Eskom verwag minder beurtkrag hierdie winter

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Die staat van inperking weens die koronavirus het die elektrisiteitsvoorsiener Eskom die geleentheid gebied om heelwat van die agterstand betreffende die instandhouding van infrastruktuur in te haal.

In ʼn voorlegging Woensdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings het die Eskom-bestuur gesê die landwye afsondering het veral op vlak 5 die vraag na elektrisiteit met tussen 6 000 en 11 000 megawatt laat daal.

As deel van Eskom se sentrale doelwit om sy posisie te stabiliseer, optimaliseer en te laat groei, is genoegsame herstelwerk gedoen. Die Eskom-bestuur voorspel dus ʼn kans van ongeveer 80% vir vlak 1-beurtkrag slegs op drie dae tot die einde van Julie – nare verrassings uitgesluit.

Voor die koronavirus is daardie skatting op 31 dae gestel.

ʼn Verdere voordeel wat die verlaagde elektrisiteitsvraag tydens die afsondering inhou, is dat heelwat minder geld bestee word aan diesel om kragturbines aan die gang te hou.

Dat dit inderdaad vrug gedra het om tydens vlak 5 van die landwye afsondering die instandhoudingswerk te doen, word weerspieël daarin dat die vraag na elektrisiteit sedert die oorskakeling na vlak 4 (en tans vlak 3) weer skerp begin toeneem het.

Daar is steeds ook ander probleme met Eskom se kragsentrales.

So is die Camden-kragsentrale in Mpumalanga tydelik gesluit weens strukturele swakhede in die asdam. Alle asdamme by kragsentrales word dus tans vir strukturele foute gefynkam.

ʼn Ander probleem is toenemende besoedeling by die Kendal-kragstasie, ook in Mpumalanga.

ʼn Klaarblyklik ontluikende Eskom-suksesverhaal is die instel van betroubaarheidsbestuur by 11 kragstasies, te wete Arnot, Duvha, Kendal1, Kriel, Kusile, Lethabo, Majuba, Matimba, Matla, Medupi en Tutuka.

Dat daar min beurtkrag verwag word, beteken nie dat daar geen beplande kragonderbrekings sal wees nie. Van Maart tot Augustus beplan Eskom 25 geskeduleerde kragonderbrekings ten einde verdere herstelwerk te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Willem ·

Ag besluit tog nou , laas week was daar n krisis nou is dit weer red

Michael 1 ·

Beurtkrag begin n norm te word in sa,in lande waar regte leiers soos President Trump regeer is daar nie eers n woord vir beurtkrag nie want dit bestaan nie.

Jaco ·

Daar behoort geen beurtkrag te wees nie, want SA se ekonomie het ineengestort en verbruik sal dus halfeer te danke aan cancer.

Jaco ·

Waarom aanhoudend duur ingevoerde diesel gebruik as SA wel steenkool het? Dit maak nie sin nie.
Dis net nog ‘n bewys dat eskom se wit baas net ‘n window dresser is. Hy sit net daar in sy hoë pos om die indruk te skep dat suiwer meriete en nie net ras nie, wel tel in werksaanstellings in SA. In werklikheid doen hy egter niks. As hy soveel sou doen as om vir sy tea girl te sê teetyd skuif nou vanaf 10uur na 10.30 elke oggend, sal sy hom van rassisme aankla én nog die saak wen ook.

Wondermaarnet ·

Die nuwe besem vee nie eers skoon nie. Sit in ‘n posisie en verdien hopeloos te veel geld en bla-bla-bla soos die anc kaders.

Annelize ·

Regtig? Dis wanneer Eskom se beurtkrag word nie verwag nie, of minder beurtkrag word verwag, dat jy jou maar kan begin voorberei vir ‘n donker Winter.

Hulle flous my lankal nie meer nie.

Wondermaarnet ·

Ek verwag GEEN beurtkrag, want ek betaal vir my krag vooruit. Hulle kry nie hul geld laat of stuk-stukvan my af nie dus soek ek nie onderbrekings nie. Pas eerder beurtkrag toe waar krag verniet uitgedeel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.