla ·

Weereens n bewys dat die afgelope 25 jaar na oorname daar minimum instandhouding gedoen is en fondse geplunder is en aan onbevoegde comrade aanstellings hemelhoë salarisse en bonusse betaal is, dit kan mos nie so moeilik wees om dit te sien nie.

Jacobus ·

Laaste paragraaf – verbysterend. Kan hulle nie eers ‘n uitkoms sien as dit voor hulle dans nie. Dit spel net een ding – stel nie belang om interim oplossings te gebruik nie. Hulle belaglikheid gaan Covis19 na ‘n kalfie laat lyk. Asof daar nie genoeg is om oor depressief te raak nie.
Dié entiteite lewe werklik in silos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.