Eskom vervang uitvoerende hoof

Argieffoto: GCIS

Eskom het sy waarnemende uitvoerende hoof vervang.

Die kragvoorsiener het Vrydagoggend aangekondig Sean Maritz, Eskom se hoof van inligting, is die nuwe waarnemende uitvoerende hoof. Hy vervang Johnny Dladla wat sedert Junie waargeneem het.

“Die Eskom-raad het besluit om huidige uitvoerende bestuurders te roteer in dié rol sodat hulle blootstelling kan kry,” het Eskom in ’n verklaring gesê.

Dladla keer terug na sy rol as uitvoerende hoof van Eskom Rotek Industries. “Ons wil vir mnr. Dladla dankie sê vir goeie werk en mnr. Maritz alle sterkte toewens vir sy nuwe rol.”

Volgens Eskom is dit noodsaaklik dat die pos van uitvoerende hoof permanent gevul word in ’n poging om organisatoriese stabiliteit te verseker. “Die werwingsproses sal mettertyd begin.”

Dladla is as waarnemende hoof aangestel nadat Brian Molefe se heraanstelling in sy pos as uitvoerende hoof aan die begin van Junie in opdrag van die ANC amptelik teruggetrek is.

Molefe is in November verlede jaar te midde van omstredenheid by die kragvoorsiener weg nadat hy in die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se staatskapingverslag onder verdenking geplaas is. Hy is daarna as ʼn ANC-LP aangestel, maar is in Mei onverwags weer in sy vorige pos by Eskom aangestel.

Molefe se verduideliking hiervoor was dat hy foutiewelik op vroeë aftrede geplaas is wat hom geregtig maak op ʼn pensioenbetaling van R30 miljoen. Dié betaling is egter deur minister Lynne Brown geweier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

LV ·

Hulle het op die Titanic ook so die meubels rondgeskuif,maar dit het nie verhoed dat dit sink nie,dieselfde is van toepassing op Eskom.

Rassie ·

Sean Maritz….klink soos n “wit” mens. Maybe maak hy dinge reg. Hoop dat hul hom nie dan sal roteer nie

snoefie ·

mnr maritz, kyk wyd, you’ ve been set up for a fall. jy gaan op n berg kastaaiings afkom. maar terwyl jy in die voorste stoel sit, probeer die raad oortuig hoe voordelig dit kan wees om krag direk aan die publiek te verkoop. een kw, een prys of jy nou R10 se krag koop in Diepsloot of R10 000 se krag koop in Hennopsvlei

Deloris ·

Man julle sin vir humor is skerp LV en Snoefie…Love it… well said ???

Johann ·

WAT? Op watter planeet word “ring a ring a rousies” gespeel as deel van Corporate Governace? NOG NOOIT gehoor van n “rotering ” van uitvoerende senior beamtes nie?????? ABSURDE KLUG in ZUPTOPIA….so word al.die Zumaukies rongeskuif om seker t maak almal kry n kans on te vat en vergryp en verwoes….ANC LEGACY!!!! chaos en anargie.

tom ·

As jy kyk na kpmg se bestuur hoekom hulle gesink het as jy kyk na eskom hoekom hulle gesink het dan is daar lig in die tonnel met Mnr Maritz

Chris ·

Die bestaan en doen en late van ESCOM is om die minste te sê, skokkend.

John ·

Eskom is een van die grootste redes vir die stygende armoede in die land. Sedert die sirkus afgeskop het, moes inwoners en besighede miljoene spandeer om vir noodtoestande en beurtkrag voorsiening te maak. Krag, gas en paraffien se prys het opgeskiet saam met Eskom se salarisse en bonusse. Kos het duur geword, maar intussen speel Oosterlinge op ons steenkoolmyne dambord en koer vir omkoopbares vir verdere atoomkragfiasko’s met uraanballe as die nuwe goue eiers. Skielik het ons weer te veel krag, maar die prys bly hoog en kragstasies word eerder gesluit. Eskom is ‘n ander naam vir ‘n kroniese en erge ekonomiese kanker wat diep uitgesny moet word, maar het die ANC ‘n bekwame sjirurg? Ongelukkig nie.

paul ·

As jou boekhouer reeds n tweede kar het en n boot op die vaal, fire jy hom nie.

Anna ·

Help Thabazimbi!!!
Ons het prepaid Krag , so betaal Krag. Ons betaal ook Vir Munisipale dienste.
Maar ons kry Beurtkrag van Eskom.
Ons toe stele breek,ens, ens.
Vandag was Ons Krag al 3 keer af, glo Eskom F outjie op lyn.
Wens Ons kon soos in America Krag ondernemings Verander.
Die onregverdige behandeling is onstellend.
Hoop die Nuwe ou van Eskom lees die?????
Dowe drome!!!

Kewpie ·

Eskom cutting electricity to prepaid customers in Thabazimbi.
It is a disgrace as n paying custumer. They will not hear reason in not cutting pre paid customers electricity from our TLM.
May God have mercy on their souls one day!
People losing businesses income, people loosing jobs ;less taxes will be paid.
So nothing and no one ever would make a difference.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.